Hilux Diefstal ?

Here we discuss Hiluxes in general. Your view of the Hilux. For other general discussions please see "open Discussions" under the "Around the Campfire" heading.
Post Reply
Deonpretorius
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 36
Joined: Mon Aug 20, 2012 6:53 pm
Town: Heidelberg
Vehicle: Hilux 3d4d Landcruiser 4.2
Real Name: Deon

Hilux Diefstal ?

Post by Deonpretorius »

Ek hoor nou as die skelms n Hilux wil steel vat hulle n stuk draad en short iets uit by die ligte of flikker lig,die alarm se drade loop blykbaar daar iewers,hoe waar is dit en wat kan gedoen word om dit te keer,want meeste van die keer kry ons nie eers n kans om die wetters te skiet nie,hul is baie goed opgelei,enige idee wat om te doen al het ek n tracker in steel wil hulle steel veral n Hilux.
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Hilux Diefstal ?

Post by CasKru »

Hulle breek soos ek verstaan die regterkantste kant flikker liggie en short hom daar uit. Die blaas dan die fuse
To God be the glory
User avatar
TOYODA
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 676
Joined: Sun Mar 11, 2012 5:26 am
Town: Pretoria
Vehicle: '89 YN67R with Ford V6 3.0
Real Name: Tiaan

Re: Hilux Diefstal ?

Post by TOYODA »

Jy kan van die op sit om te probeer keer dat hul die flikkerlig uit haal.

http://www.outbackgroup.co.za/african-o ... vigo-2005/" onclick="window.open(this.href);return false;
Attachments
A-PK-HLX1-PIC1.jpg
A-PK-HLX1-PIC1.jpg (21.85 KiB) Viewed 3053 times
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Hilux Diefstal ?

Post by CasKru »

Dink nou weer daai gaan nie werk nie. Hulle kan nogsteeds die glasie breek en met 'n skroewe draaier die punte uit short. As dit my wa was, het ek self die unit uit gehaal en die drade aan die binnekant geknip en inline fuses (baie lae rating) daar ook in gesit. Dan blaas hy eerder daai eerste fuse en die res van die stesel het dan nog krag. En as hy dink hy het hom uit geshort en die alarm gaan dan af, gaan hy sy gat afskrik (hopelik 'n hartaanval kry) en padvat
To God be the glory
User avatar
Donkey
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5132
Joined: Fri Oct 30, 2009 12:33 am
Town: Johannesburg
Vehicle: 2002 3.0KZ-TE 4x4, Eazyawn RTT, Snorkel, NudgeM Bumper, 38mm Ball Joint Spacers, 35" Maxxis Bighorns, Dastek Unichip, 60 ltr Snomaster fridge/freezer, 40mm body lift, Mikem front/rear with extended shackles, Bilsteins shox rear
Real Name: Tumelo Thebe aka Baas John
Club VHF Licence: X122

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Donkey »

Won't it help to put a smaller rated fuse on those side indicators? Reason being that fuse should blow first before the other fuse does? :think:

Also move the hooters from behind the radiator and mount them on the firewall.

PM me for another plan that really works :thumbup: (not sharing here cos it's public)
Tumelo Maketekete
Donkey, simple and often misunderstood.
We don't stop playing because we grow old, but we grow old because we stop playing!

2002 - 3.0KZ-TE Toyota Hilux (Letebele)
1994 - 1.6i Gl Toyota Corolla (Platkar)
1990 - Gli TwinCam 16v (ZuluBoy)

ImageImage
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: Hilux Diefstal ?

Post by grobbepj »

CasKru wrote:Dink nou weer daai gaan nie werk nie. Hulle kan nogsteeds die glasie breek en met 'n skroewe draaier die punte uit short. As dit my wa was, het ek self die unit uit gehaal en die drade aan die binnekant geknip en inline fuses (baie lae rating) daar ook in gesit. Dan blaas hy eerder daai eerste fuse en die res van die stesel het dan nog krag. En as hy dink hy het hom uit geshort en die alarm gaan dan af, gaan hy sy gat afskrik (hopelik 'n hartaanval kry) en padvat
Great idee. Dis vanmiddag ek en die drade. Enige iets wat kan help is die moeite werd om die trokkie te hou.
User avatar
Donkey
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5132
Joined: Fri Oct 30, 2009 12:33 am
Town: Johannesburg
Vehicle: 2002 3.0KZ-TE 4x4, Eazyawn RTT, Snorkel, NudgeM Bumper, 38mm Ball Joint Spacers, 35" Maxxis Bighorns, Dastek Unichip, 60 ltr Snomaster fridge/freezer, 40mm body lift, Mikem front/rear with extended shackles, Bilsteins shox rear
Real Name: Tumelo Thebe aka Baas John
Club VHF Licence: X122

