Katalisators op 4liter petrol

Modifications to any other vehicles or things which can benefit any of the other vehicles owners.
Post Reply
Faantjies
Newbie
Posts: 2
Joined: Sat Mar 24, 2012 2:47 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: 4l petrol outomayic
Real Name: Faan

Katalisators op 4liter petrol

Post by Faantjies »

Het iemand dalk al die katalisators op die 4 liter petrol engine laat uithaal. Was daar 'n verskil in werkverrigting en moontlike beter petrolverbruik.

Presies waar sit die katalisators en hoeveel is daar?

Sal baie bly wees as iemand kan help

Groete

Faan

Faantjies
User avatar
Petou
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 64
Joined: Fri Feb 25, 2011 7:52 am
Town: Brackenfell
Vehicle: Fortuner 4.0 V6
Real Name: Petrus
Location: Wes Kaap

Re: Katalisators op 4liter petrol

Post by Petou »

Faan

Het jy n Vigo of Fortuner?My Fortuner sin is uitgehaal.Ek het egter dieselfde tyd ook laat chip so het nie spesifiek bewys dat slegs die katalisators se verwyder n verskil in brandstofverbruik of werk verrigting gemaak het nie.Kosie Swanepoel en Roddy by Poweflow wat die werk gedoen het se wel dat daar n waarneembare verbetering in beide brandstof verbruik en krag is wanneer die katalisators verwyder word.Powerflow in Bellville sny nie die katalisators heeltemal uit nie maar verwyder slegs die binnekant deur dit te breek en die los dele dan uit te haal.Op die Fortuner is daar vier cats.Een aan elke kant van die engin en entjie weg van die manifold.Die ander twee is op die reguit gedeelte van die uitlaatpyp min of meer inlyn met met die voorkant van die voorste sitplek.Let net daarop dat die sensors wat net voor die cats in die uitlaatpyp is nie verwyder of beskadig word nie.Saam met die rekenaar doen hulle die somme om te bepaal wanneer en hoeveel petrol en lug ingespuit moet word om so lekker te kan ry.Die cats lyk soos n klein silincer box.Hoop dit help.
Snorkel,chip,burnco front bumper
User avatar
ToyX4
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2834
Joined: Mon Sep 03, 2007 9:43 am
Town: Ottosdal
Vehicle: Rocky's
Real Name: Riaan
Location: Wes Transvaal

Re: Katalisators op 4liter petrol

Post by ToyX4 »

Faan, vat jou voertuig na Pepa toe, net langs Toynis op die N12.
Hy het my ex-Prado se katte uitgehaal, ex-Audi s'n, en ek moet nog my Jeep na hom toe vat vir dieselfde.
ImageImage
Image
Faantjies
Newbie
Posts: 2
Joined: Sat Mar 24, 2012 2:47 pm
Town: Klerksdorp
Vehicle: 4l petrol outomayic
Real Name: Faan

Re: Katalisators op 4liter petrol

Post by Faantjies »

Petou,

Ek het 'n Vigo. Baie dankie vir jou terugvoer, ek is van Klerksdorp.

Toyx4,
Dankie vir jou hulp ek weet presies waar Pepa is.

Groete

Faan
Post Reply

Return to “General Mods”