Namibia trippie - Oktober 2011

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
Christiaankirsten
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 39
Joined: Fri Jul 31, 2009 6:39 pm
Town: Worcester
Vehicle: '98 Hilux 4x4
Real Name: Christiaan
Club VHF Licence: LOFTUS

Namibia trippie - Oktober 2011

Post by Christiaankirsten »

Hi,
Ek werk in Angola op n rotasie basis, en het besluit om meer van my vorige werks-trippie te maak…Ekt toe vir s.w.a.m.b.o gevra om my te kry op NoordOewer na my 7 weke in Angola, deurdat ek gevlieg het na Windhoek, en toe die Interkaap bus geneem het tot op die grens. Ek het, voor ek weg was om te gaan werk, meeste van “Roftie”(1999 IFS 3.0D – stadig maar BLERRIE betroubaar en ALTYD gewillig!) se kamp-goodies gepak. Na baie gesukkel met Angola visas ens, kry ek toe uiteindelik my vroutjie op Noordoewer, reg vir ons Namibia trippie.
Ons het eintlik niks beplan nie, tov verblyf ens, maar het ten minste n rowwe idée gehad waar ons sou uitkom tov tydsbeplanning. Ek wou regtig iets anders doen, en nie net die ‘groot nationale’ paaie ry nie, aangesien ons en roftie al kruis en dwars oor Nam was in die verlede, maar baie plekke mis gery het…. Baie van die kamp plekke was ons al meer as een keer by gewees in die verlede, maar dis baie baie goeie, bilikke, en skoon kamp plekke, en dus het ons besluit om maar weer die plekke te gaan ondersteun wat n effort maak om in n goeie kondisie te bly!!
Met die hulp van OOOOMS, het ek info oor n paar lekker koordinate en plekke gekry wat ek wou gaan bekyk het, en het toe sommer ook n SAT foon gehuur(R60/dag) aangesien ek geweet het date k net 2 spaar wiele saamry, en deurdat ons n enkel voertuig sou wees, en nie in n konfooi sou ry nie.

Hierso is n paar foto’s wat ek gou bymekaar gegooi het om maar te wys van die lekker tydjie!


In Noordoewer aangekom, he tons maar besluit om die eerste dag daar te bly. Amanzi River Trails Camp is ongelooflik mooi, baie nice mense wat die plek besit, en die toilet geriewe is mooi skoon!!

Image

Oppad na Aus, waar ons by klein Aus Vista sou oorkamp, via Rosh-Pinah, kon ons n lekker worsie opi kole gooi, natuurlik met iets virie keel ook!!
Klein Aus Vista is baie mooi, maar vir vroulief wat n groot phobia het vir alles met meer as 4 bene, was dit maar n nagmerrie!! Ons sou ook net een aand hierso oorslaap.

Image

Image

Image

Image

Image

Image


Van daar af het ons via Hermininhausen na Sosusvlei gery. Ons het maar diesel gegooi soos ons aangegaan het deur die dorpies, en maar opgestock met vleis en voggies vir die volgene paar dae verder. Dis net jammer dat die hele Namibia, selfs buite seisoen tye, al hoe duurder raak…dis verstaande met drank ens, maar bv vleis was ongelooflik duus….selfs duurder as hierso in Worcester!!....nogmals is dit n klein prys om te betaal om vakansie te gaan hou in so n mooi land!
Dit het glo 3 maande laas gereen in die Suide van Namibia, en oral staan daar nogsteeds water rond. Ons het besluit om die “meer scenic” roete te ry na Sosus, maar wat obviously bietjie meer vol klippe ens was…..en met ons luck toe natuurlik n papa band gekry.Ekt 1.7 voor, en 1.8 agter gery op die grondpaaie, maar nou ja….dis iets wat gebeur.(wens net ekt al v my n ordentlikke jack gekry, want liewe hel, kan so n stock standard 1999 model hilux jack jou laat sweet!!)
Sosusvlei was soos altyd baie mooi gewees, met gras oral na die goeie reen die afgelope jaar. Daar was ons na die Sosusvlei Canyon, en het sommer ook so n bietjie gaan fotos neem van die duine. 2 Aande hierso oorgebly.
By Sosus Camp site, ry die blerrie lang overlanding trok daarin…van Duitsland af, kaap toe glo. Hulle doen intercontinental toere, en kyk, die trok is toegerus met elke klein 4x4 overlanding gadget wat al seker ooit uitgedink was!!Saam ry omtreny 20 mense gerieflik in n A/C kajuit, en agteraan, sleep die trok die ‘hotel’ gedeelte (hence die naam – ‘Das Rolende hotel’)…10 klein cabins…seker ook flippin luuks!....dis mal om te sien waarmee die mense nie NOG mee gaan opkom nie!

