Page 1 of 1

V8 vs v6

Posted: Thu May 18, 2017 11:17 am
by Remus
More julle.

Wil iets uitvind. Kyk die 4.0 v6 is volop, so moet ek kyk na so bakkie of moet ek n eerder n lexus v8 oorweeg? Wil graag weet van betroubaarheid teenoor konsumpsie teenoor performance. Ek weet albei is nie lig op petrol nie, wat ek wil weet is vir die kompleet pakket wat jy uit albei kan kry watter een beter gaan wees. Ek ry meer teer as grondpad of offroad, maar ek wil n ding he wat dit kan doen, ek is op die plaas so partykeer moet mens maar op n snaakse plek ry sonder dat jy beplan vir dit.

En as jy n bakkie koop wat klaar n lexus in het waarna moet ek kyk? Ek is fine daarmee om die engine te trek en te kyk dat als reg is. Vertrou glad nie mense se vakmanskap nie. Wil net weet wat die normale probleem kinders is op die conversion en hoe groot storie dit is om uit te sorteer.
Dankie.

Re: V8 vs v6

Posted: Thu May 18, 2017 12:53 pm
by pietpetoors
Ek sal eerder 'n 4l V6 suiwer van sy Ma vat as 'n 1Uz ombouing.
Krag verskil nie baie groot nie. Tussen 3 Uz en die V6 is daar darem al 'n genoeg verskil dat jy 2 keer kan dink.

Gaan kyk na die kraglewering van die verskillende Lexus V8's en as jy een met ombouing sien kyk eers of dit 1 UZ of 3UZ is.

Meganies dink ek grootste probleem is oorverhitting, die regte radiator is baie blangrik en as hy auto box het ook verkoeler vir auto box.
As hy manual box het is daar soms ouens wat bellhousings kraak en sukkel met die clutch.

Verder is die ouens se groot kopseer die management sisteem. Wonderlik as hy reg is, maar as hy nie is gaan jy 'n paar keer dorp toe en terug moet ry dat die spesialiste hom vir jou moet tune.

Re: V8 vs v6

Posted: Thu May 18, 2017 2:17 pm
by Oppies3800
As jy kyk na Lexus convertion moet jy ook kyk na diff ratios.

Sal die V6 vat

Re: V8 vs v6

Posted: Thu May 18, 2017 2:55 pm
by mcw
V6 minder kopseer

Re: V8 vs v6

Posted: Thu May 18, 2017 10:38 pm
by LouisZ
Ek het my oog op 'n Lexus 4GR-FSE engine.... :subscribed:

Re: V8 vs v6

Posted: Fri May 19, 2017 8:39 am
by george
LouisZ wrote: Thu May 18, 2017 10:38 pm Ek het my oog op 'n Lexus 4GR-FSE engine.... :subscribed:
Output is (149–158 kW; 200–212 hp) at 6,400 RPM and 24.78–26.5 kg·m (243–260 N·m; 179–192 lb·ft) at 3,800 RPM
My ou 3.4l V6 doen beter as dit.Wat mis ek?

Re: V8 vs v6

Posted: Fri May 19, 2017 8:51 am
by pietpetoors
Dalk is hulle meer beskikbaar.
'n Gewone ou 3Rz se torque is 240 Nm x 4000 rpm, amper selle as 4Gr

Re: V8 vs v6

Posted: Fri May 19, 2017 8:05 pm
by LouisZ
4GR is net 'n 2.5lt. Kleiner enjin met goeie krag. Partesal makliker wees om te kry soos Pieter noem. :thumbup:

Re: V8 vs v6

Posted: Fri May 26, 2017 3:01 pm
by GRWLR ZN
Middag Remus,
Leer nou bietjie iets by iemand wat al die vrae wat jy vra, moes gevra het voor hy gekoop het.

Ek was eintlik opsoek na n' KZ, maar kom toe af op n' late '98 3000D double cab met 1UZ non VVti conversion. Manual 4x4 met 4.855 ratio diffs. (Was wel gese dat hy D4D box in het - moes beter gekyk het) :think:

Maak toe n' deal met die wete dat ek so bietjie werk hier en daar gaan he, niks te ernstig nie - drywers seat bietjie stukkend, kort goeie valet binne, een of twee krappies op die bakwerk ,kleinigeitjies jy weet.. ..... Oh donner, jy wil nie weet nie. Na my rit van Mpumalanga tot in KZN en tweede rat is "moeilik". Ek het n' voetstoots deal gemaak, so ek besluit toe om maar net die vorige einaar in te lig dat die box moeilikheid gee, iets waaroor hy natuurlik baie verbaas was. :acute:

