Page 1 of 2

My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Fri Apr 05, 2013 6:33 pm
by Tal
Baie opgewonde, ry more om my stofpad sliders en bashplate te gaan haal! Kry ook 'n ekstra spaarwiel by james...

Voel soos 'n kleinseuntjie 10min voor pouse!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Fri Apr 05, 2013 6:49 pm
by FJCruiser-ZN
Tal

Please post a picture once installed

T

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Fri Apr 05, 2013 6:52 pm
by Tal
Will do, ill be sure to get every step! Im only returning on sunday, then ill fit it!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 11:00 am
by Tal
Was bietjie van 'n gesukkel omdat ek alleen was, maar die sliders is op!!!!

Linkerkant is die probleen omdat die diesel tank in die pad is. Jy moet die tank laat sak net 'n bietjie en hom skuif om die boute te kan inkry by die agterste bracket. Uys van stofpad se dit is die enigste manier, dit het ek eers besef nadat ek hom twee of 3keer probeer fit het.

Voor kom hy aan die crossmember vas
ImageUploadedByTapatalk 21365411063.291087.jpg
Dit is nodig om die crossmember te stut met jack sodat hy nie uit sy plek gaan nie en die boude maklik deur pas.

Al die boude word voorsien

Hier is 'n paar kiekies
ImageUploadedByTapatalk 21365411318.136069.jpg
Agter langs die dieseltank
ImageUploadedByTapatalk 21365411426.284526.jpg
ImageUploadedByTapatalk 21365411490.015556.jpg
ImageUploadedByTapatalk 21365411524.717544.jpg
Dit is ook die wydste ding op die voertuig, behalwe vir die spieels, so die volgende platkar wat sy deur te ver oopmaak, gaan 'n groot surprise kry

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 11:09 am
by ROOFER
dit lyk somer netjies :thumbup: geluk :!:

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 11:12 am
by Tal
Dankie sal kyk of ek vanmiddag die bashplate kan opsit

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 11:18 am
by Tal
Weet nog net nie hoe ek by SWAMBO gaan verby kom met daai Rhino bumper nie... Dink dit sal nog bietjie lank moet wag

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 5:36 pm
by Andre du preez
Nie sleg nie...good job!!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 5:57 pm
by Rianc
Tal, Volgens my kollega (wat 'n swaer is van die manne of so iets) is die bashplate 6mm of 4mm? WatC
het jy gekry?
Dan verder, beskou Toyota dit ook as 'n modifikasie en jou warrenty verval? Kan iemand hierop meer inligting verskaf? Tal Hi Jack nie jou post nie, maar siende jy besig is met opgraderings en ek weet jou voertuig is nuut, net 'n vraag?
Thanks
Rian
PS Toe ek my bakkie 3d4d 4x4 gekoop het hy die belaglike klein bande op gehad, elke karoo skilpad so vermorsel word op die N1. Sit toe 31.5x10 op en die clearance was 100% vir my doeleindes. Toyota sê vir my dis modifikasie! Nou kom die bakkies uit met dieselfde size bande? paar jaar later???

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:03 pm
by Tal
Rian, goeie vraag, maar ek het 31 10.5 op my splinter nuwe hilux en niemand het vir my niks gese by Toyota nie en itv die bashplate, ek het dit wat daar op was net verbeter, ek het niks verander aan die voertuig nie en ek sal dit in die hof gaan baklei!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:06 pm
by Tal
Ek is nie 100% seker van die dikte nie, maar dis verseker nie 6mm nie

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:08 pm
by Tal
Ek nou vinnig gaan kyk, maar dit is of 4 of 5mm electro plated. Daai is 'n solid ding!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:12 pm
by Tal
ImageUploadedByTapatalk 21365437388.171501.jpg
ImageUploadedByTapatalk 21365437431.338720.jpg
ImageUploadedByTapatalk 21365437497.492900.jpg
ImageUploadedByTapatalk 21365437534.635433.jpg

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:23 pm
by Rianc
Mooi man Tal, skuus, was simple vraag en of stelling! Die ding is, jy verbeter jou voetuig, lyk soos 4mm, om die outjie of vroutjie te beskerm! Dan sê Toy "MODS" F man dit beskerm hulle ook mos!

Rianc

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:42 pm
by Tal
Groot ding rian, ek het niks gesny, gesweis of geboor nie, net hulle goed los gebout en beter goed vasgebout, meestal in dieselfde gate as wat hulle gebruik

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:43 pm
by Tal
Anders moet jy jou waarborg verloor as hulle 'n nudgebar of towbar opsit

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 6:56 pm
by antlo69
Dit sal seker in hulle "waarborg" val as jy die bashplate gekoop het deur Toyota met hulle 450% "markup". Enige ding wat jy op 'n Toyota sit wat nie van hulle af kom nie sal jou "waarborg" beinvloed.

