Mirrorlink

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
User avatar
Wapper
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 49
Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
Town: Kimberley
Vehicle: Legend 50
Real Name: Louwrens
Club VHF Licence: HC277

Mirrorlink

Post by Wapper »

Naand
Het iemand al dit reg gekry om hulle fone te connect met mirrorlink? Wat ek sover kon vasstel is dat jy n foon soos n S3 nodig het, maar kry dit nie eers daarmee reg nie.

Vir die wat nie weet nie, mirrorlink laat jou toe om you foon se skerm op die radio te sien en te gebruik, so jy kan die gps op die foon gebruik op die radio. Baie nice funksie as mens dit kan kry om te werk.
ImageImage
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Mirrorlink

Post by ChrisF »

n techie het my Note 5 gemirrorlink na n Tablet.

BEIDE devices moet die funksie hê. En soos met alle elektroniese gadgets is daar dan mos tricks ook .... in die geval moes hy die "Screen rotate" eers af sit.


kon nie doen met die morrir link wat ek wou nie, en het dit nooit weer gebruik nie.


maar nou laat jy my wonder of dit sou werk op die RAV se radio, juis dan vir die GPS ...
User avatar
Wapper
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 49
Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
Town: Kimberley
Vehicle: Legend 50
Real Name: Louwrens
Club VHF Licence: HC277

Re: Mirrorlink

Post by Wapper »

Daar is n versklil tussen sceen mirroring en mirrorlink. Wat jy nou verduidelik het klink meer soos screen mirror. Dit kan gebruik word om jou foon of tablet op die tv of rekenaar te sien. maar kyk ma of jy iets regkry. Die Rav sal n icon op die radio he wat sê mirrorlink.

Soos ek verstaan het Toyota nog die ou weergawe van mirrorlink v1.0 en die nuwe fone het almal 1.1. die 2 werk nie saam nie. Dus moet mens iets soos n s3 kry.

Daar is iemand wat dit laat werk het op n Fortuner maar hy brei nie regtig uit nie. Het gedink iemand hier weet dalk.
ImageImage
rigardt
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 345
Joined: Sun Jan 19, 2014 3:20 pm
Town: Alberton
Vehicle: 2012 DC Hilux D4D
Real Name: Rigardt
Club VHF Licence: HC348

Re: Mirrorlink

Post by rigardt »

hoe lyk jou radio op die fortuner ? kan jy n pic op sit ?
ook waste model is die fortuner ?
User avatar
Wapper
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 49
Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
Town: Kimberley
Vehicle: Legend 50
Real Name: Louwrens
Club VHF Licence: HC277

Re: Mirrorlink

Post by Wapper »

Ek het net gelees van iemand met fortuner wat dit reggekry het maar is seker my 2015 hulix het die selfde unit
ImageImage
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Mirrorlink

Post by ChrisF »

en hier dog ek n mirror is n mirror ....


JIP, dit was mirror screen wat hy gedoen het - wou die funksies van die Note 5 hê, met die 10'' tablet skerm ... maar dit wou nie lekker werk nie ....



so hoe werk die mirror link dan ? Kan jy dan van die radio skerm die foon beheer ?

Het niks in die RAV se boekie gesien van so funksie nie ....
User avatar
Wapper
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 49
Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
Town: Kimberley
Vehicle: Legend 50
Real Name: Louwrens
Club VHF Licence: HC277

Re: Mirrorlink

Post by Wapper »

Ja jy kan sekere apps op die radio sien en beheer. Of so sê hulle. Sal nie weet tot ek n S3 opspoor nie.
ImageImage
User avatar
Wapper
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 49
Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
Town: Kimberley
Vehicle: Legend 50
Real Name: Louwrens
Club VHF Licence: HC277

Re: Mirrorlink

Post by Wapper »

Rigardt jy moet kyk as jy menu druk of daar n uigeblankte mirrorlink icon is. Dis die radio wat nie die maps/nav knoppie het nie.
ImageImage
Bokkeman
Newbie
Posts: 3
Joined: Sun Jan 10, 2016 8:27 pm
Town: Montagu
Vehicle: Hilux Legend45 3.0 D4D 2015 4x4 D/CAB
Real Name: Tian

Re: Mirrorlink

Post by Bokkeman »

