Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Discuss modifications on your new shape Hilux here. 2005 till current. Also called the Vigo in other countries.
Post Reply
User avatar
jacovisagie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 48
Joined: Wed May 16, 2012 8:23 pm
Town: Calvinia
Vehicle: Toyota Hilux 2.5 d4d 4x4 intercooled & Chipped
Real Name: Jaco
Location: Calvinia

Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by jacovisagie »

Ek wil graag weet of iemand my kan help. Ek het my bakkie se pyp net agter die turbo tot by die eerste lasplek onder die bakkie verander van die standard pyp met die 90 grade buig na 'n 3" pyp met 'n mooi ronde buig. Ek het nog nie die bakkie langpad getoets nie maar vir my voel dit hier op die plaas of daar 'n groot verandering is aan die bakkie. Dis asof die bakkie meer gemaklik rev en nie meer dood voel as jy in derde is en gas gee. Daar is nog woema van 3500 rpm .Ek het 'n intercooler by motorcade bestel en sommer self ingesit. Unichip van Kosie Swanepoel. Moet nog net die chip weer laat optimise na die intercooler wat ek opgesit het. Die Kaap is net ver van my af anders was ek weer by KSD. My vraag is. Het iemand al hul bakkie se downpipe verander en is daar regtig 'n verskil. Net bang my kop maak my iets wys wat nie regtig so is nie. Dan my volgende vraag. Is daar iemand wat 'n 2.5" - 3" uitlaatstel op hul 2.5 gesit het en maak dit 'n groot verskil, want as dit doen is dit my volgende plan met die werkswa sodra daar weer losgeld is.

Karoo groete
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by ChrisF »

Hoppy het my groot silencer uitgehaal en n free flow ingesit - dit MAAK n groot verskil.

soos jy sê minder lag in die begin, EN nog lewe op hoë revs :)


Toe n chip ingesit - BAIE bly met die effek !!



PS - oorweeg n EGT gauge !!
User avatar
jacovisagie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 48
Joined: Wed May 16, 2012 8:23 pm
Town: Calvinia
Vehicle: Toyota Hilux 2.5 d4d 4x4 intercooled & Chipped
Real Name: Jaco
Location: Calvinia

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by jacovisagie »

Dankie Chris. Sal so maak. Het jy jou hele sisteem verander of net die boks. Wat het jy gedoen om die dreuning nie hard te maak nie. Ek wil net nie hê die ou moet blêr nie.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by ChrisF »

net die boks


geen verskil aan die klank nie :)
User avatar
jacovisagie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 48
Joined: Wed May 16, 2012 8:23 pm
Town: Calvinia
Vehicle: Toyota Hilux 2.5 d4d 4x4 intercooled & Chipped
Real Name: Jaco
Location: Calvinia

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by jacovisagie »

Dankie Chris
Thabogrobler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5268
Joined: Sun Aug 19, 2007 10:43 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '02 'Lux KZ
Real Name: Thabo
Club VHF Licence: x223
Location: Garsfontein
Contact:

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by Thabogrobler »

'n Groot deel van enjins se 'performance' hang af van hul lugvloei - hoe beter(meer en gladder) die lugvloei, hoe meer effektief werk 'n enjin.

'n 3 Duim pyp sal daai enjin lekker laat asem haal. En daai aaklige 90 grade bend! Ek dink Heinrich(Traveller) het dit ook op sy 2.5 laat doen en geskryf watse verskil dit gemaak het.

Een klein freeflow boksie is meer as genoeg siende dat die turbo meeste van die klank demp vanaf die enjin. Die boks breek dan net die turbo fluit. My boetie het 'n reguit pyp op sy Jetta en al wat jy hoor buite die kar is die turbo en wastegate. Binne in die kar hoor jy niks!

My bakkie het ook 'n freeflow boks op en ek kan nie 'n verskil hoor nie.
'02 KZ 'Lux. Cooled. Chipped. Onca'd. Cherished!

If you are a diesel fan, raise your hand.
If you aren't raising your hand, raise your standards!

A 4x4 is merely a machine that enables you to get stuck further away from civilization.
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by Traveler »

Ja, dit maak wel 'n verskil.

Ek het so hele storie oor dit geskryf. Voor en na die verandering.

Moet net nie 'n te groot pyp insit wat weer die vinniger vloei van lug ongedaan maak nie. Dan gaan die turbo weer stadiger spin.

As jy nog meer uit die turbo soek sonder om die turbo te vervang, laat sit 'n grooter kompressiewiel in die turbo in.
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
jacovisagie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 48
Joined: Wed May 16, 2012 8:23 pm
Town: Calvinia
Vehicle: Toyota Hilux 2.5 d4d 4x4 intercooled & Chipped
Real Name: Jaco
Location: Calvinia

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by jacovisagie »

Dankie sal in gedagte hou. So ek neem aan dis ok as mens dan van voor tot agter 3" opsit met 'n free flow boks. . Indien iemand verskil asb sê my want dis wat ek volgende wil doen. Al wat ek soek is dat die bakkie gemaklik moet ry. Hier waar ek bly is maar trek wereld en dit raak maar warm. 45 grade + soms. Het ekstras op. Veetralies ,Arb bumper en seker te groot tyres 265/70-R16 bfg AT. En die A/C bly altyd aan. My groot ding was my bakkie voel pap hier van 3000rpm af. Amper soos een wat nie diesel of genoeg lug kry nie. Het tyd terug injectors vervang want my pa het vir my altyd laat verstaan dat mens maar kan laat kyk so na 150 000km. Hy glo daarin om elke 150 000km pomp te laat kalibreer en injektors te laat kyk. Sy plaasbakkie is 'n Isuzu kb 280 en die het nou so 500 000km op. Nog niks aan laat doen behalwe ball joints.
User avatar
george
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 6565
Joined: Wed May 23, 2007 11:16 am
Town: Velddrif
Vehicle: Triton 3.5l V6
Real Name: George
Club VHF Licence: HC107
Location: Velddrif
Contact:

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by george »

Ek moet self my KZ laat doen.Soos ek verstaan sit hulle 'n 63mm op.3 inch is 76.2mm.So dis nogal groot.
"The World is a book, and those who do not travel read only a page.-Saint Augustine"
Traveler
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5311
Joined: Fri Feb 26, 2010 7:11 am
Town: Springs
Vehicle: Pathfinder 2.5 LE AT
Real Name: Heinrich
Club VHF Licence: X81
Location: Gauteng
Contact:

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by Traveler »

Jaco, my Hilux het in 165,000km drie stelle injectors en 1 dieselpomp opgeeet.

Net vir die rekord na die laaste stel op 135,000km het ek eers die uitlaatpyp laat doen.
Image
Image

Know what you don't know.
User avatar
jacovisagie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 48
Joined: Wed May 16, 2012 8:23 pm
Town: Calvinia
Vehicle: Toyota Hilux 2.5 d4d 4x4 intercooled & Chipped
Real Name: Jaco
Location: Calvinia

Re: Hilux 2.5 d4d turbo down pipe modification

Post by jacovisagie »

Heiland dis rof. Hoop maar nie die ou kry sulke gedagtes nie. :think:
Post Reply

Return to “Late 2005 - 2016 Hilux (Gen 6 aka Vigo-shape)”