2de battery, fuses en relays

Discuss modifications on your new shape Hilux here. 2005 till current. Also called the Vigo in other countries.
Post Reply
User avatar
coetzer94
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 228
Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
Town: Pretoorsdorp
Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
Real Name: Vian

2de battery, fuses en relays

Post by coetzer94 »

More mense

My engine bay begin erg beknop raak met als wat daar aangaan, ek wil net hoor by van julle ouens wat julle gedoen het om dit netjies te hou?? :frustrated:

Huidiglik het ek:
n 105Ah deep cycle op n frontrunner bracket
n HCDP Solid state swich wat dien as my solenoid
60A tripswich fuse
2 relays vir my adisionele ligte
vhf Radio

Ek wil al my fuses in n fuse holder sit soos die http://www.4x4direct.co.za/fuse-holders ... cator.html
(gekry by 4x4Direct) en dan vandaar af krag voorsien aan als wat kort.

Ek wil ook kyk om dalk n solar regulator permanent op die 2de battery te koppel, afhangende van hoeveel plek daar oor is. (ek dink nie die kite gaan vlieg nie, maar ek noem dit maar vir nou)

Die eerste prioriteit is wel om my relays netjies vas te sit waar dit nie in die pad is nie. Ek is bereid om al die bedrading ook oor te doen, solank dit netjies lyk.

Ek sal kyk om vanaand fotos van die huidige situasie te plaas sodat julle my dilema kan sien
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Working on my bucket list only makes it longer
User avatar
pieta.swanepoel
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 118
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:21 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2017 Toyota Hilux 2.4 GD-6 SR 4x4 SC
Real Name: Pieta

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by pieta.swanepoel »

Vian,

Solar regulator - ek sou dit bo-op die tweede battery sit. Die Front runner bracket het plaat wat oor battery loop wat waarskynlik goeie plek is daarvoor. En dan is dit by die tweede battery.
Beplan jy om altyd die solar aan te het en slegs wanner jy kamp? Want andersins kan jy slegs drade aan battery koppel en regulator koppel soos nodig.

Fuses en relays - Gebruik definitief 'n fuse holder (dan is alles by mekaar en die een wat jy na verwys is baie goed. Ek gebruik 'n kleiner ene). Maak vir jou 'n boks op wat alles bevat. Mees waarskynlikste plek daarvoor is bo-op die bestaande fusebox tussen die twee batterye. Alternatief is moontlik aan regterkant naby die brake mastercylinder. Drade gaan net langer moet wees.

Ek ondersoek self die solar opsie en waar ek dit gaan koppel.
Groot berge en lang grondpaaie
User avatar
coetzer94
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 228
Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
Town: Pretoorsdorp
Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
Real Name: Vian

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by coetzer94 »

Dankie Pieta,

Ek het nou bietjie gaan kyk, die solar dink ek moet mens net n Brad Harrison voor bo op die battery vasmaak en dan koppel soos nodig. Dan kan jou regulator en goed op n ander plek sit.

Ek het so iets gekry waarvan ek vreeslik hou, maar die prys sit my af...ek dink ek gaan begin soek vir onderdele en vir my self een probeer maak. Hom sal ek instaleer daar aan die drywers kant teen die fire waal. die langer drade hoort nie n issue tewees nie

https://www.4x4andmore.co.za/collection ... rol-system
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Working on my bucket list only makes it longer
User avatar
pieta.swanepoel
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 118
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:21 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2017 Toyota Hilux 2.4 GD-6 SR 4x4 SC
Real Name: Pieta

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by pieta.swanepoel »

Dis eintlik waarna jy soek. Daar is verskeie ander voorbeelde daarvan wat in Amerika gemaak word. Jeep mense soek almal dit vir al hulle ligte, lockers, winches en wie weet wat nog alles

Netjies voorbeeld hiervan: http://www.switch-pros.com/
Groot berge en lang grondpaaie
User avatar
coetzer94
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 228
Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
Town: Pretoorsdorp
Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
Real Name: Vian

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by coetzer94 »

Pieta, JA!! Ek het gesien die ouens van planetronics bring hulle in, maar die ou se woorde aan my toe ek vra wat die ding kos was: "as jy n bekostigbare opsie soek is jy nie op die regte plek nie" ek verneem die ding is R6k by hulle.

Ek het n vriend wat redelik op dit is wat elektronika en so betref. Hy se dis eintelik n heel maklike opersaie om nie hele switch pannel met n touch screen LCD monitor te bou, en dan sommer n battery monitor ook te inkorpereer
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Working on my bucket list only makes it longer
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by Stef »

coetzer94 wrote: Mon Jan 22, 2018 9:08 am Pieta, JA!! Ek het gesien die ouens van planetronics bring hulle in, maar die ou se woorde aan my toe ek vra wat die ding kos was: "as jy n bekostigbare opsie soek is jy nie op die regte plek nie" ek verneem die ding is R6k by hulle.

Ek het n vriend wat redelik op dit is wat elektronika en so betref. Hy se dis eintelik n heel maklike opersaie om nie hele switch pannel met n touch screen LCD monitor te bou, en dan sommer n battery monitor ook te inkorpereer
LOL...my eerste en tweede gedagtes...

As mens rerig wil, kan jy die touch screen 'n skip gee en dit van jou foon af laat werk ;-)
Die duur gedeelte is die switch gear self wat 10:1 'n paar fris opto-coupled MOSFETs is of DC solid state relays (SSR)
User avatar
coetzer94
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 228
Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
Town: Pretoorsdorp
Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
Real Name: Vian

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by coetzer94 »

@stef Die foon idee klink erg nice, maar as jy van foon verander is dit altyd n issue om als weer op te kry. Die pel het n 3d printer so ons hoort netjiese kassies ook te kan print om als goed en permanent te laat lyk.