Hallo,
Ek het so pas deur die hele exercise gegaan - wou die "tablet" in my splinternuwe Hilux bakkie tot die maksimum benut (alhoewel, dit lyk of die funksies eintlik maar dieselfde op die 2016 Hilux is as in die 2015).
Ek het 'n Samsung S5 en het gevind dat as die foon BEIDE met Bluetooth gekoppel is, asook met die USB kabel, dan het die foon die "Foon gekoppel met MirrorLink - beheer via voertuig" boodskap vertoon en ek kon niks met hom doen voordat ek die kabel uitgetrek het nie.
Op die radio se skerm het die MirrorLink funksie in die hoof menu dan aktief geraak. As jy daarop ingaan, moet jy elke liewe keer weer die T&C's aanvaar (nadat jy tot onder gescroll het). Nou as jy hierdie die eerste keer probeer sal jy dan op 'n leë skerm beland met geen meer info nie.
Wat dit eintlik beteken is dat jy nog nie enige apps op jou foon geinstalleer het nie wat aanpasbaar is met Mirrorlink nie. Sodra jy dit doen, sal 'n menu met al die apps hier vertoon en jy kan een loods.
Dus, hierdie is nie 'n algemene manier om jou foon via die touch-screen van die radio te beheer nie - dit werk slegs met spesifieke apps wat vir Mirrorlink gebou is. App ontwikkelaars moet hul apps volgens streng veiligheidsreëls ontwikkel en dan laat sertifiseer deur carconnectivity.org voordat dit op die app stores mag verkoop word. Die veiligheidsreëls bepaal alle aspekte van die app sodat dit die minimum steurnis veroorsaak, maklik is om op arm-afstand te gebruik met kort blikke na die skerm toe, als natuurlik om nie die drywer se aandag af te trek nie.

Op die Google play store en via die info op mirrorlink.com kon ek slegs 'n paar musiek-apps kry, asook een GPS/kaart app "Sygic Car Navigation". Ek het nie gebodder met die musiek apps nie - die ingeboude funksie in die radio wat die musiek van die foon via Bluetooth kan kies & speel is heel goed genoeg.
Die Sygic app lyk belowend - het die kaarte vir SA afgelaai en dit was heel volledig, met al die plekke en winkels op ons klein dorpie. Ongelukkig is die "trial" periode slegs een week dan moet jy hoes - en dis 'n hele 60 Euro wat bietjie dik vir 'n daalder is.

Ek sou natuurlik oorstelp gewees het as Google Maps op my foon aanpasbaar met Mirrorlink sou wees, maar helaas nie. Ongelukkig blyk Mirrorlink 'n goeie idee te wees, maar met heeltemal onvoldoende ondersteuning van app-ontwikkelaars en sodoende, eintlik nutteloos.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Mirrorlink

Post by ChrisF »

dankie vir die moeite. tog jammer om die resultaat te hoor ....

sou self dit met die RAV wou doen - juis om dan die GPS so te kon gebruik.


dan maar makliker om die ou Garmin af te stof.
User avatar
Wapper
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 49
Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
Town: Kimberley
Vehicle: Legend 50
Real Name: Louwrens
Club VHF Licence: HC277

Re: Mirrorlink

Post by Wapper »

Ek dink die nuwe bakkie se sagteware is anders. Het probeer met s6 met my 2015 hilux maar hy wys geen apps nie.
Probeer Bringgo in die play store. ook n mirrolink gps app.
ImageImage
User avatar
Wapper
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 49
Joined: Thu Jul 24, 2008 8:09 pm
Town: Kimberley
Vehicle: Legend 50
Real Name: Louwrens
Club VHF Licence: HC277

Re: Mirrorlink_Opgelos!!!

Post by Wapper »

So....
Soos hulle se aanhouer wen. Het dit toe regekry!!!! met n S4 wat nie opgedateer is na Android 4.4 nie. So werk met 4.2 tot 4.3

Moes Drivelink download van internet af en self op foon laai. Sal die file oor dropbox share as iemand dit soek.

Het to gesukkel om n navigation app te kry om te werk, omdat die foon se skerm heeltyd regop draai as die app oopmaak verlook hy die link met die radio

So,jy moet n app aflaai soos "Rotate" om die foon op landscape te hou.

Dan moet jy ook die drivelink app toemaak elke keer as die radio af gaan sodat as jy weer aaansit, hy weer kan begin. As jy hom aanlos laai hy nie weer nie.
Ek kon geen apps kry was drivelink toemaak nie, so moes n app koop vir R30 wat die foon afskakel wanneer dit nie charge nie. So sodra jy die ignition afsit skakel die foon af.

Nou moet jy hom weer aankry as jy die ignition weer aansit!. Dit het gekos dat jy van die root files moet verander wat die krag optel en die foon aanskalel.

n Moerse proses maar dit werk darem.

Ek gebruik Navmii wat offline en verniet is.
jy kan nie na die radio luister terwyl jy dit gebruik nie maar jy kan wel na musiek op die foon gebruik.

Jy kan ook nogsteed jou regte foon gebruik deur bluetooth terwyl drivelink werk.

oo, moes seker noem die s4 bly in die bakkie gekoppel aan n adapter wat my usb 1 port 2 maak. So dit is die proses vir n foon wat nie gebruik word nie. Hy het nie eers n simkaart in nie.

Daar is so 1 sekonde "delay" as jy op die radio tik.

Sat Nav in my Hilux vir R30

Dink ek moet geld vra... :mocking:
ImageImage
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”