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image



Van Sosus af, ry ons toe Vogelfederberg toe. By sesriem, maak ons vir onsself lekker toebbies van die oorskiet pork-belly van die vorige aand, en kry vir ons vars gebakde rolls by die local bakery. Oppad , onder in die Kuiseb-pass, neem ek n grondpaadjie was van die groot pad af wegdraai. Ek wou nog altyd gaan kyk het waarnatoe lei dit, en jis, wat n geluk! Dit lyk my dis n boer se plaaspad, maar wat, ons het op n lekker swemgat afgekom, en kon so n bietjie afkoel. Daar was visse in gewees wat gelyk het soos kurpers, maar die water was meer sout as net brak gewees, so dit was nogals snaaks om die vis in die soutwater te kon sien!
Vogelfederberg is blerrie mooi,net jammer dat die parkeraad manned it so laat agteruit gaan. Oral was flippin baie vullis, en die as-dromme was tot oorloop toe vol. Dis die enigste dag van die 14 dae weg, wat ons slegte weer gehad het, dis middag was fine, maar teen 6 uur die aand het daar n lekker suid Weste wind opgesteek, en alhoewel ons aan die Ooste kant van die rots gekamp het, was dit maar rof!Gelukkig het ons n lekker groot 3x3 Howling moon tent, en het toe sommer iets anmekaar geslaan daai aan op die gasstoof in die tent. Vroeer die dag het ek met Roftie ook tot bo-op die rots gery….moet se was heel lekker gewees!

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image


Van daar af het ons die klein entjie na Swakop toe gery, waar ons teen n belaglikke goedkoop prys in die Municipality accommodation appartments gebly het(dink dit was iets soos R350 /aand vir n 1slpk woonstelletjie). Dit was lekker skoon gewees, en sal regtig weer daar gaan bly…vir die geld is dit die prys werd! Ek het Roftie se wheel alignment en balancing gaan probeer regkry, wat maar gelol het agv die pap band wat ons gehad het. Ek noem probeer, want Dunlop Centre in Swakop weet absoluut niks van tyres af nie lyk my!!....die alignment was na dit, meer uit as wat dit was, en het toe eers weer op Springbok dit ordentlik reggemaak. Ons het die aand lekker Eis-bein’s gaan eet by Kukis-Pub, waar ons die volgende dag die Khan River Bed / Canyon wou gaan uitkyk het.
Dit was sekerlik die hoogtepunt van die trip vir my. Baie wild, en die rotsformasies was rerig iets om te sien! Daar was baie Koedoe spore in die rivierloop, veral meer na die ooste van die loop. Ons he teen hele dag daar rondgery, sover wes as tot by die swakop rivier, en toe weer Noord, tot waar die biesies en modder ons nie meer toegelaat het nie. Die aand het ons n baie lekker kamp plek vir onsgekry, in n skeur in die rots, so het koelte gehad in die laat middag en oggend. Die Volgende dag, oppad uit, het ons na die bouvalle van die ou Khan myn gaan kyk, en sommer ook so n paar meter in een van die ou skagte ingeloop…Die goed is glo nie baie stabile nie, en wou nie verder waag nie.


Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image


Van daar af het ons op beweeg Henties toe waar ons by Bucks Camping gebly het. Baie lekker, met elke staanplek wat sy eie toilet en opwas geriewe het. Die weer was redelik koellerig en mistig gewees, maar het maar in elkgeval n lyn gaan natmaak. Ons was 3 dae daar gewees, en kon darm weggaan met 3 klein kabeljoue, en n sloephaai. Die water was maar baie vuil, en onstuimig met die suid weste wind wat nie wou gaan le het nie, maar kannie kla nie – dit was lekker!! Verder het ons ook by Skubbe-bar gaan kyk hoe die Leeus toe die WP se alies geskop het, wat baie lekker was, en kon n paar koues inwerk om die oorwinning te kon vier!
Van daar af was ons oppad terug, via Spitzkoppe, en Windhoek. By Spitzkoppe was ons net vinnig ingewees,vir n paar fotos. Verder het ons vir 2 aander oorgeslaap , op n jagplaas 30km suid van Windhoek. Dis goeie vriende van my skoonpa, en die Duitse oomie en tannie was rerig baie gasvry en het baie moeite gedoen vir ons. Daar was ek rerig verbaas gewees, met die veldry vermoens van n 1980 Hilux 1.9 stout!die ou het al sy 2de laaibak op, en van koedoes en Gemsbokke en zebras laai kan jy hom niks vertel nie.Volgens my is dit nou die ware Legend!!

Ons was toe van daar af terug SA toe, waar ons by goeie vroende van ons oor gaan slap het . Ons het oorgeslaap by Okiep Country Hotel, en wat n lekker plek was dit nie!!!! BAIE gasvry mense, goeie, skoon akkomodasie, en die bar was gestock met koues!...sal verseker weer daar n draai gaan maak!! – Thanks Mellas!

