Page 1 of 1

KZTE diff in 3000TD

Posted: Mon Jan 18, 2016 1:13 pm
by Jakes3.0TD
Mense ek kort n bietjie read..Soos ek verstaan is die 3000TD bakkies net n gewone 3000D met n turbo op? So het hy nog die 3000D se diff? Die bakkie loop teen 120 km/h op 3500rpm gaan dit n verskil maak as ek die KZTE se diff in hom sit?

Dankie by voorbaat

Re: KZTE diff in 3000TD

Posted: Mon Jan 18, 2016 10:28 pm
by Thabogrobler
Ja, dit gaan 'n verskil maak.

Kz loop so rondom 3000rpm teen 140km/h.

Re: KZTE diff in 3000TD

Posted: Wed Sep 21, 2016 1:34 pm
by GRWLR ZN
Hierdie is vir my nou vir my interesant..
Jakes, het jy toe die KZ box in gesit? Die rede hoekom dit intersant is vir my is omdat my 3000D met Lexus conversion 3600rpm teen 125km/h (GPS spoed) loop. Dit is met n' 4.7 diff ratio.
Ek oorweeg nou diff ratio verandering na 4.3 voor en agter maar as die KZ box n' drastiese verskil maak, sal ek dalk eerder vir daardie opsie gaan. Dit hang ook seker natuurlik van die KZ diff ratios af.

Re: KZTE diff in 3000TD

Posted: Wed Sep 21, 2016 9:47 pm
by Thabogrobler
Kz is 3.737.

Sal lekker werk saam met 8 proppe.

Re: KZTE diff in 3000TD

Posted: Thu Sep 22, 2016 8:20 am
by GRWLR ZN
Dankie Thabo,
Ek stem saam. Ek gaan so bietjie begin soek vir n' KZ kompleet drivetrain...

Sal julle op hoogte hou...

Re: KZTE diff in 3000TD

Posted: Wed Oct 05, 2016 11:36 am
by GRWLR ZN
Dagse
Ek het nou al gaan krap en rond gebel en gesoek en gesoebat en gesmeek .... sukkel maar om KZ dele teen n' billike prys te kry...

So, gister middag besluit ek om so bietjie met die buur man te gesels en te hoor of hy kan help (die oom is altyd besig met n ou jeep of een of ander self geboude gedierte), hy het toevallig n' ou stel nissan king cab diffs (kompleet agter as en voorste diff) wat hy nie gebruik nie (3.8:1). En soek juis iets met n' hoor torque ratio vir sy jeep om boot te sleep.

So, ek gaan dalk so n' frankenstein setup he, maar dit kan heel moontlik net die antwoord wees vir my.