Jagluiperds is aan die uitsterf

Tell us about your interesting nature stories, animal sightings, questions and pictures on nature and your experiences.
Post Reply
User avatar
0000DS
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1527
Joined: Sat Aug 22, 2009 6:35 pm
Town: Roodekrans
Vehicle: Tuna, 4X4, Longrange Fuel tank, BF's AT, Intergrated bumber, Roofrack, Awning, Air suspension,winch
Real Name: Danelle

Jagluiperds is aan die uitsterf

Post by 0000DS »

2011-12-04 22:51
Nicolize van der Walt
Gister op ’n internasionale dag wat spesiaal aan die bewusmaking van die bewaring van jagluiperds gewy word, het 27 bewaringswetenskaplikes in Namibië gegradueer.

Hulle het hul opleiding voltooi by die Cheetah Conservation Fund (CCF) in Otjiwarongo.

Dit is hier waar dr. Laurie Marker baanbrekerswerk met die bewaring van jagluiperds doen.

Hy het Khayam, ’n jong jagluiperd, 35 jaar gelede van die VSA na dié sentrum gebring vir navorsingsdoeleindes.

Khayam is op 4 Desember gebore en daarom het Marker besluit om dié dag te gebruik om mense wêreldwyd bewus te maak van die lot van dié katte.

Naas renosters is jagluiperds tans die dier wat die vinnigste uitsterf in Afrika.

Sowat ’n eeu gelede was daar nagenoeg 100 000 jagluiperds in meer as 44 lande te sien. Vandag is daar sowat 10 000 van die diere in 23 Afrika-lande oor.

In Iran is na beraming net 70 jagluiperds. Dié syfers is die rede waarom jagluiperds nou ook op die rooilys van bedreigde diere is.

Die wetenskaplikes wat dié week gekwalifiseer het, hoop om veral boere bewus te maak daarvan dat jagluiperds aan die uitsterf is.

Faktore wat dié katte se voorbestaan bedreig, is dat hulle deur boere gesien word as “probleemdiere”, dat hul natuurlike habitat weens ontwikkelings verklein en dat hul prooi om dié rede ook verminder.

Die bewusmakingsdag rondom jagluiperds volg kort nadat mnr. Johan van der Westhuizen van Alberton gehoor het hy het een van die grootste jagluiperds nóg tydens ’n jagtog gedood.

Hy het die dier in April vanjaar tydens ’n begeleide jagtog in Khomas in Namibië geskiet, maar die rekord is eers op 7 November bevestig.
Image
User avatar
GI Jane
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4019
Joined: Mon May 16, 2011 4:07 pm
Town: Strand WC
Vehicle: Toyota Hilux 4x4, 2.41t Raider 1998 DC - front & rear difflock, 140lt fuel tank, 31" BFG a/t, snorkel, drawer system, alucab canopy, driver with attitude.
Real Name: Val
Club VHF Licence: X112

Re: Jagluiperds is aan die uitsterf

Post by GI Jane »

Keystone species/ some prefer to call them predators

In nature, all living things are in some way connected. Within each community (ecosystem) each species depends on one or more of the others for survival. And at the core of individual ecosystems is a creature, or in some cases a plant, known as a keystone species.

This species operates much like a true key stone, which is the stone at the top of an arch that supports the other stones and keeps the whole arch from falling down. When a keystone species is taken out of its environment, (eliminated as a predator or for financial reward) the whole system could collapse.

The point, is that when we kill all the leopards (whose natural source of food are baboons), baboon populations increase and they become unmanageable, and then we hunt the baboon populations and so the cycle goes.... every time we eliminate a keystone species the entire ecosystem within which that animal or plant functions disintegrates...
Image
User avatar
Hi-Hilux
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2828
Joined: Mon Jul 21, 2008 11:22 am
Town: Tsumeb
Vehicle: 1991 Hilux2.2 ---1987 Hilux D/C Hella 1000, Rancho RS9000XL shocks, Good Year M/TR, Warn Winch, STK bullbar, Extended shacles, Kenwood VHF-SOLD
Real Name: Trevor
Location: Namibia

Re: Jagluiperds is aan die uitsterf

Post by Hi-Hilux »

Is daar iets, wat die mens nie op d@nner nie????
Is gebed jou spaarwiel of jou stuurwiel?
'Life is a coin. You can spend it anyway you wish, but you can only spend it ONCE'
Post Reply

Return to “Out in Nature”