Page 1 of 1

Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 1:36 pm
by Rianc
Ek het Sondag my boot gediens en die spares agter in die boot van die Fortuner gehad. Ek is so 1,92m lank, so dus avg lengte. Loop my toe poer des moers teen die hoek van die agterste deur/lid wat jy dit ook al wil noem. Kan mens die ding nie laat fix dat hy hoër optel nie? Ergste, ek het nie eers gebloei nie, so my vrou het my nie jammer gekry nie! Ja, lag maar lekker, eendag is eendag dan vertel jy jou storie ook hier!

:oops:

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 1:39 pm
by CasKru
Ek het ook al daai tipe onderonsies gehad met verskeie te laag items

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 2:08 pm
by Cleaner
Snaaks genoeg het ek nie so gereeld daai probleem nie.

Kyk waar jy loop man! :tongue:

Nie seker of mens die deur meer sal kan lig nie - Sal moet kyk tot waar sy skaniere kan gaan, en jammer om van jou stamp te hoor. Innige meegevoel!

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 2:09 pm
by GeorgeJvR
Smaak my daai Tuna kort 'n nuwe veringstelsel om die "boot" bietjie hoër te kry as hy oop is.
Die res " grondvry hoogte........" is natuurlik 'n bonus

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 2:14 pm
by Tal
Lig hom, problem solved! Ek het baie plek onder myne! Hehe

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 2:51 pm
by Rianc
Ja dankie vir julle ondersteuning! :taunt: Dis pynlik! En Tal, ek weet jou tuna is nou mooi, maar het jy al vir die mense gesê jy is net 1,56m en gebruik nou 'n leer om die tuna te bekruip? :surrender: Speel net ou maat!

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 3:06 pm
by Hangover
Rianc wrote:Ja dankie vir julle ondersteuning! :taunt: Dis pynlik! En Tal, ek weet jou tuna is nou mooi, maar het jy al vir die mense gesê jy is net 1,56m en gebruik nou 'n leer om die tuna te bekruip? :surrender: Speel net ou maat!
Hahaha eks ook een van die gelukkiges wat kan hol heen en weer onder deur die deur...

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 4:02 pm
by Gerrie
Ek voel jou pyn... Tall people problems...

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 4:46 pm
by Tal
Gerrie weet hoe lank ek is! 1.88! Kort op jou hakke, maar moet eerlik bieg, dink nie my kop sou raak toe hy nog standard was nie! Jys net daai kortkoppie te lank! Lekke paar amdas en coils and no more head aches!

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 5:35 pm
by Oetie
Ken daai gevoel.... Dis dan wat jy sommer vanself 'n kombinasie van Frans/Grieks/Italiaans praat terwyl die oë traan.....


Sent from my iPad using Tapatalk HD

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 6:06 pm
by Rianc
Die impak is te vining! 'kop stamp' so het nie tyd gehad om daai tale te praat nie! Plat op die grond! Ek was 'n club bouncer baie jare gelede, en ek het nog nooit so hard geval nie.

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Tue Jul 01, 2014 7:27 pm
by pietpetoors
Tal het 'n punt beet, waar gaan jy 'n beter verskoning kry om jou vrou te oorreed dat die Tuna 'n body lift moet kry, so 50mm sal werk.

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 8:19 am
by Rianc
Die punt is gisteraand bespreek! Die antwoord was nee, jy het al te veel speelgoed die maand gekoop!

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 9:21 am
by dantjie
Se vir jou vrou jy was deur NIKE baie geinspreer. (JUST DO IT) die body lift. :angel:

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 11:09 am
by KOBUSL
FORTUNER14.jpg
FORTUNER14.jpg (45.65 KiB) Viewed 8397 times
Wys vir haar die prentjie. NIEMAND kan hiervoor nee se nie. :evil:

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 12:12 pm
by Rianc
Mense, nee man! Ek is vandag 20jaar getroud! :beg:

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 1:15 pm
by george
Rianc wrote:Mense, nee man! Ek is vandag 20jaar getroud! :beg:
Die perfekte geskenk dan.Onthou jy bele in jou veiligheid :lol:

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 4:18 pm
by Rianc
Ek het die Amada Extreme shocks klaar in, maar sonder daai 3cm lig, net standard. Wat 'n wesenlike verskil hoor! Die Tuna was so bietjie op 'n downslope parker en het nie my gradeboog gehad om die angle van benadering gehad nie! Soms klap 'n ou jou van agter (blind), maar hierdie was "heads on" pappie!

Vrou sê nog steeds nee! Twee vistokkies met katrolle vir die boot, ActionCam vir die boot, safety gear plus papa se nuwe safety jacket vir die boot, fishfinder, nuwe white rim en tyres, spares vir service vir die boot, poppers, spinners etc vir die boot, twee weke lodge geboek vir die boot en my plesier met die boot. Die boot se pontoon laat regmaak nadat my 10mnd boerboel besluit het hy soek aandag, vir die boot!

Nou kom die goed na vore? Ek dink nie dit gaan ooit vlieg nie!, vir die boot!!!! :mocking:

En ek kort nog baie vir die boot ook!

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 4:36 pm
by Masekind
Dat n mens jou kop so kan stamp :laugh2: :surrender:

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 4:41 pm
by Rianc
Geen "pyn" nie ou maat! Ek sweer ek het daai breinskudding opgedoen! Harsings is iets wat jy saam met konfyt eet op brood.

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 5:08 pm
by ChrisF
Rianc wrote:Ek het Sondag my boot gediens en die spares agter in die boot van die Fortuner gehad. Ek is so 1,92m lank, so dus avg lengte. Loop my toe poer des moers teen die hoek van die agterste deur/lid wat jy dit ook al wil noem. Kan mens die ding nie laat fix dat hy hoër optel nie? Ergste, ek het nie eers gebloei nie, so my vrou het my nie jammer gekry nie! Ja, lag maar lekker, eendag is eendag dan vertel jy jou storie ook hier!

:oops:
ek is veilig ... darem EEN geluk daarvan om n kort gat te wees ... :lmao: :laugh2: :tease:

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 6:25 pm
by KOBUSL
ChrisF wrote:
Rianc wrote:Ek het Sondag my boot gediens en die spares agter in die boot van die Fortuner gehad. Ek is so 1,92m lank, so dus avg lengte. Loop my toe poer des moers teen die hoek van die agterste deur/lid wat jy dit ook al wil noem. Kan mens die ding nie laat fix dat hy hoër optel nie? Ergste, ek het nie eers gebloei nie, so my vrou het my nie jammer gekry nie! Ja, lag maar lekker, eendag is eendag dan vertel jy jou storie ook hier!

:oops:
ek is veilig ... darem EEN geluk daarvan om n kort gat te wees ... :lmao: :laugh2: :tease:
Pasop dat jy nie in daai rubber duck se prop inloop nie :lol: :lol: :lol:

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 9:31 pm
by Thabogrobler
Die boot is dus die probleem!

Re: Panelbeater of kop dokter

Posted: Wed Jul 02, 2014 11:00 pm
by Rianc
Thanks Thabo, kom nou van my sielkundige af en sy dieselfde! :lmao: Sy is bleddie slim hoor!