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 7:04 pm
by Tal
antlo69 wrote:Dit sal seker in hulle "waarborg" val as jy die bashplate gekoop het deur Toyota met hulle 450% "markup". Enige ding wat jy op 'n Toyota sit wat nie van hulle af kom nie sal jou "waarborg" beinvloed.
Wees versigtig waar julle bande opsit of vir rubberrizing, of julle manne met die canopies of skaaptralies...

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 7:49 pm
by ChrisF
MOOI ! :)



jip, die manne raak maar simpel met die waarborg .... party handelaars VERSTAAN waaroor 4x4 gaan en ondersteun hul kliente, ander soek net n verskoning om nie die waarborg te eerbiedig nie .... My Hilux het sy waarborg "verloor" met minder as 1 000 km op die klok !! Gelukkig nooit nodig gehad in die 3 jaar nie.

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 8:00 pm
by Rianc
:surrender: Wat het van my ander pos geraak? Modirators? Ek wil di man net bystaan?
Kon dalk ook 'n vingerfout gewees het en nooit gepos het nie! Sorry, indien die geval was!
RianC

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 8:50 pm
by Rianc
Die post wat ek wou plaas het gegaan oor die eerlikheid van mense/persone wat op die Forum is wat dalk by Toy werk vir ons kan inlig/lig gee rondom die, kan,mag doen sonder om die waarborge te beinvloed nie. Ek sou dit anders wou vra, maar hoekom nie?
RianC

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 10:27 pm
by ChrisF
Rian dis EENVOUDIG - enige "veranderinge" maak die waarborg tot niet, EN die CPA sal ook weg stap as jy die voertuig "verander" het !


As ek "veranderinge" maak aan die elektriese stelsel is daar n risiko dat ek aanjaag en die computer opvoeter .... dus toe ek die relay gekoppel het vir die yskas was die waarborg op die elektriese stelsel tegnies WEG. MAAR, AS die handelaar KYK na wat en HOE ek dit gedoen het kan hy sy diskresie gebruik en wel n elektriese fout laat reg maak onder die waarborg. (ek HET elektriese opleiding en KAN aan die goed werk, maar MAG NIE ....)


Nou sit ek n aftermarket bumper op .... engine overheat ..... hoe gaan ek BEWYS dat die nuwe bumper nie die lugvloei negatief beïnvloed het nie ?? (alhoewel meeste van die bumpers meer lugvloei tot gevolg het)


Suspension lift - nou loop die dryf aste teen ander hoeke as normaal ... MEER stremming op die voorste CV's (minste stremming wanneer die CV 100% gelyk is) ...... hoe bewys mens probleme met die aandrywing/CV/Gearbox is nie verwant hieraan nie .....



Ek wou graag n ekstra diesel filter insit - my handelaar ken dit nie en wou nie instem nie.



En DAN kry jy handelaars wat self 4x4 ry en VERSTAAN wat ons wil doen. Mens kan SIEN as beddrading REG gedoen is - onverwante elektriese skade word dan wel onder waarborg herstel. Party handelaars het geen probleem met die ekstra diesel filter nie, party gaan sover as om dit te installeer, sonder impak op die waarborg.


aan die einde van die dag -
- jy MAG NIE die goed nie !! Waarborg GONE !
- party handelaars gebruik diskresie en kyk na hul kliente, ander pas die reel toe tot die letter .....



BELANGRIK om te WEET watter tipe handelaar jy het.

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Mon Apr 08, 2013 11:09 pm
by Rianc
Dankie Chris, ek verstaan! My 2007 bakkie het met die klein bandjies uitgekom, kannie reg onthou nie, dalk 265/70 of so iets, en het belaglik gelyk en kon ook nie die voertuig behoorlik op die pad hou nie. Ek het toe 31x10,5 opgesit en man ek was happy. My handelaar vertel my toe dat dit 'n modifikasie is en en en. Nou deesdae het die manne van Toy agter gekom dat die grote band egter goed werk en so by so hulle voertuie nuut op die vloer met soortgelyke groter bande beskikbaar is, praat nie eers meer van 15 of 16 duim nie maar sommer 17 'ns. Toemaar ek verstaan die beginsel van radiaal en radius ets.
Thanks
R
PS Tal, nou moet jy maar 'n nuwe bells story begin. Jammer

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 09, 2013 3:03 am
by Tal
Ek verstaan presies wat almal se en ek stem 100% saam, ding is net hulle (Toyota) grou vir hulleself 'n gat as hulle almal nie met dieselfde kam skeer nie.