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Donkey »

Replied
Tumelo Maketekete
Donkey, simple and often misunderstood.
We don't stop playing because we grow old, but we grow old because we stop playing!

2002 - 3.0KZ-TE Toyota Hilux (Letebele)
1994 - 1.6i Gl Toyota Corolla (Platkar)
1990 - Gli TwinCam 16v (ZuluBoy)

ImageImage
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Hilux Diefstal ?

Post by ThysdJ »

Die flikkerlig se drade het niks met die alarm se afgaan te doen nie. Dit werk so. Wanneer die alarm afgaan gebeur 2 goed.. die alarm hooter begin bler en die hazards gaan aan... Sodat omstanders dadelik kan sien waar die bler vandaan kom...

Die ouens het slim geraak... Hulle short die flikkerligte uit, en knip die alarm hooter se drade (of trek dit uit of breek dit af). Dan breek hulle in die kar in. Die alarm gaan nog steeds af, maar sy bek is mos nou stilgemaak en niemand hoor nie. Die eerste keer dat die hazards aangaan fuse die flikkerligte, wat beteken die alarm is nog steeds ge-aktiveer maar niemand kan dit hoor nie, en die hazards flikker nog steeds maar niemand kan dit sien nie.

Met die dat al die "aandagtrekkers" stilgemaak is het hulle nou tyd om die ECU om te ruil en met hulle eie transponder sleutel die kar te start en weg te ry... En dit vat hulle nie meer as 3 minute nie.. :silent: :silent: Bliksems!! :banned: :banned:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Hilux Diefstal ?

Post by pietpetoors »

In daardie geval is dit nie dan wys om die ecu te skuif weg van die standaard posisie en iets met die plug te doen dat hulle hom nie kan uitprop om hulle eie een in te prop nie
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: Hilux Diefstal ?

Post by grobbepj »

pietpetoors wrote:In daardie geval is dit nie dan wys om die ecu te skuif weg van die standaard posisie en iets met die plug te doen dat hulle hom nie kan uitprop om hulle eie een in te prop nie
Donkey's plan on PM will still work...
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Hilux Diefstal ?

Post by ThysdJ »

Ek het erens gelees van 'n ECU-cage wat jy rondom die bestaande ECU vasbout sodat hy nie verwyder kan word sonder redelik baie moeite nie... Kan nou nie onthou waar nie. Ek het daai navorsing gedoen verlede jaar voor ek die Brood bakkie gekoop het.. :think: :think: :think:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
Mylux
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 530
Joined: Fri Jul 13, 2012 9:19 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: 4.0L V6 Vigo 4x4
Real Name: Greg
Club VHF Licence: HC249

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Mylux »

Hi Thumelo,
PM sent
Thanks
Greg
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: Hilux Diefstal ?

Post by grobbepj »

ThysdJ wrote:Ek het erens gelees van 'n ECU-cage wat jy rondom die bestaande ECU vasbout sodat hy nie verwyder kan word sonder redelik baie moeite nie... Kan nou nie onthou waar nie. Ek het daai navorsing gedoen verlede jaar voor ek die Brood bakkie gekoop het.. :think: :think: :think:
Ek het hierdie cages by n vriend gesien met n fortuner. Jy kry dit by toyota self maar net vir die vigo (as ek reg is post 2005) hiluxes en fortuner en nie vir die pre 2005 modelle. Dit kos so R1200 om te installerr en kom met n sensor wat optel as die bonnet oopgemaak word. Dit sny dan die hele kar uit op een of ander manier. Het nou by toyota gestop en gehoor maar hul kan nie help op die legend 35 en vroeer ni :(
User avatar
Mylux
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 530
Joined: Fri Jul 13, 2012 9:19 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: 4.0L V6 Vigo 4x4
Real Name: Greg
Club VHF Licence: HC249

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Mylux »

Hi Thys,
This is what you must be refurring to, found on the Fortuner forum.

http://www.fortuner4x4fans.co.za/forum/ ... the-alarm/" onclick="window.open(this.href);return false;

Cheers
Greg
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Hilux Diefstal ?

