My Zero Koelkas

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

My Zero Koelkas

Post by Andre du preez »

Ek het so week terug die kas oorgekoop. Dit is nog soos nuut. Ek het paar vrae oor die Zero.

My bakkie gebruik ons net vir naweek kamp en as ons 'n trip aanvat is dit vir twee of so nagte. My bakkie het nie 'n canopie op nie (wil nog een bou). My eerste vraag is of iemand op die forum al hulle agter sitplekke in d/c uit gehaal het en dit verander het in pak plek. Dit is maar altyd net ons twee en die agter sitplek word toe gegooi op naweek trips. Ek dink daaraan om dit te verander sodat ek die seat kan uit haal wanneer ek op trips gaan. Dan my ander vraag is of iemand al een van die kaste in hulle bakkie gehaat het. Ek weet dis 12v en Gas. Maar ek het gedink 12v as ons ry en dan gas as die voertuig op die kamp plek staan.

Asb. manne post comments, ek wil graag die projek aanpak maar wil net seker wees dit kan werk. Baie dankie by voorbaat.
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: My Zero Koelkas

Post by Andre du preez »

'n foto van die kas.
Attachments
100_3716.JPG
100_3717.JPG
User avatar
STAMPIE
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 335
Joined: Wed Sep 19, 2007 8:51 pm
Town: Durbanville
Vehicle: '05 4L V6 DC
Real Name: Danie

Re: My Zero Koelkas

Post by STAMPIE »

Andre
Ek het ook begin kamp met so 'n Zero. 'n Yskassie wat nogal 'n SFA kan verdra.
Ek weet van mense wat ook hul yskas agter in die plek van die agtersitplek vervoer.
Binne in die cab, sal ek ook maar die 12V pad loop. Toe ek myne agter in die bak gery het, het ek dit altyd op gas laat loop. Seker nie die veiligste opsie nie, maar ek het nooit moeilikheid gehad nie.
Die enigste ding van hulle is, dat die yskas waterpas moet staan, wat min gebeur terwyl mens ry.
My ondervinding was dat die effektiefste werk op 220V en gas.
Sterkte en lekker kamp!
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: My Zero Koelkas

Post by Andre du preez »

Danie baie dankie vir die mooi post. Dit is wat ek wou hoor. Ek werk nog aan paar idee's van wat ek gaan doen. Ek sal tog paar foto's op laai wanneer ek begin met my projek. Ek weet ek vra baie maar as iemand 'n foto of twee het vir so iets om dit te post GrOOT ASB!!!!!
User avatar
Donkey
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5132
Joined: Fri Oct 30, 2009 12:33 am
Town: Johannesburg
Vehicle: 2002 3.0KZ-TE 4x4, Eazyawn RTT, Snorkel, NudgeM Bumper, 38mm Ball Joint Spacers, 35" Maxxis Bighorns, Dastek Unichip, 60 ltr Snomaster fridge/freezer, 40mm body lift, Mikem front/rear with extended shackles, Bilsteins shox rear
Real Name: Tumelo Thebe aka Baas John
Club VHF Licence: X122

Re: My Zero Koelkas

Post by Donkey »

Andre do a search I do recall reading about a forum/club member who even made drawers in the back seat of his bakkie, and if I recall well his fridge sat on the drawers. Mark (Oooms) might remember who it was :thumbup:
Tumelo Maketekete
Donkey, simple and often misunderstood.
We don't stop playing because we grow old, but we grow old because we stop playing!

2002 - 3.0KZ-TE Toyota Hilux (Letebele)
1994 - 1.6i Gl Toyota Corolla (Platkar)
1990 - Gli TwinCam 16v (ZuluBoy)

ImageImage
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: My Zero Koelkas

Post by ThysdJ »

Andre, ek haal elke keer die agtersitplek uit as ons gaan kamp. In die Hilux en in die Ford. Daar is lekker BAIE plek daar agter, en die yskassie sal lekker pas daar. Die vloer is oor "redelik" gelyk. Om die sitplek uit te haal is baie maklik, 4 boute.. :thumbup: :thumbup:

Ek het 'n plank (18mm ply) wat ek met custom brackets aan die sitplek se mounting plekke vasskroef, en dan maak ek die yskas daarop vas. So staan die yskas regop, en stewig. Ek sal nou weer 'n nuwe ene moet maak vir die nuwe Hilux.. :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
cprinsloo
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 859
Joined: Sun Jul 15, 2007 6:00 pm
Town: Nelspruit
Vehicle: 1998 D/C 4x4
Real Name: Chris
Club VHF Licence: X52
Location: Mpumalanga

Re: My Zero Koelkas

Post by cprinsloo »

Hi Andre,

Ek het vir baie jare met 'n Edesa vries/yskas getoer, werk op dieselfde beginsel. Myne het goed gewerk, maar mens moet hom mooi hanteer.