Maar dit is waar, hoe goed jy jou handelaar ken maak seker die grootste verskil. Myne groet my met die hand en op my naam in Pick & Pay en vra hoe gaan dit met die nuut getroude lewe en om groete te stuur vir my pa en ma.... Dit is van die tak bestuurder tot by werktuigkundige!

Maar nogsteeds sal ek hulle roer op daai punte, want ouens bestel bakkies met spotlights en Muds ens ens ens en Toyota fit nie een van die goed nie... Maar hulle stop hom so op die vloer voor die klient hom kom haal...

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 09, 2013 5:18 am
by Bester
Daai Tuna lyk goed met die nuwe bykomstighede - veral daardie rocksliders lyk netjies. Ek het dieselfde bashplate op my Hilux.

Ek het ook 'n paar "mods" op my bakkie, maar ek dink dit hang af van watter handelaar jy gebruik of jou waarborg verval. Ek het my veranderinge voor die tyd met die handelaar bespreek en hulle terugvoering was dat slegs die gedeelte wat jy vervang of verander se waarborg beinvloed word, nie die res van die voertuig nie. Dit hang seker maar af hoe groot die eis is om te bepaal hoe sterk hulle woord is....

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 09, 2013 6:15 am
by Tal
Dankie Bes! Wil hulle nou net nog gaan uitprobeer

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Thu Apr 18, 2013 7:35 pm
by Tal
Klein geheimpie

Ek het gou vanaand dastek unichip p&p ingesit...

Mmmmmmm jou stouter!!!!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 23, 2013 2:21 pm
by Pote
Hi Tal.

Die Tuna van jou lyk baie nice. :clap: :thumbup: :clap:

As ek mag vrae. Waar het jy die sliders en bach plate gekry en wat het dit gekos??
Ek wil dalk kyk of ek vir myne ook kan opsit...

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 23, 2013 2:52 pm
by Tal
Pote, http://www.stofpad4x4.co.za" onclick="window.open(this.href);return false; het ek dit gekoop, maar ek het dit self gefit!

Kontak vir Uys of Jolandie daar

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:20 pm
by Hennie2
Ek is op die oombllik besig met 'n hoop modifikasies, wiele, suspensie, bumpers en nog klomp ander goed. Toyota handelaar het bevestig dat hulle die waarborg voorwaardes sal nakom. Grootnding is dat die modifikasies deur ' n plek gedoen word wat deur Toyota goedgekeur is.

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 23, 2013 3:31 pm
by Rianc
Hennie2, het hulle (Toy) al vir jou so lys kan gee, wie hulle goed gekeur het as fitment centres?

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 23, 2013 4:16 pm
by Hennie2
Hi Rian, ek het nien'n lys nie. Toyota gebruik self sekere fitment centres en dit affekteer nie die waarborg nie. My bakkie is nou by hulle en hulle doen sekere opgraderings. Die plek in Sasol wat ek gebruik word ook deur Toy in Sasol gebruik om hulle fitments te doen. Dit is nou my 5e Toyota by die handelaar en ek het nog nooit 'n probleem gehad nie.

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 23, 2013 4:46 pm
by Rianc
Wel, vra net, ek het nog ook nie probleme gehad wat ek met die handelaar kon uitpraat nie. Die manne word ook maar by die boek gehou en dis nie altyd hulle skuld nie. So praat nie die dealers sleg nie. As jy 'n kundige persoon het en hy sy profesionele oordeel kan gebruik, behoort niemand ooit sy waarborg te verloor nie, inteendeel, kan Toy 'n paar tips vang en die voertuie so danig aanpas vir die wat wil en die wat standard verkies.
Mooi aand
RianC

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue Apr 23, 2013 7:31 pm
by Tal
Hennie, ek hetjou post gelees oor jou bakkie en ek moet se dit lyk baie baie spoggerig!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 11, 2013 6:44 pm
by Tal
Bietjie gespeel vanmiddag

http://youtu.be/srJ1y7Emp9k" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 11, 2013 8:14 pm
by Family_Dog
Nice one, Tal. Where was this taken?