Gelukkig is ek self n' grease monkey en pluk toe box uit en maak oop..... dit is nog die plain ou 3000D box, dieselfde wat in die 2.4 SFA's gebruik is.(Korreksie van die ooms af?) Die box is duidelik al tien plus keer oopgemaak, met die 5de rat retaining circlip MIA -die oorsaak van die moeilike 2de rat toe. Als was net nie waar dit moes wees nie.. Ek het op genade en engen toasted sarmies die 800+ km terug gemaak huis toe. terwyl ek toe nou besig is met die box en en en besluit ek toe om deur die die bedrading te gaan hier en daar en..... jip.... jy raai reg....scary scary goed... horror stories. Nerens sleaving nie, geen heat shrink of n' druppel solder waar dit meot wees nie.....so kiepie doen toe als oor...korrek soos dit moes wees .Bou mountings vir elektriese fan en konnekteer hom reg op, so ook die hooter en AC fan. Alles werk nou mooi. :thumbup:

Maar deur als, het daai 1 uz geloop dat dit bollie, gebrul en gegrom en idle doodstil op spitronics.

Ek soek nog steeds vir n' D4D drive train. Die D4D box kan die torque van die 1uz hanteer, so ook is die ratios van die diwwe bietjie laer en sodoende beter revs.

So, wat ek wil se is dit:
as jy n' conversion koop, maak seker dat dit deur iemand gedoen is wat weet. Check bedrading waar jy kan, vat hom vir n' spin en kyk dat die revs nie te hoog loop nie. +- 2300-2700 rpm teen 120km/h is n' decent ratio.

Of , kry n' stock standard V6 en gaan van daar af.... dit is naby, maar nogsteeds twee cylinders minder...

Sal ek weer n' conversion koop.... nee, maar ek sal self een doen..

Hoop die help

Re: V8 vs v6

Posted: Thu Jun 15, 2017 5:42 pm
by 3UZ-BLOUES
HI Louis,

Om jou te kwoteer "Maar deur als, het daai 1 uz geloop dat dit *a*, gebrul en gegrom en idle doodstil op spitronics."

Watter "unit" van Spitronics het jy gebruik?

Dki

Re: V8 vs v6

Posted: Fri Jun 16, 2017 10:50 am
by LouisZ
Hannes kry 'n pre wired 1UZ of 3UZ met die oorspronklike ECu. Baie van die nuwer engins met VVti hou nie van die aftermarket Ecu's nie.

Die ouer 1UZ sonder VVti loop baie goed met die Splitronics, maar die reeks engins word skaars en parte ook.

Re: V8 vs v6

Posted: Thu Jun 22, 2017 7:31 am
by GRWLR ZN
Goeie more,

3UZ-BLOUES - hy loop op die Titan, V2.2, Advance setting.

Volgens die vorige eienaar is die heads ge flow en cams gedoen, vandaar die rede vir die advance setting.

:thumbup:

Re: V8 vs v6

Posted: Thu Jun 22, 2017 7:35 am
by GRWLR ZN
LouisZ wrote: Fri Jun 16, 2017 10:50 am Hannes kry 'n pre wired 1UZ of 3UZ met die oorspronklike ECu. Baie van die nuwer engins met VVti hou nie van die aftermarket Ecu's nie.

Die ouer 1UZ sonder VVti loop baie goed met die Splitronics, maar die reeks engins word skaars en parte ook.
My naamsgenoot is reg, gaan vir nuwer model UZ. Die non VVTi UZ's se parte raak skaars.

Re: V8 vs v6

Posted: Tue Oct 27, 2020 8:14 pm
by gtr
Ek gaan vir n 4.0

Sent from my SM-A805F using Tapatalk


Re: V8 vs v6

Posted: Thu Dec 10, 2020 3:00 pm
by Stef
Het self 2 vriende met Lexus's in SFA's....
Mountings belangrik, en moet reguit wees, Fana se custom bellhousing, die groot D4D clutch, ordentlike radiator, groter sump sodat hy meer olie vat(help met hitte)
Viscus fan (het eers elektries gehad) en OEM ECU as j kan.

VVTI kan op spitronics loop maar daar is min ouens wat weet hoe.

Sou ook se vat die V6, daai goed met 'n chip in is woes kwaad en sal die V8 'n "run for it's money" gee