Page 1 of 1

2012 hilux klap geluid as weg trek

Posted: Fri May 05, 2017 9:25 am
by rubaprojects
Goeie dag, dankie vir aanvaar. My 2012 d4d auto maak n klap geluid as ek wegtrek by robot. Handelaar se al die auto' s maak so? My vorige 2009 handrat het dit ni gedoen. Enige iemand met selfde probleem.en hopelike oplossing . Kan mens n prado 5 spoed auto in hilux sit?

Re: 2012 hilux klap geluid as weg trek

Posted: Fri May 05, 2017 11:41 am
by Mud Dog
Welkom Ruurd! :thumbup:

Glo nie dis reg om te sê al die auto's maak so. Moeilik om te kan sê waar die geluid ontstaan - kan in die ratkas wees, universal joints of selfs die diff.

Ruk die kar meer as gewoonlik as jy dit in rat sit? Probeer meer presies vasstel waar die geluid van kom - lê langs of selfs onder die bakkie terwyl daar iemand vertroulik skuif tussen D, N en R met hand rem op en enjin wat loop. Wees net versigtig!

Re: 2012 hilux klap geluid as weg trek

Posted: Fri May 05, 2017 11:49 am
by rubaprojects
Dankie vir terugvoer, ek sal dit probeer. Dit gebeur as ek by robot stop en dan weg trek maar nie altyd. Daars ook al vir my gese dit is as kar in 2de tot stilstand kom en dan terugskop 1ste toe as ek wegtrek.

Re: 2012 hilux klap geluid as weg trek

Posted: Fri May 05, 2017 12:15 pm
by StephanR
rubaprojects wrote: Fri May 05, 2017 11:49 am Dankie vir terugvoer, ek sal dit probeer. Dit gebeur as ek by robot stop en dan weg trek maar nie altyd. Daars ook al vir my gese dit is as kar in 2de tot stilstand kom en dan terugskop 1ste toe as ek wegtrek.
Rudi, ek het dieselfde gehad op myne. Dit was die U-Joint aan die gearbox se kant op die propshaft. Het hom vervang en hys so stil soos n slapende baba.

Re: 2012 hilux klap geluid as weg trek

Posted: Fri May 05, 2017 12:17 pm
by Petou
Haal die agterste propshaft af.Trek dit by die slip joint uitmekaar.Behandel splints met genoeg graphite ghries en sit terug.Ek het sommer n ghries nipple opgesit.Sodoende kan jy die smering gereeld aanvul sonder om alle suitmekaar te haal.

Re: 2012 hilux klap geluid as weg trek

Posted: Fri May 05, 2017 1:08 pm
by rubaprojects
Baie dankie Stephan en Petou gaan dit doen en dan as dit werk vriend van my met selfde probleem inlig. Dit klink net nie goed as dit so klap nie.

Re: 2012 hilux klap geluid as weg trek

Posted: Fri May 05, 2017 2:53 pm
by JohanW
StephanR wrote: Fri May 05, 2017 12:15 pm
rubaprojects wrote: Fri May 05, 2017 11:49 am Dankie vir terugvoer, ek sal dit probeer. Dit gebeur as ek by robot stop en dan weg trek maar nie altyd. Daars ook al vir my gese dit is as kar in 2de tot stilstand kom en dan terugskop 1ste toe as ek wegtrek.
Rudi, ek het dieselfde gehad op myne. Dit was die U-Joint aan die gearbox se kant op die propshaft. Het hom vervang en hys so stil soos n slapende baba.
Selfde op my auto gehad. Universals.