BRIEKE

Discuss modifications on your 1979 to late 1998 SFA 4x4 Hilux here.
Post Reply
User avatar
chanico
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 35
Joined: Sat Jul 07, 2012 2:02 pm
Town: brakpan
Vehicle: toyota hilux 4x4 dc LEXI
Real Name: johan

BRIEKE

Post by chanico »

HI KAN IEMAND MY HELP MY HILUX SE BRIEKE IS SWAK EK HET NUWE BRAKE BOOSTER MASTER CYLINDER KIT NUWE CALIPERS NUWE DISK EN NUWE BRIEK SKOENE IN MAAR IS NOG STEETS SWAK EN AS IEMAND MY KAN HELP MY BAKKIE TREK OOK SLEG LINGS IS DIT MOONTLIK DAT DIE BRIEK PYPE OOK MOET VERVANG WORD :frustrated: :frustrated: :frustrated: :frustrated: :frustrated:
Die man wat lexus engine kan blaas en hilux kan rol als net vir a bietjie 4x4 plesier
User avatar
Willied
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 203
Joined: Mon Feb 22, 2010 11:51 pm
Town: Witbank
Vehicle: '90 Hilux
Real Name: Willie
Location: Rookbank
Contact:

Re: BRIEKE

Post by Willied »

Goeie dag Johan..

Die brieke op die bakkies is nie besonder goed nie en meeste ouens hier doen die Power brake opgradering as hulle kans kry. Kom ons kyk eers na wat moontlik met jou sisteem kan verkeerd wees.

Jy het 'n nuwe booster ingesit, is die vacuum pyp van die manifold na die booster skoon en in 'n goeie kondisie. Indien dit gekraak of gebars is kan dit jou vacuum verlaag en sodoende jou brieke verswak.

Jy het amper 'n hele nuwe sisteem ingesit van bo tot onder, dit is dalk nie 'n slegte idee om die sisteem heeltemal te flush nie. Daar kan moontlik vuilheid in jou pype wees wat verhoed dat die rem vloeistof by die brieke kom soos dit moet. Dit word ook aanbeveel om briek vloeistof elke twee jaar heeltemal te vervang aangesien dit water inkry wat die effektiwiteit daarvan verlaag.

Indien jy moontlik 'n Dot4 in het sal jou brieke baie strem wees en meestal word 'n Dot 3 aanbeveel.

Ek hoop hierdie sit jou op die regte spoor sodat jy die probleem kan vind, maar jy moet ingedagte hou hierdie bakkies is oud en briek nie soos meeste nuwe voertuie nie.

Op die trek na links, ek neem aan jy het reeds wielsporing laat doen?
User avatar
chanico
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 35
Joined: Sat Jul 07, 2012 2:02 pm
Town: brakpan
Vehicle: toyota hilux 4x4 dc LEXI
Real Name: johan

Re: BRIEKE

Post by chanico »

HI Wille
Baie dankie ek sal die sisteem flush want ek was van plan weer a klompie geld aan al pype te betaal ek het my wielsporing al gedoen maar ek het nuwe mags en 33 duim bande op gesit maar het nie weer wielsporing gedoen nie ek ding ek sal dit weer laat doen weer eens dankie ek sal jou op hoogte hou as ek reg gekom het
Die man wat lexus engine kan blaas en hilux kan rol als net vir a bietjie 4x4 plesier
User avatar
The Legend
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3558
Joined: Sun Jul 04, 2010 6:53 am
Town: Kempton Park
Vehicle: 1994 2.2 4y 4x4 D/C Toyota Hi-Lux
Real Name: Dawie
Club VHF Licence: X93-

Re: BRIEKE

Post by The Legend »

Johan

Onthou nuwe disk en disk pads neem n tydtjie om te set,maar soos Willie ook tereg se sal ons bakkies met die standard remme nooit kan rem soos die nuwe bakkies nie.

