Page 1 of 1

KZTE intercooler -idee

Posted: Sat Jun 27, 2015 4:56 pm
by WESKUSKLONG
Ek het so pas vir Witmossel n intercooler in gebou . Dit is n SAC intercooler wat hulle gewoonlik in die "sump guard " inbou wat glad nie sin maak nie maar dis net my 2c.

Ek het die bends op die intercooler af gesny en gedraai en weer gesweis sodat dit mooi pas waar ek dit toe voor die verkoeler gemonteerd het. Het ook n fan agter die cooler in gesit vir beter lug vloei wanneer low range is .

Nou is my vraag aan almal.
Ek wil n water verkoeler voor die intercooler installeer met n pompie wat die water sirkuleer. Let wel dit is helemaal op sy eie en het niks met nie engin se verkoeling te doen nie.
Dink julle dit gaan n verskil maak of mors ek my tyd?

n Paar fotos net om jullie n beter innig te gee.

Re: KZTE intercooler -idee

Posted: Sun Jun 28, 2015 11:10 am
by Bakkieman
Hi. Ek dink die intercooler lyk goed daar en sal lekker werk. Wat is die doel van die water verkoeller?

Re: KZTE intercooler -idee

Posted: Sun Jun 28, 2015 12:43 pm
by WESKUSKLONG
Bakkieman wrote:Hi. Ek dink die intercooler lyk goed daar en sal lekker werk. Wat is die doel van die water verkoeller?
Die idee is om die intercooler nog meer af te koel maar is nog nie seker of dit gaan werk nie .

Re: KZTE intercooler -idee

Posted: Mon Jun 29, 2015 11:33 am
by JohanW
Ek dink die waterverkoeler gaan die intercooler negatief ipv positief beinvloed. Dit neem dan mos lugvloei weg van die intercooler. Praat met Hoppy oor water/methanol injection as jy groot performance gains soek. Anders sal 'n klein pompie met water wat op die intercooler gespuit word ook meer help.

Die ouens wat dyno maak die verkoeler en intercooler nat terwyl hulle dyno.

Re: KZTE intercooler -idee

Posted: Mon Jun 29, 2015 1:24 pm
by Bakkieman
Ek werk op grondverkuiwings masjiene, en my ondervinding is dat n nat radiator/cooler baie vinniger met stof op pak, veral waar baie sand/stof betrokke is. Ek sal dit nie op my eie voertuig doen nie. Water/meth is goed, maar gewoonlik gebruik die ouens dit as hulle die boost veilig will opstoot. Ek dink die beste sal maar wees om die cooler net so te los. Dan is daar niks ekstra wat met die lugvloei kan lol nie en dan is daar minder parte ens. Wat kan breek.

Re: KZTE intercooler -idee

Posted: Tue Jun 30, 2015 10:31 pm
by WESKUSKLONG
Dankie vir die raad ek gaan dit probeer en sien wat gebeur en dan sal ek laat weet.

Re: KZTE intercooler -idee

Posted: Tue Jul 07, 2015 9:03 pm
by WESKUSKLONG
Ek het toe n paar toetse gedoen en temprature geneem en die uitkoms is dat die water verkoeler wel n verskil maak maar dit is nie die moetie werd nie .
Ek het ook met Turbos direct gepraat wat baie te doen het met intercoolers en volgens hulle is die intercooler groot genoeg om nie die water verkoeler op te sit nie. Sou dit n klein intercooler gewees het sal dit baie doeltreffend wees.