Wildparadys by Gondwana Canyon Park

Tell us about your interesting nature stories, animal sightings, questions and pictures on nature and your experiences.
Post Reply
User avatar
Niel
Moderator
Moderator
Posts: 7372
Joined: Sun Jul 15, 2007 10:07 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2014, DC, D4D 3.0, 4x4
Real Name: Niel
Location: Bellville
Contact:

Wildparadys by Gondwana Canyon Park

Post by Niel »

sien die in die Nma koerant

http://www.republikein.com.na/politiek- ... 161007.php" onclick="window.open(this.href);return false;
foto in artikel

Wildparadys by Gondwana Canyon Park

Ná 17 jaar van natuurbewaring is die voormalige plase by die Visrivier-spoelvallei nou in 'n wildparadys verander.



'n Luiperdwyfie en twee groot welpies by 'n watergat in die Gondwana Canyon Park by die Visrivier-spoelvallei.


Die natuurbewaarders van die Gondwana Canyon Park kon hul oë nie glo toe hulle deur foto's kyk wat 'n bewegingsbespeuringskamera by een van die watergate geneem het en hulle 'n luiperdwyfie en twee groot welpies sien nie.

"Luiperds hoef nie water te drink nie. Hulle kry al die nodige water in deur hul prooi te verorber," verduidelik 'n natuurbewaarder, me. Sue Cooper.

"Waar watergate beskikbaar is, sal luiperds wel op 'n opportunistiese wyse daarvan gebruik maak. Temperature is tans baie warm hier rond, dus raai ek dat luiperds van die kans gebruik gemaak het om water te drink, net soos al die ander diere in die park," het natuurbewaarder Trygve Cooper bygevoeg.

Die watergate in die Gondwana Canyon Park word gereeld deur verskeie diersoorte besoek, veral bergsebras. Soms kan die sonkragpompe by die vier watergate skaars byhou om genoeg water aan die diere te voorsien.

'n Paar maande gelede is 'n vyfde watergat oopgemaak en in net tien minute het die natuurbewaarder 98 wildebeeste, 45 rooihartebeeste, 30 gemsbokke, 60 springbokke en 30 volstruise by een watergat getel.

Vandat wildspesies wat tevore in die gebied voorgekom het in die Gondwana Canyon Park van 1 260 vierkante kilometer hervestig is, word dit deesdae toenemend die klein Etosha van die Suide genoem. Wild kan nou by die watergat langs die hoofpad op die selfryroetes deur die private park gesien word.

Konflik met buurplase is ook verminder met gereelde roetinepatrollies langs die heinining, asook gereelde vergaderings wat tussen boere en natuurbewaarders gehou word.
Post Reply

Return to “Out in Nature”