Ek hou dit maar altyd in gedagte as ek agter die stuur van my bakkie klim.
“A BAD DAYS FISHING IS BETTER THAN A GOOD DAYS WORK”

“Do what you do so well, that the people that see you do it, will want to see you do it again,and will bring others to see you do it”
User avatar
Willied
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 203
Joined: Mon Feb 22, 2010 11:51 pm
Town: Witbank
Vehicle: '90 Hilux
Real Name: Willie
Location: Rookbank
Contact:

Re: BRIEKE

Post by Willied »

Sterkte Johan, hou ons op hoogte!
fredster
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 27
Joined: Wed Feb 15, 2012 2:56 pm
Town: Cape Town
Vehicle: '85 SFA Hilux D/C Import
Real Name: Freddy

Re: BRIEKE

Post by fredster »

Johan,

Ek het soortgelyke pyne gehad op my hilux (links trek, crappy brieke, geen handbriek). Het na vele ondersoeke en verstellings toe die volgende gedoen:
Agterste 2 slave cylinders vervang met nuwes (+- R110 per kant vanaf Midas), voorste calipers heel gestrip, skoongemaak en rubbers vervang. Beide nuwe voor en agter briek skoene gekoop (die oues was nie gelyk afgeloop nie. Terwyl ek hiermee besig was het ek opgemerk dat my linker caliper se pistons effe 'stickier' is as regs. Het die pistons en calipers laat skoonmaak (polish) by n local briek spesialis, en toe die hele spul aanmekaar gestamp. Beide discs en dromme was nog mooi, en het dus nie n skim nodig gehad nie.

! Baie belangrik is jou agter brieke se opstelling - Sodra hulle effe laag is, dan stop die voertuig verskriklik swak.
In kort moet jy jou handbriek heeltemal pap stel, die brieke opstel op die dromme agter totdat hulle net net begin swaar draai (veral met nuwe skoene). Daarna stel jy weer jou handbriek op totdat dit net so 3/4 clicks neem om te vas te trek.

Vir die bloei slag stel ek voor jy suig of blaas alle ou fluid uit jou pype uit met n kompressor - Dit sal enige ou sludge ook saamjaag. Draai dan al jou briek bloei punte los en liggies vas en dan terwyl iemand voor staan en fluid ingooi, begin by die verste punt (links agter) en draai dit dan oop tot en met daar briek vloeistof begin skoon uitvloei. Draai toe, en beweeg dan na die volgende een (regs agter, en dan links voor en heel laaste regs voor) en herhaal die proses. sodra jy daarmee klaar is, pomp die brieke paar keer, en begin die bloei proses maar hierdie keer in die teen oorgestelde volgorde. Dis bloot om te keer dat jy onnodig lank moet bloei om al die lug uit te kry.

Jy sal vind dat na die boonste dat jou 'pedal travel' veel minder sal wees, en dat die brieke gelyk sal byt (indien agter mooi gelyk gestel is). Dit het ons (2 manne) so plus minus uur en half geneem en in terme van vloeistowwe was dit sowat n halwe kis bier en 500ml se brake fluid. ;)

Sterkte!
Last edited by fredster on Thu Aug 16, 2012 11:40 am, edited 1 time in total.
Bulletjie-3
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 837
Joined: Sat Oct 16, 2010 11:00 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux Raider SFA met 7M-GE engine
Real Name: Everdt

Re: BRIEKE

Post by Bulletjie-3 »

Jammer as ek hijack Johan.
Freddy - ek het ook jou oefening gedoen en dit werk baie goed. Maar toe kom ek met n skok agter hoe warm een van die dromme geword het - hy word warm. Ek het toe maar kort-kort daardie adjuster afgestel totdat hy nie meer warm word nie. My handbriek vat nou seker daar by 9 klieks. Sover is ek tevrede met die opset. Word jou dromme enigsins warm?
User avatar
chanico
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 35
Joined: Sat Jul 07, 2012 2:02 pm
Town: brakpan
Vehicle: toyota hilux 4x4 dc LEXI
Real Name: johan

Re: BRIEKE

Post by chanico »

thanks Freddy ek sal dit probeer maar as die kouessssss moet uithaal sal ek en my klienboet seker 6ure vat maar ek sal voort gaan om dit klaar te kry .Hi Everdt ek sal so maak thanks manne ek het nou eweskielik dors geword hou julle op hoogte
Die man wat lexus engine kan blaas en hilux kan rol als net vir a bietjie 4x4 plesier
User avatar
Willied
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 203
Joined: Mon Feb 22, 2010 11:51 pm
Town: Witbank
Vehicle: '90 Hilux
Real Name: Willie
Location: Rookbank
Contact:

