Page 1 of 1

Waarskuwing: ABS lig

Posted: Fri Dec 13, 2013 11:58 am
by Modder Tekkies
Ek het gister so bietjie nuus van 'n minder goei aard gekry. Die wat so 'n Macdonalds burger smaak in jou mond los :sick:

Net voor ek weg is by die huis het my Fortuner se ABS lig aan gekom. Ek het die dag 'n trailer gesleep om bou rommel te verwyder by die huis.

Met die moes dit die fuse laat blaas het, maar ek het nie tyd gehad om te bevestig nie en so is ek terug werk toe.

Laas naweek het my vrou gery met die Fortuner en gevoel dat die voertuig swaar trek. Ek vra toe vir haar om dit te laat inboek by my mechanic dat hy kan kyk. Wat toe nou wel 'n fuse was is toe 'n goeie R3800 later :slap:

Hier is kortliks in sy woorde wat gebeur het.

" Die groot 40amp fuse wat binne in die fusebox sit vir die ABS was geblaas.
Al hoe ek kan verklaar hoe dit gebeur het was dalk daai klein trailer wat jy gesleep het.
Dalk is sy plug of iets nie lekker nie of het nie mooi kontak gemaak nie.

Nou die MITSUBISHI PAJERO's doen presies dieselfde as wat die FORTUNER gedoen het, ook as hy iets getow het, ek vermoed hulle mag dieselfde ABS pompe gebruik omdat dit als JAPANEES is.

Wat gebeur as die fuse gaan, dan vir veiligheid hou die check valve druk op die brieke asof jy met jou voete op die briek ry, dis hoekom die kar gevoel het of hy swakker is.

Probleem is, die FORTUNER se pomp het dalk bietjie meer gedruk of die kar was bietjie meer gery,maar die brieke het so begin byt van vashou dat by 120km die hele kar begin skud het soos iets wat se wheel balancing uit is,ook as jy briek trap dan,dan shudder dit ñ helse hou.

Met die wat dit so shudder en skud as jy ry en briek het die linker voor wiel se brake pad pins en clips uitgeskud en die pad self het begin uitskyf uit die caliper uit. Die drukking in die caliper was gelukkig so hoog dat die pad nie heet uit geval het nie,maar wel die helfte van die disc begin vreet het omdat die hele pad nie nou kontak maak met dit nie.

Met die het die brake fluid om meer as 1 geleentheid sekerlik gekook want dit was pikswart en stink.
Die ABS circuit in die brake light switch het ook knock gevat met die shudder deur die pedal.

Dit was baie weird,maar dis gelukkig nou als uitgesort.

Op MERCEDES om die ABS foute te vehoed vir waneer iets getow word programeer mens die control unit met program wat mens TRAILER RECOGNITION noem,die TOYOTA's en MITSUBISHI's het ongelukkig nie dit in nie en dit lyk my nou as die fuse pop en mens vir tyd so ry dat die hele sisteem mal raak. "


So ry maar 'n ou ekstra fuse saam en vervang tog die ding onmiddelik as dieselfde dalk met jou gebeur. Ek is sommer dewetter in vir myself, maar sal dit maar afskryf aan skoolgeld.

Lekker naweek :thumbup:

Re: Waarskuwing: ABS lig

Posted: Fri Dec 13, 2013 12:21 pm
by Whiteley
Jislaaik, dit is nogal rof. Die enigste probleem wat ek gehad het met die ABS lig is wanneer ek grondpad gery het met my vorige bakkie, dan skiet 'n klip soms die ABS draad agter af, en dan kom die liggie aan, maar dan ry ek so vir lank, neem aan dit het nie dieselfde invloed as wanneer die fuse blaas nie, want Toyota het gese ek kan met die liggie aan ry, die ABS op die een wiel gaan net nie werk nie. My huidige bakkie se ABS liggie het ook aangegaan toe wys die diagnostics dis fabrieks fout op voorste ABS draad.

Very interesting!

Bly jyt reggekom. Lekker naweek!

Re: Waarskuwing: ABS lig

Posted: Sun Dec 15, 2013 11:26 am
by MCHILUX
n Trailer se drade kan net die stoplamp fuse blaas wat die ABS lig sal aansit . Al werk die ABS nie mag dit geen invloed op die drukking in die sisteem he nie. Die shudder van die remme kan nie die sliding pins op die caliper laat uitval nie (eerder verkeerd ingesit in die eerste plek) Die pads wat uitgeskuif sal skeef druk teen die caliper se body en kan dan sukkel om terug te skuif na hul oorspronklike posisie dit sal die disc dan skeef opvreet maar vir my het jou probleem begin met die persoon wat die pads voor ingesit het.