Post by ThysdJ »

Thats the one Greg!! :thumbup: :thumbup:

Die pre 2005 (IFS) legend 35 hiluxe word nie op dieselfde manier gesteel nie.. :think: :think:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
User avatar
WayneSchalk
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2139
Joined: Mon Feb 09, 2009 10:22 am
Town: Krugersdorp
Vehicle: 2019 Toyota Hilux 2.8 GD-6 4X4 DC Auto
Real Name: Wayne
Club VHF Licence: X117

Re: Hilux Diefstal ?

Post by WayneSchalk »

Nou wat baie lerer werk bo op daardie ECU box is so paar stukkies lemmetjies draad, hulle buig mos die bonnet oop en steek hul hand daar in. Dalk is jy gellukkig en kry die wetter aan die kar hang, en so kan jy hom vir 'n spin vat........ :twisted:
Mars
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1484
Joined: Mon May 07, 2012 12:33 pm
Town: Pretoria
Vehicle: Toyota Hilux Dakar 2.8 GD-6 DC 4X4
Real Name: Marnus
Location: Pretoria Oos
Contact:

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Mars »

Hi Tumelo
You have a PM
User avatar
Mylux
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 530
Joined: Fri Jul 13, 2012 9:19 pm
Town: Roodepoort
Vehicle: 4.0L V6 Vigo 4x4
Real Name: Greg
Club VHF Licence: HC249

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Mylux »

Ja Wayne, I suppose a Hilux with HIV infected blood all over the passenger well carpet is better than no Hilux :lol: :lol: :lol:
User avatar
TOYODA
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 676
Joined: Sun Mar 11, 2012 5:26 am
Town: Pretoria
Vehicle: '89 YN67R with Ford V6 3.0
Real Name: Tiaan

Re: Hilux Diefstal ?

Post by TOYODA »

Anders moet jul maar die 3.0 D4D verkoop en 'n 4.0 V6 koop.
Die engine pas nie in 'n taxi nie en die goed is so swaar op sous, niemand will dit steel of hê nie... :lol:
User avatar
Rebel 4x4
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1655
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:28 pm
Town: Port Elizabeth
Vehicle: 2020 Toyota Fortuner GD-6 4x4 Auto
Real Name: Thomas
Location: Port Elizabeth

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Rebel 4x4 »

Ek wil so graag 'n hilux koop, maar sal kyk of die nuwe model dalk beter "affirmative repossessed" friendly is.
Sent from my iPhone
Image
Image
Huismoeles
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 794
Joined: Sat Feb 09, 2013 4:46 pm
Town: Bellville
Vehicle: V8 Disco 1
Real Name: Dirk

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Huismoeles »

Ek stem saam toyoda
:cooldude:
User avatar
WiJoSt
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 75
Joined: Fri Nov 09, 2012 3:21 pm
Town: Rietkuil -Middelburg Mpumalanga
Vehicle: 1988 Toyota D/C Hilex 4x4
Real Name: Wian

Re: Hilux Diefstal ?

Post by WiJoSt »

Het die in 'n koerant berig gesien. Gedink moet dit hier deel.
Motordiefstal met VIN nommer besonderhede

Die motordief kyk deur u motor se voorruit en skryf die VIN nommer wat op die lisensieskyfie of die registrasieplaatjie wat in die motor vasgeheg is, neer. Die skurk gaan na die motorhandelaar en bestel ’n duplikaat sleutel wat beskikbaar is volgens die VIN nommer.

Die motorvervaardigers Chrysler Dodge, GM en Ford, het bevestig dat ’n duplikaat sleutel volgens die VIN nommer bekom kan word.

Die motorhandelaar se onderdele afdeling, kan dikwels ’n duplikaat sleutel op aanvraag voorsien indien die VIN beskikbaar is.

Die motordief hoef dus nie by ’n motor in te breek nie. Al wat hy/sy hoef te doen is om die motor oop te sluit, in te klim, aan te skakel en weg te ry.

