More Manne en Dames.
Gewoonlik het ek redelik vinnig 'n idee van wat ek gaan doen maar ek kan nie my gedagtes opmaak oor sitplek oortreksels nie. Ek het mos pas die nuwe Dakar gekoop wat met leer sitplekke kom. Aan die een kant wil ek hulle dadelik beskerm soos ek met my vorige een gedoen het - iets wat ek baie bly oor is want hulle lyk nog splinter nuut na 12 jaar en ses maande.
Aan die ander kant is leer mos makliker om skoon te hou en ek geniet die reuk en voorkoms nog so baie dat ek dit nie graag wil wegsteek nie.
Enig gedagtes om my te help besluit?
Sitplek oortreksels - Kan nie besluit nie
-
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 424
- Joined: Mon Jul 08, 2013 10:25 pm
- Town: Klerksdorp
- Vehicle: 1995 SFA
- Real Name: Jaco
Re: Sitplek oortreksels - Kan nie besluit nie
Ek hou van sitplek oortreksels maar wonder ook altyd vir wie beskerm ons die sitplekke? Nou kry die volgende ou mooi sitplekke terwyl jy hulle nie regtig geniet het nie.... Dis moeilik, ek eindig maar altyd op met oortreksels...
-
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1484
- Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
- Real Name: Marnus
- Location: Pretoria Oos
- Contact:
Re: Sitplek oortreksels - Kan nie besluit nie
Nogal waar. Ek het in sy lewe twee stelle van daardie Stingray oortreksels wat mens by Makro kry op my D4D gehad. Die ou wat my oue gekoop het wou foto's hê van die sitplekke om custom covers te maak. Die sitplekke lyk nog splinter nuut.
-
- LR 4WD Rear Locker
- Posts: 424
- Joined: Mon Jul 08, 2013 10:25 pm
- Town: Klerksdorp
- Vehicle: 1995 SFA
- Real Name: Jaco
Re: Sitplek oortreksels - Kan nie besluit nie
Daai Stingray covers het duur geword! Kyk by Checkers, hulle het dieselfde canvas vir goedkoper. Mooier kleure ook.
-
- LR4WD, Lockers, Crawler Gears
- Posts: 1484
- Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
- Town: Pretoria
- Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
- Real Name: Marnus
- Location: Pretoria Oos
- Contact:
Re: Sitplek oortreksels - Kan nie besluit nie
Dankie maar ek dink hierdie keer sal ek vir pasmaak gaan as ek so besluit. My jongse is 5 jaar oud.