Hilux verkoop vir cruiser

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
User avatar
Renierwolf
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 136
Joined: Tue May 29, 2012 5:55 am
Town: Nelspruit
Vehicle: Prado VX 150
Real Name: Renier
Location: Nelspruit

Hilux verkoop vir cruiser

Post by Renierwolf »

Hi, ek sit in n worsteling om my 2.7 4x4 te verkoop en n nuwe xtra cab 3.0d4d 4x4 of n diesel cruiser te koop. Ek doen werk in die veld en ry baie rowwe areas. Die hilux doen goed en het my nog nooit in die steek gelaat nie. My vrou is baie bekommerd oor die veiligheid (geen lugsakke nie). Die cruiser is n langtermyn koop. Die xtra cab is weer luuks en mooi.( vroulief hou daarvan.) Ek het bietjie insette nodig asb.
Renier Wolfaardt
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by jacques kotze »

Hi Renier,
Welkom by die forum. Om jou vraag te antwoord is maar moeilik. Ek dink jy moet kyk na wat jy die meeste wil doen met jou voertuig, as jy baie in die veld gaan werk sal die Cruiser seker beter wees as die Hilux, die Cruiser se bakwerk is harder as die van n Hilux. Maar ek sou eerder gaan vir die Hilux. Sterkte met jou besluit.
User avatar
Royco
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1149
Joined: Sun Apr 12, 2009 7:50 pm
Town: Stellenbosch
Vehicle: '09 D4D 3.0 Raider 4x4 D/Cab
Real Name: Roy
Club VHF Licence: X88

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by Royco »

Welkom Renier :wave:
jacques kotze wrote:Hi Renier,
Welkom by die forum. Om jou vraag te antwoord is maar moeilik. Ek dink jy moet kyk na wat jy die meeste wil doen met jou voertuig, as jy baie in die veld gaan werk sal die Cruiser seker beter wees as die Hilux, die Cruiser se bakwerk is harder as die van n Hilux. Maar ek sou eerder gaan vir die Hilux. Sterkte met jou besluit.
Dit hang net af waar jou hart lê... :lol:
Image Image Image Image
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by Johan Kriel »

Ek het die nuwe hilux op die plaas probeer, maar het maar weer terug gegaan na n cruiser. Of jy hom moet maar modify, pensplate vervang, ens. Ek moes na n jaar al daai plate onder vervang, side shaft rubber boots, remskoene 2 keer vervang van bietjie water ry. Op die Cruisers niks, net die verkoeler skoon gemaak van grassade. So ligte werk , sou ek se die hilux sal werk en goedkoper, swaar werk het jy nie veel van n keuse nie.
Johan Kriel

Legend 50
MORNE
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 165
Joined: Mon May 05, 2008 8:49 am
Town: Durbanville
Vehicle: Isuzu E/cab 3.0 D-tec
Real Name: Morne

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by MORNE »

Al probleem wat ek het met die Hilux is dat hy baie over priced is. Dit is n baie duur bakkie en ek sal eerder na n tweedehandse Isuzu of Hilux kyk met min km op. Vergelyk maar net sy prys en kyk wat jy alles vir daai prys kan koop. Ek dink jy kan al n nuwe Ranger D/cab 4x4 koop vir daai prys. Ok sorry die Ford D/CAB 4x4 is R7000 duurder
User avatar
FJCruiser-ZN
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 458
Joined: Wed May 19, 2010 9:52 pm
Town: Durban
Vehicle: FJ Cruiser 4.0 V6 4x4
Real Name: Tony
Club VHF Licence: X224

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by FJCruiser-ZN »

MORNE wrote:Al probleem wat ek het met die Hilux is dat hy baie over priced is
We don't see it as over priced, but rather under valued. With a Hilux there is no "buy one, get one free" like with other brands.
T
If you don't own an FJ Cruiser you probably won't understand...
Until we meet on a dusty road someday, somewhere, keep on Cruisering....
2013 FJ Cruiser 4.0 V6 4x4 AT
2012 Jurgen's Xcape
Image
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by Haboob »

Depends on how hard you want to work the vehicle. In a year or two's time fuel will probably be between R15 & R20 rand a liter. That is what influenced my decision. Good luck on your choice. :roll: :o: :celebrate: :yahoo:
Image
HABOOB means "Dust Storm"
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by pietpetoors »

Ek is geneig om met Johan saam te stem, as jy veldwerk doen en heeltyd gewig dra, kry vir jou 'n Cruiser. Behalwe dat hy harder is, is die bak veel groter en kan dit dalk onnodige ryery uitskakel.

Onthou net hulle is maar dors, hy ry nie so gemaklik soos die Hilux nie en natuurlik is hulle bakke (loadbin) nie meer so hard soos in die ou dae nie, hulle duik maar maklik in, maar daar is seker min goed in nou se dae wat nog behoorlik gebou word.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Renierwolf
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 136
Joined: Tue May 29, 2012 5:55 am
Town: Nelspruit
Vehicle: Prado VX 150
Real Name: Renier
Location: Nelspruit

Hilux verkoop vir cruiser

Post by Renierwolf »

Ek hou van julle insette, dankie. Ons doen werk vir eskom en is heeldag besig in die veld. Daar waar nie n pad is nie, maak ons een. Ek het al met n paar mense van eskom gepraat en hulle se die enigste voertuig wat vir hulle nog tot nou toe werk is die cruiser.... As n eskom man hom nie kan klaar ry nie, dan se dit iets. Hulle het baie te se gehad oor die ford, mazda en nissan, selfs die hilux kom nie by nie. Ek weet jy kan nie appels en pere vergelyk nie maar dit se vir my die cruiser is die pad om te stap. Ek gaan more bietjie uitvind(cruiser) van die dienste wat elke 5000km gedoen moet word en die waarborg. Die diesel verbruik en n bietjie gaan ry. Ek kry nou 6.3km/lt met my 2.7.
Renier Wolfaardt
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by OOOOMS »