-F_D

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 11, 2013 8:38 pm
by Tal
Just playing around on the farm! I farm 40km N of Kroonstad

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 11, 2013 10:04 pm
by Family_Dog
Nice farm!! :thumbup:


-F_D

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 1:24 pm
by Tal
So kom ek te hore van 'n 60mm lift kit op LEONIDAS.... kry dit die naweek, sal so gou as moontlik installeer en terugvoering gee!!!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 1:45 pm
by Tal
Rear recivery points

[img]http://img.tapatalk.com/d/13/05/21/e8u8amev.jpg[/img]
Sal gou vanaand fit

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 2:03 pm
by Rianc
Smaak my jy het nou ophou boer en wel geerf? hehe Wat is jou finale planne met die Tuna? Gaan jy nou 35's ook opsit? Wat van 'n lexus v8?

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 2:06 pm
by Tal
Haha, nee SWAMBO wil alklaar niks weet nie, want sy moet elke dag werk toe met hom. So dit is net klein subtle changes...

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 2:09 pm
by Rianc
:lol: Ek sal maar die site met so een oog dop hou!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 2:28 pm
by Tal
Ek het vir haar gese, dit is of dit of golf, toe kies sy 4x4, want daar is minder drank betrokke... Haha en eks meer by die huis!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 2:42 pm
by Rianc
Maar nou steek jy die bottel weg in die stoor waar jy al die fitments doen! Jy's by die huis (mamma happy), jy's besig (mamma happy), sy kry ook iets (mamma happy), jy kry ook iets (mamma weet nie daarvan nie), so jy's reg, almal wen!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 2:44 pm
by Tal
Rianc wrote:Maar nou steek jy die bottel weg in die stoor waar jy al die fitments doen! Jy's by die huis (mamma happy), jy's besig (mamma happy), sy kry ook iets (mamma happy), jy kry ook iets (mamma weet nie daarvan nie), so jy's reg, almal wen!
Slaan jy mos nou die spyker op die kop!!! Mamma soek 'n nuwe badkamer... Maar die ou een werk nog 100%...

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 2:53 pm
by Rianc
Sy soek ook "Bells" en whistles, lekker borrel spuitbad en jy kan met die Tuna doen net wat jy wil. Ek was daar en weet! Maar ek is jou een voor? Nuwe badkamer en nuwe kombuis en Merc. So dis hoekom ek sê ek hou my Tuna maar dood standaard, anders gaan die nuwe hoof slaapkamer ook aangebou moet word. :naah:

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 2:57 pm
by Tal
Haha, jy sien! More oormore soek sy 'n huisie by die see!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Tue May 21, 2013 3:16 pm
by Rianc
Besig daarmee, agv jou om my te oortuig om die Tuna te koop! Hoekom moes jy dit doen hmmm? :aggresive: So ek wag nog vir jou bydrae! :siffler:

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 25, 2013 9:20 am
by Tal
So besig om die lift te doen!

Spacers voor
[img]http://img.tapatalk.com/d/13/05/25/3yrabamy.jpg[/img]

Spacers op die coils dat hulle nie uitval onder artikulasie nie
[img]http://img.tapatalk.com/d/13/05/25/ysu8upej.jpg[/img]

Landcruiser 80 series shocks agter, kyk die verskil
[img]http://img.tapatalk.com/d/13/05/25/qutyna7y.jpg[/img]
Shocks is tjm XGS GOLD EDITION

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 25, 2013 9:23 am
by Tal
Panhard correction plaat moet nog op
Image

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 25, 2013 12:28 pm
by Tal

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 25, 2013 4:51 pm
by Rianc
Lekker man, sit nou net die 33 inch wiele op, ek weet jy gaan dit doen, soos ek sê, ek hou jou dop.
Rianc

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 25, 2013 5:40 pm
by Tal
As ek dit doen los SWAMBO my vir 'n man met 'n platkar!

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 25, 2013 6:07 pm
by Rianc
So wat beteken dit, kry die platkar vir SWAMBO, Die 220cdi Merc is lekker! Ek is deur die proses en geniet die platkar, 19km/l see toe en terug. Kry hom in alle kleure ook. :dance1:

My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat May 25, 2013 6:09 pm
by Tal
Die probleem is daai 20km elkedag dorp toe...

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sun May 26, 2013 8:58 am
by Rianc
Sit vir die platkar spacers in hehehe :lmao:

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Wed May 29, 2013 9:03 am
by Tal
Rianc wrote:Sit vir die platkar spacers in hehehe :lmao:
Haha! En 33"

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat Jul 06, 2013 8:43 pm
by Tal

Re: My Tuna.... Ek hoor bells and whistles....

Posted: Sat Jul 06, 2013 9:56 pm
by Tal