Rakende die mosfets dink ek ook dis die manier om te gaan. Ek het wel die week gesien my solid state switch (hcdp) op my dual battery system maak nie meer oop en toe nie, hy bly sommer permanent oop. so ek is nou in 2 gedagtes oor die betroubaarheid van die goed. N relay kan mens net soveel makliker vervang as hy die gees gee.
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Working on my bucket list only makes it longer
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by Stef »

Klink vir my jou vriend het probleme...maar geld is nie een van hulle nie :D:

Micro robotics in centurion het 100A DC SSR's vir R199; my probleem is die terminale want ek het 'n 35mm sq kabel na die 2de batt toe om te kan winch met altwee in parallel, maar nou ja...ek het daai winch een keer gebruik in 7 jaar; dalk net die NL dual batt uitgooi en die CH solenoid hou

Touch screen vir 'n Raspi seker so R700 vir 'n 2.5" TFT, maar saam met die Pi raak dit ook al dikkerig...behalwe as jy die GD6 look wil hê LOL
User avatar
coetzer94
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 228
Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
Town: Pretoorsdorp
Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
Real Name: Vian

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by coetzer94 »

haha, die 3d printer het hy van scratch af gebou, hy is n Elektroniese Ingenieur van beroep.

Soos hy my verduidelik (eks n Siviele ingenieur van beroep, so eks nie altyd lekker by met al die goed nie) sal n microcontroller die skerm kan dryf. Ek dink wel ek moet nog n bietjie navorsing hieroor doen.

Wats fout met jou NL, if its not broken dont fix it, soos ek dit het kom die NL units uit met n funksie om die batterye te kombineer?
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Working on my bucket list only makes it longer
User avatar
pieta.swanepoel
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 118
Joined: Wed Apr 19, 2017 1:21 pm
Town: Cape Town
Vehicle: 2017 Toyota Hilux 2.4 GD-6 SR 4x4 SC
Real Name: Pieta

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by pieta.swanepoel »

Daar is heelwat soorgelyke alternatiewe op ebay van China af. Nie seker oor kwaliteit nie.
En ja, hulle gebruik solid state relays
Groot berge en lang grondpaaie
User avatar
Stef
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3125
Joined: Mon Jan 25, 2010 12:54 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '98 LTD
Real Name: Stefan
Club VHF Licence: X107

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by Stef »

coetzer94 wrote: Mon Jan 22, 2018 3:38 pm haha, die 3d printer het hy van scratch af gebou, hy is n Elektroniese Ingenieur van beroep.

Soos hy my verduidelik (eks n Siviele ingenieur van beroep, so eks nie altyd lekker by met al die goed nie) sal n microcontroller die skerm kan dryf. Ek dink wel ek moet nog n bietjie navorsing hieroor doen.

Wats fout met jou NL, if its not broken dont fix it, soos ek dit het kom die NL units uit met n funksie om die batterye te kombineer?
Self Elektronies geswot, gespesialiseer in Digitale tegnologie, maar ons Tegnikon ouens doen die werk en die graad manne kry die bestuurs-poste :mrgreen: Een vd redes dat ek 'n SFA het haha
Moes eerder 'n oogarts of boekhouer geword het, daar is ni juis geld in ingenieurswese nie.

Jou vriend is 100% reg, jy het 'n micro nodig...en meeste ouens sal gaan vir die Raspi of Arduino, wat in my opinie bietjie van 'n mors is om net 'n smart switch mee te bou, maar dis vinniger as om bv 'n PIC te gebruik waarvoor j eers 'n bord sal moet maak. Daar is BT/WiFi chips met onboard micro's vir 'n fraksie vd prys wat ook 'n screen hoort te kan hanteer via I2C bus of so en dan het jy die bykomende funksionaliteit sonder om ekstra modules op jou Pi of Arduino te sit, en jy kan 'n gedesentraliseerde stelsel hê sonder allerhande bedrading vir kommunikasie.

Die NL het wel 'n winch override skakelaar, myne is nog van die heel eerstes, die eenheid self is groot en die monitor binne is in my pad, en dis onakuraat, amper 1V verskil tussen die NL en wat my Fluke 77 lees....vertrou eerder die Fluke. Glo ook dat 'n DC-DC laaier 'n beter opsie sal wees, en die NL veroorsaak dat die Ctek D250S in die boswa nie wil werk vd alternator af nie.

Ek wil graag my 2de batt agter hou so die setup soos dit nou is sal moet verander, en die geleentheid doen homself nou voor om sommer 'n paar vliee dood te kry met een klap
User avatar
coetzer94
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 228
Joined: Tue Nov 18, 2014 9:13 pm
Town: Pretoorsdorp
Vehicle: Silver Hilux DC 2.8 GD-6 2016
Real Name: Vian

Re: 2de battery, fuses en relays

Post by coetzer94 »

Dankie, ek sal bietjie die idees verby hom hardloop, ons gaan seker een vir elk van ons bou, so dis dalk n beter opsie om iets te koop wat die proses makliker gaan maak en die n paar extra features in het :think: ek weet hy het gepraat van band druk monitors wat hy graag sal wil inbou, maar dis nou nie iets waaroor ek teveel bekommer nie...

Met jou situasie stem ek saam, sit n normale CH solenoid in en maak dit eenvoudig. My pa het n CH saammet sy Ctek en dit werk soos n bom
--------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------------

Working on my bucket list only makes it longer
Post Reply

Return to “Late 2005 - 2016 Hilux (Gen 6 aka Vigo-shape)”