Page 1 of 1

Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 11, 2011 3:27 pm
by 0000DS
Khaudum Elephants.jpg
Khaudum Elephants.jpg (28.39 KiB) Viewed 4263 times
ELKE jaar voor die reënseisoen ondervind die Khaudum Nasionale Park waterprobleme en verlede naweek was die krisis op die spits gedryf toe daar nie petrol was om water vir die diere by watergate te pomp nie.

Die groot hoeveelheid olifanttroppe in die park wat in die noordooste van die land geleë is, dra verder tot die waterprobleem by, sê die waarnemende streekshoof oor noordoostelike parke, mnr. Phillip Steyn.

Water word met behulp van waterpompe gepomp wat deur sonpanele en kragopwekkers aangedryf word, maar die sonpanele kan nie bedags genoeg water pomp nie.

Die rooi en swart drade van die elektriese boks op die sonpaneel was omgeruil en dit het daartoe gelei dat water nie vir die diere by die watergate in die Khaudum Nasionale Park gepomp kon word nie.
Verlede naweek was daar egter geen water nie weens ’n gebrek aan petrol vir die kragopwekkers. Dit het besoekers onthuts gelaat, veral toe hulle op ’n olifantkalfie afgekom het wat moontlik vroeër verdrink het.

Sommige besoekers het self ingespring om petrol en kragopwekkers aan te ry.

Die voorval het gespreksforums op die internet, soos Facebook en die Land Cruiser Klub van Suider-Afrika laat gons.

“Ek was so kwaad toe ek in die Khaudum kom en sien hoe die diere daar behandel word as gevolg van mense wat nie hul werk kan doen nie. Daar is geen water vir hulle om te drink nie,” lui ’n inskrywing op die forum. “Ek het net daar omgedraai en ’n kragopwekker en petrol gaan haal en ons het begin pomp by een gat. Binne 15 minute was daar seker 140 olifante wat vir water gestorm het. Een olifantjie is in die proses dood.”

’n Ander besoeker vertel dat ‘n olifant wat so tussen tien en dertien jaar oud was, met die samedromming van ’n trop olifante, in die watergat gestamp is en moontlik verdrink het. ’n Dooie bastergemsbok is ook teëgekom wat moontlik van die dors gevrek het.

Die besoeker sê die naweek het al die bewaarders, behalwe een, die park verlaat om inkopies te gaan doen.

Voorts was van die elektriese drade op die sonpanele verkeerd gekoppel.

“Ons kon net by drie watergate water pomp. Hulle sonpanele werk nie, want die drade was verkeerd gekoppel. Terwyl jy by die gat staan kom die olifante uit alle rigtings,” lui ‘n inskrywing op die forum.

Die gebrek aan petrol is weens ’n gewag van sowat drie maande op petrolkaarte, maar die probleem is nou opgelos en die waterpompe pomp weer, volgens Steyn.

“Die Ministerie van die Omgewing en Toerisme het van petrolorders gebruik gemaak en dit het lank geneem voordat verskaffers betaal is.” Vulstasies was glo nie meer bereid om petrol en diesel weens agterstallige betalings aan die Ministerie te voorsien nie. Dit was Steyn se voorstel aan die Ministerie om aan elke stasie petrolkaarte uit te reik om brandstof makliker en vinniger te kry.

“Uiteindelik het ons nou ons petrolkaarte ontvang en ons kan selfs nou op Tsumkwe petrol koop en nie net meer op Rundu nie,” het ParkSteyn gesê.

“As ons nie vandeesweek die kaarte ontvang het nie, moes ek vragmotors stuur om in Windhoek te gaan volmaak.”

Voorts het Steyn bevestig dat Khaudum elke jaar probleme met water ondervind, ook weens die groot hoeveelheid olifante.

“Daar is soms ’n duisend olifante by ’n watergat en hulle hou die bastergemsbokke van die watergate weg. Ons is besig met ’n nuwe projek om spesiale krippe net vir antilope te bou om die bastergemsbokke van die olifante weg te hou,” het hy gesê. “Die balans in die natuur moet gehandhaaf word. Maak jy meer watergate, gaan jy meer olifante hê.”

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 11, 2011 3:43 pm
by Mud Dog
Sad, really sad, but yet typical of Africa. :(

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 11, 2011 4:22 pm
by mushroom
An extremely sad story to say the least. Humans put the fences up that restrict these animals from migrating in the drier months. This can be managed by orderly culling and the inmplementation of more waterholes, but is seems as though NWR aren't too interested in doing this...does anyone know offhand what are the park entry and camping fees are ? surely this money should be made available, along with a gov subsidy to ensure theres enough petrol etc..

Shame on you NWR :thumbdown: :thumbdown: :thumbdown:

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 11, 2011 4:33 pm
by george
very sad :thumbdown: But am i missing something
veral toe hulle op ’n olifantkalfie afgekom het wat moontlik vroeër verdrink het
they say the calf drowned :alvarin:

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 11, 2011 6:29 pm
by 0000DS
mushroom wrote:An extremely sad story to say the least. Humans put the fences up that restrict these animals from migrating in the drier months. This can be managed by orderly culling and the inmplementation of more waterholes, but is seems as though NWR aren't too interested in doing this...does anyone know offhand what are the park entry and camping fees are ? surely this money should be made available, along with a gov subsidy to ensure theres enough petrol etc..