Renierwolf wrote:Ek hou van julle insette, dankie. Ons doen werk vir eskom en is heeldag besig in die veld. Daar waar nie n pad is nie, maak ons een. Ek het al met n paar mense van eskom gepraat en hulle se die enigste voertuig wat vir hulle nog tot nou toe werk is die cruiser.... As n eskom man hom nie kan klaar ry nie, dan se dit iets. Hulle het baie te se gehad oor die ford, mazda en nissan, selfs die hilux kom nie by nie. Ek weet jy kan nie appels en pere vergelyk nie maar dit se vir my die cruiser is die pad om te stap. Ek gaan more bietjie uitvind(cruiser) van die dienste wat elke 5000km gedoen moet word en die waarborg. Die diesel verbruik en n bietjie gaan ry. Ek kry nou 6.3km/lt met my 2.7.
Die diens kostes op die Cruiser is redelik hoog ivg met jou Hilux......soortgelyk as die Vigo....!
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by Traveler »

Pieter is reg, die Cruiser se body is nie meer so dik en hard soos hulle was nie. Dis deel van die poging om sy brandstofverbruik te verbeter.

Cruiser is seker maar beter as jy heeldag in die veld is met baie vrag.
Image
Image

Know what you don't know.
Neels Stals
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 21
Joined: Mon Apr 30, 2012 12:36 pm
Town: Bethlehem
Vehicle: Hilux 1988 4x4 PU
Real Name: Neels

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by Neels Stals »

Vir lang termyn: Cruiser. Dit klink of Toyota die 70 series ( die bakkie, wat beskou word as die "ruggraat " van Cruisers) oor die volgende 5 jaar wil uitfasseer omdat dit kwansuis nie n 5 ster veiligheids rating het nie. Ek sal enigeen uitnooi om met hul voertuig met 5 ster lugsakke ens. In n ongeluk met n Cruiser betrokke te raak en dan nog oorleef om te sien wat gebeur. Probeer om die" pre-facelift" 79 in die hande te kry. Hulle word gesien as " taaier" as die nuweres, en in my beskeie opinie is sy vorm meer klassiek. As Toyota wel die bakkies gaan uitfasseer gaan die manne vuis slaan vir n 2 de handse een. n Goeie belegging, ek kan jou waarborg. Jy sal altyd weer n Hilux kan koop.
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by pietpetoors »

As Toyota wel die bakkies gaan uitfasseer gaan die manne vuis slaan vir n 2 de handse een. n Goeie belegging, ek kan jou waarborg
Met ander woorde hulle gaan so gesog raak soos 'n SFA Hilux
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Rieks
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 131
Joined: Wed Sep 16, 2009 10:11 am
Town: Outjo
Vehicle: 3.0 D4D
Real Name: Rian

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by Rieks »

Koop al twee!!
User avatar
Renierwolf
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 136
Joined: Tue May 29, 2012 5:55 am
Town: Nelspruit
Vehicle: Prado VX 150
Real Name: Renier
Location: Nelspruit

Hilux verkoop vir cruiser

Post by Renierwolf »

Dit was n moeilike besluit gewees, maar ek het baie aan die saak gedink en besluit op n hilux. Ek was gister in n meeting in pietersburg en goeie nuus gekry. Ons het n nuwe kontrak in die vaalwater en groblersdal area gekry. So ek gaan vanaf nelsruit ry en n hilux gaan beter op die teerpad en grondpad wees. My hart le maar nog by die cruiser... Nou is die probleem om een te kry... Ek kan n goue en n bloue dadelik kry, maar soos hulle se: enige kleur solank dit WIT is!!! Miskien oor n jaar of twee kan ek vroulief se 2007 dc hilux inruil op n cruiser stasiewa..( sal maar vroulief se arm draai, sy is vasgegroei aan haar bakkie.) Thanks julle. Sal foto's laai van die nuwe masjien.
Renier Wolfaardt
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by jacques kotze »

Renierwolf wrote:Dit was n moeilike besluit gewees, maar ek het baie aan die saak gedink en besluit op n hilux. Ek was gister in n meeting in pietersburg en goeie nuus gekry. Ons het n nuwe kontrak in die vaalwater en groblersdal area gekry. So ek gaan vanaf nelsruit ry en n hilux gaan beter op die teerpad en grondpad wees. My hart le maar nog by die cruiser... Nou is die probleem om een te kry... Ek kan n goue en n bloue dadelik kry, maar soos hulle se: enige kleur solank dit WIT is!!! Miskien oor n jaar of twee kan ek vroulief se 2007 dc hilux inruil op n cruiser stasiewa..( sal maar vroulief se arm draai, sy is vasgegroei aan haar bakkie.) Thanks julle. Sal foto's laai van die nuwe masjien.
Geluk Renier, geniet hom :thumbup:
User avatar
Renierwolf
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 136
Joined: Tue May 29, 2012 5:55 am
Town: Nelspruit
Vehicle: Prado VX 150
Real Name: Renier
Location: Nelspruit

Re: Hilux verkoop vir cruiser

Post by Renierwolf »

Ai, maar ek kan nie meer wag nie. Barberton toyota het vandag laat weet my bakkie sal by die 21 ste aug hier wees. Hel maar ek is opgewonde.... Het die week bumper replacement en towbar replacement shopping gedoen. daai lux gaan desember lekker werk in Moz..
Renier Wolfaardt
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”