Page 1 of 1

1986 SFA electronic ignition

Posted: Sun Jul 10, 2016 9:16 am
by Agteros
Ou Agteros hardloop nog met "punte en condensor". Af en toe gee hy so 'n "slukkie" wat die ouens wat hom diens nie uitgesort kry nie (dis nie ernstig nie en ek sal toe oe Kaap toe ry more).

My vraag - kan ek die "punte en condensor" stelsel vervang met "electronic ignition"?

Gaan dit duur wees?

Miskien los dit my probleem op?

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Sun Jul 10, 2016 6:28 pm
by Woodyzn
Hi Hugo

Jammer ek is engels, so ek sal my bes doen. Ek het a ou 1800 Ford Bakkie en my 2.2 hilux 88 model 4y en al twee het ek regstreeks na a auto electrician gestuur en a tweede handse Mitsubishi electronic ignition in gesit. Die Ford is gesteel maar die Hilux ry met daai ignition vanaf 2004 met niks vout. Jy sit hom in en sal nooit met punts en condenser worry nie. Kos my omtrent daai tyd omtrent R850 als in. Gaan scrapyard en kry a mitsubishi ignition en sit hom in....

Regards
Paul

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Sun Jul 10, 2016 6:40 pm
by The Legend
Doen dit gerus Hugo.Ek het dit op al my vorige SFA gedoen.Jy sal nooit spyt wees nie.As jy dit eers gedoen het spaar jy al die pad geld.In die 1 ste plek raak jou tyd nie uit nie.Jou brandstof verbruik is ook in n geringe mate beter omdat daar nie punte is wat slyt.Jy kan dan self jou bakkie diens sonder om geld te spandeer op punte en kondensors.Al wat jy nou met n diens doen is olie tap,olie filter,vonkproppe en petrol filter vervang en lugfilter indien nodig(geen gesukkel met punte nie kondensors nie) Dit is alles goed wat jy self kan doen en jy spaar baie geld op die einde van die dag.

Maak net seker jy koop die oorspronklike elektroniese dissie vir die 4y engine.Vra vir Louis van 4x4 megaworld hy het gereeld voorraad van hulle.Ek het myne destyds by hom gekoop vir R400.00 as ek reg kan onthou - weet nie wat vra hy vandag daarvoor nie.

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Mon Jul 11, 2016 8:48 am
by Agteros
Thanks Paul and Dawie for your responses. I will contact Louis. Maybe he can do it for me.

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Mon Jul 11, 2016 11:09 am
by LouisZ
Ek dink ek het ene by die huis. Sal net kyk vanaand.

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Mon Jul 11, 2016 6:00 pm
by Agteros
Thanks Louis - maybe kan jy die "slukkie" vir my uitsort. :thumbup:

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Tue Jul 12, 2016 9:39 am
by LouisZ
Ek het ene vir jou. :thumbup: Se as jy reg is.

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Tue Jul 12, 2016 4:26 pm
by Agteros
LouisZ wrote:Ek het ene vir jou. :thumbup: Se as jy reg is.
Dankie Louis - ek maak so. Sal 'n draai by die shop kom maak volgende week. Is die week vas in Bloemfontein.
Groete Hugo

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Sat Aug 13, 2016 4:51 pm
by The Legend
Hugo het jy toe n elektroniese dizzie ingesit? Hoe vind jy hom?

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Sat Aug 13, 2016 8:03 pm
by Agteros
Hi Dawie nee :oops: ...ek moet nog vir Louis gaan sien. Ek kry amper nie kans om asem te haal op die stadium nie. Het vandag weer so 120kms met die bakkie gery (baie grondpad ook) en ek moet se die "gehik" is nogal irriterend. Wonder of dit iets met die ou komponente te doen het.

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Sun Aug 14, 2016 8:08 am
by The Legend
Hugo Louis sal die gehik gou gou vir jou uitsortteer,kry net die bakkie by hom.

Re: 1986 SFA electronic ignition

Posted: Fri Aug 19, 2016 9:58 am
by LouisZ
Se as jy reg is.