Shame on you NWR :thumbdown: :thumbdown: :thumbdown:
Hi James,
Accoding to my knowledge and the Khaudum information that we got from the parksboard, in December 2010, Khaudom National Park is the only park in Namibia that doesn't have any fences / borders.
It's location is on the North East side of Namibia and these elephants have access to Angola / Zambia / Botswana and Namibia.
It is also the only park in namibia that they have not upgraded, as they wanted the "rustic" look.

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Wed Nov 23, 2011 11:00 pm
by Niel
Sal dit nou nie gaaf wees as die hilux forum n trip eplan en gaan help nie ?

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Wed Nov 23, 2011 11:06 pm
by OOOOMS
Niel wrote:Sal dit nou nie gaaf wees as die hilux forum n trip eplan en gaan help nie ?
Nou praat jy :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Dit is baie algemeen dat ellies in watergate / poele vas val, nogals sad om dit te sien veral as dit te laat is...... :!:

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Wed Nov 23, 2011 11:14 pm
by Niel
Mark kom ons maak n plan ek is seker daar is nog mense wat betrokke sal wil raak.

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 6:42 am
by OOOOMS
Niel wrote:Mark kom ons maak n plan ek is seker daar is nog mense wat betrokke sal wil raak.
Niel, ek is game :thumbup: Maar sal nou nie elke tweede maand soentoe kan ry nie....

Dalk kan Trevor bietjie uitvind, hy bly mos net ommi draai?

Wat het jy in gedagte Niel?

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 6:55 am
by Johan Kriel
It's Mr Seyn thats not doing his work. But if think he got the message in the mean time.

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:36 am
by Hi-Hilux
Praat met my Markie, wat moet ek vir jou uitvind.?

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:46 am
by GI Jane
OOOOMS wrote:
Niel wrote:Mark kom ons maak n plan ek is seker daar is nog mense wat betrokke sal wil raak.
Niel, ek is game :thumbup: Maar sal nou nie elke tweede maand soentoe kan ry nie....

Dalk kan Trevor bietjie uitvind, hy bly mos net ommi draai?

Wat het jy in gedagte Niel?
Would also be interested in to here if you guys put some type of plan together.

Thanks for the info Ooods, very sad story....

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 7:58 am
by Johan Kriel
So ver ek weet is als weer normaal. Natuurbewaring kan nou petrol koop in Tsumkwe, en hoof nie van Whk af te kry nie.
Die mense van Tsumkwe lodge het ingeryp en begin water pomp, en het dit aan die groot klok gehang.
Dit was in die plaaslike koerant en bespreek in sekere programme op die radio. So ek dink Mnr Steyn se vingers praat nog steeds.

Maar kontak dalk die Lodge vir verdere detail.

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 11:04 am
by Niel
Mark, ons vorm n werkspan amper soos wat hulle met Swange in Zim gedoen het i.e. maak pompe reg kry n sonpaneel of 2 en doen die instelasie .....maar as alles weer vlot verloop is daar seker nie rede vir hulp aanbied nie of is daar?

Die ander opsie is om n paar voertuie bymekaar te kry en maak n klein trippie soontoe.

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 11:27 am
by Hi-Hilux
Niel daai klink baie lekker, is seker ek (ons) sal 'n hele paar Namibiers ook kan kry om te help/saam te ry/sponser.
Lat ons die ding realiseer manne!

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 11:46 am
by Hi-Hilux
Het vir ons 'n thread hier begin viewtopic.php?f=14&t=22456" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 3:51 pm
by OOOOMS
Hi-Hilux wrote:Het vir ons 'n thread hier begin viewtopic.php?f=14&t=22456" onclick="window.open(this.href);return false;
Ek kry nie die thread nie Trevor :?:

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 10:33 pm
by Niel
Trevor, die missing thread is my skuld en het dit geskuif en per ongeluk delete (wou dit meer prominent maak) sal jy nie asb die thread weer begin nie - die keer sal ek nie weer krap nie :oops:

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 10:39 pm
by OOOOMS
Niel wrote:Trevor, die missing thread is my skuld en het dit geskuif en per ongeluk delete (wou dit meer prominent maak) sal jy nie asb die thread weer begin nie - die keer sal ek nie weer krap nie :oops:
Niel, Niel, Niel................ :roll: :roll: :roll:

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Thu Nov 24, 2011 10:52 pm
by Niel
moet dit nou nie invryf nie

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 25, 2011 7:46 am
by Hi-Hilux
Nie te worry nie Niel, jy kan sommer die nuwe een begin, jy weet waar jy hom wil he :thumbup:

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 25, 2011 8:07 am
by Niel
Trevor, sal so maak

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 25, 2011 8:25 am
by Niel
See this tread for a possible Hilux trip/overland event:

viewtopic.php?f=14&t=22465" onclick="window.open(this.href);return false;

Trevor, hy is nou joune

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Fri Nov 25, 2011 12:47 pm
by Niel
changed it to a global announcement

Re: Geen petrol, geen water in Khaudum Nasionale Park.

Posted: Tue Nov 29, 2011 10:12 am
by Hilux01
Ek sal belangstel om te help.
Sal ook op de Global Ann gaan loer