Page 1 of 1

V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Fri Mar 07, 2014 3:50 pm
by gompie
Middag almal
Soek bietjie raad :beg: , ek is op die uitkyk vir n v6 fortuner 4x4 maar verkies n manual. Nou het ek n 2008 A/T met net 103000km vir R160 000 raakgeloop maar ek bang die brandstof verbruik.
Wat vind julle die beste, ek moet ook byvoeg dat mevrou hom elke dag ga ry werk toe en terug, so 10-15km n dag. Tans gee haar(my) 2003 kz d/c so 7 in die dorp en 9 langpad.
Het probeer rondkyk op die forum maar die meeste antwoorde was oor die hilux en ek glo nie hulle gee die dieselfde as die fortuners nie.

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 6:46 am
by Paul Grobler.
More Dirk

Koop vir jou n D4D hulle is sterk en brandstof verbruik baie beter
Die V6 gaan jou as jy mooi ry dalk 5-6 km gee waar die D4D 8-10 km gee

:dance1: :dance1: :dance1: :dance1:

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 7:27 am
by Agteros
Ek het 'n V6 handrat Fortuner gery vir 5 en 'n half jaar. Volledige rekord van petrol verbruik gehou. Ek ry nou 'n FJ - kyk maar aangehegte grafiek.

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 8:03 am
by BenRich
Agteros is heeltemal reg. In standard form is daar nie soveel verskil in verbruik tussen petrol en diesel nie.
Hoor mooi.......nie soveel nie. Ja diesel gebruik bietjie minder.

Bietjie persoonlik informasie. Ek en vriend het saam afgery na Durban. Ek met Tuna D4D Auto. Hy met V6 Auto.
Verbruik as volg toe ons in Durban stop:
D4D - 7.9l/100km
V6 - 8.8l/100km

In dorp:
D4D - 10.2l/100km
V6 - 11.3l/100km

Albei voertuie in standard form!

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 8:08 am
by Tal
More Dirk
Hier is bietjie informasie
Kyk post 137
http://www.fortuner4x4fans.co.za/forum/ ... l#post2889" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 9:12 am
by Huismoeles
Kerels met daai petrol verbruik waarvan julle praat
Laai julle seker jul voertuig op n lowbed en laat idel jul hom net

Kan net droom van sulke verbruik

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 10:11 am
by Agteros
Huismoeles wrote:Kerels met daai petrol verbruik waarvan julle praat
Laai julle seker jul voertuig op n lowbed en laat idel jul hom net

Kan net droom van sulke verbruik
My FJ sien die rooilyn baie baie. Veral die outokas maak dit onweerstaanbaar om hom gas te gee. Meeste van my kilos is in die stad hier in Pretoria. Ek weet nie hoe mens moet ry om gemiddeld net 6km/l te kry nie?

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 10:17 am
by Tal
Wat is jou verbruik Agteros?

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 10:37 am
by Agteros
Tal wrote:Wat is jou verbruik Agteros?
Kyk my grafiek hierbo. Gemiddeld op die FJ is 11.7l/100km of 8.6 km/l maar dis meeste stadry.

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 11:29 am
by Huismoeles
5km/l in die dorp
6km/l op oop pad

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 12:04 pm
by Tal
Agteros wrote:
Tal wrote:Wat is jou verbruik Agteros?
Kyk my grafiek hierbo. Gemiddeld op die FJ is 11.7l/100km of 8.6 km/l maar dis meeste stadry.
Sorry eks op my foon, tapatalk, sien geen grafiek nie! Daai is goeie syfers

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 4:00 pm
by Thabogrobler
Ok,

Terug by die oorspronklike vraag: Manual of Auto?

Man, so 40 jaar gelede was handsentrales net die ding vir lang afstand kommunikasie en vandag kan ons met mekaar gesels sonder enige drade en as ons wil, kan ons mekkaar self sien!

Selfde so met karre, rondom die draai van die vorige eeu is motors uitgevind en aanmekkar gesit - met hand ratkaste.