Ek het 12v op hom gehad as ek ry, met 'n relay wat van 'n toggle switch af gewerk het. Ek kon eers die 12 v aanskakel as die ignition aan was, en hy het self afgesit sodra ek die engine afsluit. Die rede is dat die 12 v element baie stroom trek (+12 A), en hy kan 'n battery redelik vinnig pap maak. EK het ook PC power supply fans op die verkoelingsvinne van die vrieskas gesit, hulle trek so 150 mA so dis nie te veel vir die battery nie, ek weet nie of dit rerig gehelp het nie maar dit het my beter laat voel.

Ek het hom nooit op gas geloop terwyl ek ry nie, m.i. is dit gevaarlik. As jy in 'n ongeluk is en die gaspyp word afgeruk, sit jy met 'n potensiele bom. Gasbottel moet stewig (baie stewig) vasgesit word want hy kan groot skade maak as hy los is en jy is in 'n ongeluk, nie die moeite werd nie. Gasbottel moet altyd toe wees as jy ry.

Wat ook lekker werk, is om 'n soort van platvorm met plywood of perspex binne-in die kas te bou, dan hou jy die vleis onder (wat gevries moet bly), en die koeldrank en bier gooi jy dan bo-op. Die vleis ontvries as jy 'n klomp warm bier op dit gooi, vra my ek weet!!

Hulle werk lekker as jy 'n week of so op een plek staan, dan hoef jy nie te worry oor pap batterye nie. Soos ek sê, myne het goed gewerk. Met ons trip Nam toe het ons vleis gekoop in Gobabis, en hy het uiteindelik alles gevries gekry, ek het tot ys gemaak in hom (OK, nou nie genoeg om elke aand 5 glase vol ys te maak nie). Baie beter as 'n koelboks of een van hierdie koelbokse wat jy by die lighter inplug. Hulle is nie so effektief soos die kompressor vrieskaste nie, maar hulle het ook nadele.

Geniet!

Cheers,

C
1998 Hilux D/C Lexus VVTi
Marty
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 406
Joined: Mon Nov 09, 2009 8:52 am
Town: Pretoria
Vehicle: 2002 face lift KZ-TE DC. Mod’s / dual batter - kinda ;) / Active suspension / Intercooler / free flow / ECU Chip / sports flow air filter
Real Name: Martin
Location: Pretoria

Re: My Zero Koelkas

Post by Marty »

Hi Andre,

Wow... amper gelyk soos myne. - Ek moet se ek was baie happy met die een wat ons gehaad het.
12v as jy ry, en gas waar jy staan. Ek't in die tussen tyd geupgrade na 'n 55L National Luna toe. Met my Portable Power Pack 105AMP staan ek 4 dae sonder om the re-charge op -3 op die yskas.

Maar as ek ry, re-charge die power pack. Een ding wat jy nie moet kry nie. Ek't een van daardie "koel kaste" wat die fan op het.
IESH.. daardie ding trek jou dood sommer in 'n paar uur.
One Africa, One Hilux needed :)
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: My Zero Koelkas

Post by Andre du preez »

Manne baie dankie vir al die post. Nou is ek eers bly ek het die kas gekoop. Gaan na die naweek se kant kyk om te begin met my projek.
User avatar
4x4 Junkie
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 146
Joined: Mon Jun 27, 2011 6:26 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D 4x4 DC A/T
Real Name: Julian
Location: Somerset West

Re: My Zero Koelkas

Post by 4x4 Junkie »

Andre, wil jy nie asseblief bietjie meer inligting oor jou kassie hierdie post nie. Ek ken die Zero kaste, ons gebruik die groter gas vriekas by die strandhuis, maar ek het nog nooit die kleintjie gesien nie. Waar koop mens hulle, wat kos hulle min of meer?
If you still have blank pages in your passport, it's probably time for a road trip.
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: My Zero Koelkas

Post by Andre du preez »

Julian al wat ek kan lees (Model code cr35 en class N). Ek weet die verkoper het genoem dit is 'n 40L.
User avatar
4x4 Junkie
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 146
Joined: Mon Jun 27, 2011 6:26 pm
Town: Cape Town
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D 4x4 DC A/T
Real Name: Julian
Location: Somerset West

Re: My Zero Koelkas

Post by 4x4 Junkie »

Dankie Andre. Ek het die vervaardigers in die hande gekry, Zero Appliances. Die kassie kos omtrent R 1900 nuut uit die boks. Ek dink dis 'n goeie alternatief vir die Snowmaster en Engel kaste wat jou 'n arm en 'n been kos.

Die verskil tussen die Zero en die Engel (en ander kamp yskaste) is dat die Zero nie 'n pomp het nie. Al wat dit beteken is dat die kas waterpas moet staan om 100% werkverigting te kry. Dit sou beteken dat terwyl mens ry en die kas is op 12v gekoppel, sal mens seker so 70% werkverigting kry, maar al wat ek sal doen is om die kassie op 220v te koppel so dag voor die tyd en als mooi vries voor 'n trip.

Ek's baie dankbaar vir die inligting, dankie.
If you still have blank pages in your passport, it's probably time for a road trip.
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: My Zero Koelkas

Post by Andre du preez »

Cool, Julian ek is besig om staan plek in my bakkie te bou vir my een ek sal weer foto's post as ek klaar is.
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”