Re: BRIEKE

Post by Willied »

Dromme wat warm word is 'n groot gevaar.. ek het eendag die Hilux se neus afgery oor daai einste probleem. As hulle mooi warm is en jy raak aan die briek brand hulle vas en dan sal jy sien hoe 'n Hilux werklik kan briek.
fredster
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 27
Joined: Wed Feb 15, 2012 2:56 pm
Town: Cape Town
Vehicle: '85 SFA Hilux D/C Import
Real Name: Freddy

Re: BRIEKE

Post by fredster »

Nee myne word nie warm nie - Warm word is wanneer jou skoene te hoog opgestel is - Die truuk is om die balans tussen effe swaar draai en net glad te draai reg te kry. Om die handbriek self weer te kry tot daai magic 4 click merk, is maar bloot n opstel van die handbriek kabel self. Die adjuster sit net voor die regter agterwiel teen die onderkant van die bak.

Die belangrikste ding van die agter brieke se opstel is dat jy EERS jou handbriek moet afstel heeltemal dat die kabel pap is. Dan stel jy jou brieke op tot waar hulle net net vat, en dan stel jy die handbriek weer op tot hy net so 4 klieks neem voordat hy styf trek. Hy behoort nog n keer of 2 te kliek as jy hom erg styf vastrek vir daai erg skuinstes. Dan weet jy is jou brieke reg. Everdt het die regte ding gedoen deur n draai te ry en te kyk of hulle warm word, en toe weer effe af te stel.
User avatar
LouisZ
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2175
Joined: Tue Feb 05, 2008 1:51 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux D/C 1996
Real Name: Louis
Location: Pretoria, Centurion

Re: BRIEKE

Post by LouisZ »

fredster wrote:Johan,

Ek het soortgelyke pyne gehad op my hilux (links trek, crappy brieke, geen handbriek). Het na vele ondersoeke en verstellings toe die volgende gedoen:
Agterste 2 slave cylinders vervang met nuwes (+- R110 per kant vanaf Midas), voorste calipers heel gestrip, skoongemaak en rubbers vervang. Beide nuwe voor en agter briek skoene gekoop (die oues was nie gelyk afgeloop nie. Terwyl ek hiermee besig was het ek opgemerk dat my linker caliper se pistons effe 'stickier' is as regs. Het die pistons en calipers laat skoonmaak (polish) by n local briek spesialis, en toe die hele spul aanmekaar gestamp. Beide discs en dromme was nog mooi, en het dus nie n skim nodig gehad nie.

! Baie belangrik is jou agter brieke se opstelling - Sodra hulle effe laag is, dan stop die voertuig verskriklik swak.
In kort moet jy jou handbriek heeltemal pap stel, die brieke opstel op die dromme agter totdat hulle net net begin swaar draai (veral met nuwe skoene). Daarna stel jy weer jou handbriek op totdat dit net so 3/4 clicks neem om te vas te trek.



Vir die bloei slag stel ek voor jy suig of blaas alle ou fluid uit jou pype uit met n kompressor - Dit sal enige ou sludge ook saamjaag. Draai dan al jou briek bloei punte los en liggies vas en dan terwyl iemand voor staan en fluid ingooi, begin by die verste punt (links agter) en draai dit dan oop tot en met daar briek vloeistof begin skoon uitvloei. Draai toe, en beweeg dan na die volgende een (regs agter, en dan links voor en heel laaste regs voor) en herhaal die proses. sodra jy daarmee klaar is, pomp die brieke paar keer, en begin die bloei proses maar hierdie keer in die teen oorgestelde volgorde. Dis bloot om te keer dat jy onnodig lank moet bloei om al die lug uit te kry.

Jy sal vind dat na die boonste dat jou 'pedal travel' veel minder sal wees, en dat die brieke gelyk sal byt (indien agter mooi gelyk gestel is). Dit het ons (2 manne) so plus minus uur en half geneem en in terme van vloeistowwe was dit sowat n halwe kis bier en 500ml se brake fluid. ;)

Sterkte!
Ook onthou om die Loadsensor ook te bloei, dit help baie met die agter brieke. :D:
Post Reply

Return to “1979 to early 1998 Hilux (Gen 3&4 aka SFA 4x4)”