Seat covers M&M vs TAKLA

Discuss modifications on your late 1998 to 2005 IFS Hilux here.
Post Reply
User avatar
hentey
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 693
Joined: Sun Dec 07, 2008 5:15 pm
Town: worcester
Vehicle: 2700i 4x4
Real Name: hentey pople
Location: worcester

Seat covers M&M vs TAKLA

Post by hentey »

My Lux se Melville & Moon sitplek oortreksels lyk nou soos iets wat ek sien as ek in die spieel kyk. "OUD EN DEUR DIE G@T GETREK".Wat is julle manne en manninne se ervaring oor die goed?Ek staan nou voor n moeilike keuse,want die goed is dem duur en ek hou nie van daai sweterige gevoel nie,veral as jy met n kortbroek lang ente ry.Sal julle asb so gaaf wees om julle ervaring met my te deel voordat ek nou die flippin duur goed vervang.Die Takla lyk vir my so na of ek gaan spyt wees..........so asof hulle nie kan asem haal nie.Die verkoopsman het natuurlik n ander opinie.Nou wat se julle?
User avatar
African Child
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 628
Joined: Wed Jun 24, 2009 7:38 am
Town: Grabouw
Vehicle: Hilux 4L 4x4
Real Name: Leon
Location: Highlands

Re: Seat covers M&M vs TAKLA

Post by African Child »

Die M&M in my bakkie het ek ook al vandat ek die bakkie gekoop het in begin 2006. Die bestuurdersitplek se een het op die kant stukkend gegaan van die in en uitklim na so jaar en n half. Ek het dit terug gestuur na M&M en dis vinnig en sonder koste reggemaak :thumbup: Dis nou weer op die selfde plek stukkend en ek gaan dit maar weer terugstuur. Die feit dat dit elke keer op die kant stukkend gaan is aanvaarbaar vir my omdat die bakkie hoogstaan en ek nie runningboards aan het nie. Die gevolg is dat jy met die in en uit klim die materiaal maar seerkry. Die ander covers lyk nog goed. My bestuurdersitplek se oortreksel is self blinkgesit maar ek gaan wanneer ek hom instuur na M&M maar met hulle gesels en kyk hoe ons dit kan uitsorteer. So ja die goed kos duur maar ek dink tog dit was die moeitewerd vir die diens wat ek uit die produk en die maatskappy gekry het.
Alone I wander a thousand miles, and I ask my way from the clouds.
Post Reply

Return to “Late 1998 to 2005 (Gen 5 aka IFS Hilux)”