En ek hoef jou seker nie te vertel wat vandag beskikbaar is nie?

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 7:45 pm
by Huismoeles
Ek is n jong man en het altyd gese auto is vir ou mense

Maar weet nie of ek sommer weer vir my n manual sal koop nie.

Dis darm net baie lekker der met n auto box

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 9:51 pm
by Oetie
Ek ry tans 'n outo, het voorheen handrat gehad. Met al die tyd wat ek in die verkeer sit maak die outo dit baie makliker, maar ek ook swaarder op brandstof.

Wanneer ek GPF patrollie ry wens ek soms ek handrat gehad wanneer dit die voertuig nie na laer rat oorskakel nie, met gevolg van hoer revolusies en daarmee saam swaarder verbruik.

Na dit als dink ek tog ek sal by outo bly indien moontlik.

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 08, 2014 10:23 pm
by Woerman
V6 auto is baie lekker.

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sun Mar 09, 2014 7:32 am
by Tal
Die enigste probleem wat ek met die auto het is, as jy op cruise control is en jy kry 'n opdraende dan gear hy sommer 2ratte terug en ruk amper jou nek af! Dit is die geval op die 5spd petrol en op die 4spd diesel gear hy ook terug en druk die enjin tot op 4000rpm! Dis onnodig, die enjin het genoeg krag om in sy top rat daai klein bultjie oor te gaan

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Tue Mar 11, 2014 8:24 am
by gompie
Thanks julle :clap: , dis hoekom ek bly is ek is deel van die forum, nou moet daai van net ingeruil word, miskien moet ek die eienaar in die hande try kry en n deal met hom maak :think:

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 15, 2014 12:47 am
by TJV
Dirk
Ek ry nou al twee jaar lank V6 Handrat. Nou wel nie dag tot dag nie, is te ver werk toe. Twee trips Namibia toe het ek op die lang pad deur Botswana 8km/l gekry met gelaaide roofrack. Hier rond en dit sluit langer afstande in so 7km/l. Ek moet jou waarsku dit is lekker om die lepel plat te trap deur die ratte.

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Sat Mar 15, 2014 8:05 am
by Pote
Gaan kyk op Fuelly.com. Daar is baie voertuie.
http://www.fuelly.com/car/toyota/fortuner" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Tue Mar 25, 2014 5:32 pm
by Christian Kuun
Ek ry die handrat maar wens ek het eerder n OutomatĂȘtiek gehad. Ek sal met liefde daardie ou half kilometer op n liter verruil. Ek sou reken (syfers nie by my nie) ek kry in die dorp rondom 7.5-8km/l (my vrou 8-8.5km/l) en ooppad kry ek ongeveer 8.5-9km/l. Met die groot enjins gaan dit BAIE oor hoe jy dit ry. Die problem is dat dit so lekker trek dat jy later ry soos die laaitie met die wit sonbril in sy gedropte Uno Fire.....en dan sien jy vining 6-6.5km/l.

Slotsom- Auto box is the way to go.

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Wed Mar 26, 2014 11:11 am
by gompie
Thanks Christian :thumbup:

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Wed Mar 26, 2014 12:54 pm
by GeorgeJvR
Gompie

Daai 3.4 AT Prado het my 9.6KM/L ge gee LTT - PTA :thumbup:
Net jammer dit was teen 100KM/H :shh:
Teen 130 Km/h PTA - LTT so 8KM/l

Gaan AT.
Hoekom want jy kan :drinks: :drinks: :drinks: :drinks:
Na 20 jaar ken ek jou redelik.
En Vroutjie gaan dit like met die AT in die dorp

Re: V6 Fortuner 4x4 a/t of manual.

Posted: Wed Mar 26, 2014 5:32 pm
by Christian Kuun
Ja, dis waar, jou vrou gaan baie in haar nappies wees. Ons het nou vir my vrou n Auto Ford Ranger gekoop en daar is geen manier dat sy OOIT weer n handrat sal besit nie. Happy Wife=Happy Life!