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image


:yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo: :yahoo:
LOFTUS
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by OOOOMS »

Goeiste dis te pragtig....jy het my nou sommer koue rillings gegee met al sie mooi pics en trip report...... :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Bly julle het dit geniet :wink2:
User avatar
andrevt
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1465
Joined: Mon Jul 20, 2009 2:37 pm
Town: sasolburg
Vehicle: raider d4d
Real Name: andre

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by andrevt »

baie baie great dit bly maar die lewe...en pragtige fotos
ImageImageImageImageImageImage


Toyota Hilux 3.0 D4D 4x4
User avatar
Andre du preez
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 788
Joined: Tue Jul 13, 2010 5:45 pm
Town: somerset west
Vehicle: hilux 2.2
Real Name: Andre

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by Andre du preez »

Baie baie mooi dankie vir al die foto's.
User avatar
Johan Kriel
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 623
Joined: Sun Apr 26, 2009 8:41 pm
Town: Okahandja
Vehicle: 2.5 SC 4x4
Real Name: Johan kriel
Location: Okahandja

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by Johan Kriel »

Mooi man
Johan Kriel

Legend 50
User avatar
arnize2
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 743
Joined: Tue Mar 30, 2010 12:47 pm
Town: Wellington
Vehicle: 2008 Toyota Hilux 3.0 D4D D/C 4X4
Real Name: Arno
Location: Malmesbury

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by arnize2 »

Lekker Christiaan!!!! Dit is hoekom ons ons bakkies het. :thumbup: :thumbup:
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by OOOOMS »

Jammer om te hoor dit lyk nie goed by Vogel...whatever nie...... :thumbdown: :thumbdown: :thumbdown:

Het jy die klip agter die kamp area gery?

Die een:
Namibia - swakop 021 (Small).JPG
Namibia - swakop 032 (Small).JPG
Christiaankirsten
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 39
Joined: Fri Jul 31, 2009 6:39 pm
Town: Worcester
Vehicle: '98 Hilux 4x4
Real Name: Christiaan
Club VHF Licence: LOFTUS

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by Christiaankirsten »

OOOOMS wrote:Jammer om te hoor dit lyk nie goed by Vogel...whatever nie...... :thumbdown: :thumbdown: :thumbdown:

Het jy die klip agter die kamp area gery?

Die een:
Namibia - swakop 021 (Small).JPG
Namibia - swakop 032 (Small).JPG

Jip, as ek reg verstaan...maar ja, ons het van agter af op gegaan.....daar was wel plekke wat baie steiler was, maar aangesien ek nie elke naweek ou Roftie in 4x4 het nie, en nie ek of hy baaaaaaie experience in 4x4 tegniek het nie, het ons maar die maklikker roete gevolg...
LOFTUS
User avatar
TheoF
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 372
Joined: Sun Mar 07, 2010 4:02 am
Town: Mosselbaai
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D SC 4x4
Real Name: Theo Fourie

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by TheoF »

Dankie vir die mooi fotos en al jou moeite om die trip report te doen Christiaan ,ouens soos ek wat nog nooit daar was nie en nog daarvan droom, waardeer dit regtig baie .
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by jacques kotze »

Dit is darrem mooier as mooi, ek is nou so bly dat ek maar besluit het om Desember Namibie toe te gaan. Kan nie meer wag nie :thumbup: :thumbup: :thumbup: :thumbup:
User avatar
Mud Dog
Moderator
Moderator
Posts: 29857
Joined: Tue Apr 29, 2008 2:18 am
Town: East London
Vehicle: '90 SFA Hilux DC 4X4, Full OME, 110mm lift. Brospeed branch, 50mm ss freeflow exhaust. 30 x 9.5 Discoverer S/T's on Viper mags. L/R tank. (AWOL) '98 LTD 2.4 SFA, dual battery system. Dobinson suspension, LR tanks, 31" BF mud's.
Real Name: Andy
Club VHF Licence: HC103

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by Mud Dog »

Te lekker!! :thumbup:
When your road comes to an end ...... you need a HILUX!.

Image
Image

Life is like a jar of Jalapeño peppers ... what you do today, might burn your ass tomorrow.
Don't take life too seriously ..... no-one gets out alive.
It's not about waiting for storms to pass. It's about learning to dance in the rain.
And be yourself ..... everyone else is taken!
User avatar
Haboob
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2484
Joined: Thu Aug 11, 2011 9:57 pm
Town: King Williams Town
Vehicle: Hilux
Real Name: Edge
Club VHF Licence: HC129

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by Haboob »

Baie mooi, nou lus om sommer ver die naweek weg te gaan
Image
HABOOB means "Dust Storm"
Bulletjie-3
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 837
Joined: Sat Oct 16, 2010 11:00 pm
Town: Centurion
Vehicle: Hilux Raider SFA met 7M-GE engine
Real Name: Everdt

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by Bulletjie-3 »

Dankie vir jou moeite en mooi fotos, dit bly die lewe.
User avatar
luxman
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 131
Joined: Wed Nov 07, 2007 5:42 pm
Town: Hartenbos
Vehicle: SFA 2.4
Real Name: Matt
Club VHF Licence: HC194

Re: Namibia trippie - Oktober 2011

Post by luxman »

Christiaan, is dit nie lekkerder om weer terug te wees by die werk nie?
Luxman
ImageImage
Post Reply

Return to “Trip Reports”