16" rims op 'n '85 Hilux??

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
Ds J
Newbie
Posts: 7
Joined: Tue May 30, 2017 10:02 pm
Town: Stella
Vehicle: Hilux
Real Name: Jaap

16" rims op 'n '85 Hilux??

Post by Ds J »

Goeienaand Mense, alweer die supergroentjie met 'n lastige vraag.

Daar is tans 31x10.5x15 Michelin AT's op my 1985 Hilux 2.2. Hy loop soos 'n droom maar dit is 'n kwessie van tyd voor ek skade kry want in hierdie wêreld sny klippe die balloons maklik stukkend. Ons is op Stella en ek ry 80% van die tyd hierdie wêreld se grondpaaie.

Ek is dus vriendelik verplig om hoë, smal bande op te sit maar wil graag die 31" deursnee behou omdat dit lekker werk.

Nou is die groot vraag: kan ek 16" Cruiser rims opsit met 235/80/16 bande? Hulle is byna so groot soos die Michelins en daarom dink ek hulle behoort te kan werk. Of ek kan erens 235/85/15 kry?

Ek sal enige raad waardeer!
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29857
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: 16" rims op 'n '85 Hilux??

Post by Mud Dog »

Bly met die 15" rims .... baie beter as 16", en die 31" deursnee is ook ideaal op die bakkies (31x10.5x15 soos wat jy op het).

Enigste wat ek sou verruil is die bande - my ondervinding met Michelins is presies waarvan jy nou praat. In 'n jaar moes ek vier vervang weens sy wal skade, twee van hulle op dieselfde dag op dieselfde pad (gelukkig was daar iemand by wat my sy spaarwiel geleen het). Die MIchelin se sy walle is dun .... gee in sagte rit maar word maklik geskeur.

Het Yokohama bande opgesit - dieselfde probleem maar nie so sleg nie. Daarna Cooper opgesit met goeie resultate en die bakkie was gesteel 'n goeie paar jaar later met die Coopers nog op. Die bakkie wat ek daarna gekoop het, het nuwe BFG KM2 bande opgehad en hulle werk steeds goed sonder enige verlies.
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
Ds J
Newbie
Posts: 7
Joined: Tue May 30, 2017 10:02 pm
Town: Stella
Vehicle: Hilux
Real Name: Jaap

Re: 16" rims op 'n '85 Hilux??

Post by Ds J »

Dankie vir die raad, dan hou ek doen 15"ers.

Weet iemand dalk waar ek 235/85/15 bande kan kry?
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”