’n Praktiese manier om bogenoemde te voorkom, is om ’n stukkie maskeerband, elektriese isolasieband of mediese band oor die VIN nommer te plak.

Volgens wet mag die VIN nommer nie verwyder word nie, maar die wet verhoed u nie om die nommer te bedek nie.

U word dringend vermaan om die inligting met familie en vriende te deel.
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Hilux Diefstal ?

Post by ChrisF »

ThysdJ wrote:Die flikkerlig se drade het niks met die alarm se afgaan te doen nie. Dit werk so. Wanneer die alarm afgaan gebeur 2 goed.. die alarm hooter begin bler en die hazards gaan aan... Sodat omstanders dadelik kan sien waar die bler vandaan kom...

Die ouens het slim geraak... Hulle short die flikkerligte uit, en knip die alarm hooter se drade (of trek dit uit of breek dit af). Dan breek hulle in die kar in. Die alarm gaan nog steeds af, maar sy bek is mos nou stilgemaak en niemand hoor nie. Die eerste keer dat die hazards aangaan fuse die flikkerligte, wat beteken die alarm is nog steeds ge-aktiveer maar niemand kan dit hoor nie, en die hazards flikker nog steeds maar niemand kan dit sien nie.

Met die dat al die "aandagtrekkers" stilgemaak is het hulle nou tyd om die ECU om te ruil en met hulle eie transponder sleutel die kar te start en weg te ry... En dit vat hulle nie meer as 3 minute nie.. :silent: :silent: b******s!! :banned: :banned:
so die doel is om "aandag te trek" wanneer die vullis krap aan ons Hilux ....

Sit nou hierby dat die Hilux hooters het op TWEE plekke:
1) Een langs die brake booster - dis NIE die alarm nie !! Dis die buzzer vir deure sluit ens ...
2) Die standaard hooter voor by die radiator - DIT is die alarm ! Hulle kom die drade by deur die gril en STIL is jou wa ...
{ontkoppel die buzzer langs die brake booster, sit die alarm aan en maak die deur oop ... dan sien jy watter een is die alarm}

Moontlike oplossing -
Skuif die hooters weg van die radiator af, na n posisie waar die gemors dit nie kan bykom nie
vervang die sagte hooters met mini-air horns ... :) :) NOU trek jy aandag ....
Sal ook help om die hooter drade "weg te steek" so ver as moontlik ...
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Hilux Diefstal ?

Post by ChrisF »

WiJoSt wrote:Het die in 'n koerant berig gesien. Gedink moet dit hier deel.
Motordiefstal met VIN nommer besonderhede

Die motordief kyk deur u motor se voorruit en skryf die VIN nommer wat op die lisensieskyfie of die registrasieplaatjie wat in die motor vasgeheg is, neer. Die skurk gaan na die motorhandelaar en bestel ’n duplikaat sleutel wat beskikbaar is volgens die VIN nommer.

Die motorvervaardigers Chrysler Dodge, GM en Ford, het bevestig dat ’n duplikaat sleutel volgens die VIN nommer bekom kan word.

Die motorhandelaar se onderdele afdeling, kan dikwels ’n duplikaat sleutel op aanvraag voorsien indien die VIN beskikbaar is.

Die motordief hoef dus nie by ’n motor in te breek nie. Al wat hy/sy hoef te doen is om die motor oop te sluit, in te klim, aan te skakel en weg te ry.

’n Praktiese manier om bogenoemde te voorkom, is om ’n stukkie maskeerband, elektriese isolasieband of mediese band oor die VIN nommer te plak.

Volgens wet mag die VIN nommer nie verwyder word nie, maar die wet verhoed u nie om die nommer te bedek nie.

U word dringend vermaan om die inligting met familie en vriende te deel.
NIE waar nie.

die nuwe sleutel EN die voertuig moet by die handelaar wees om te programeer.



PS - die stupid epos het sy oorsprong by "Gone in 60 seconds"
User avatar
jacques kotze
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 3616
Joined: Mon Jan 05, 2009 8:51 am
Town: Nelspruit
Vehicle: 2,8 4x4 Auto Fortuner. 2,8 4x4 Hilux singlecab.
Real Name: Jacques
Contact:

Re: Hilux Diefstal ?

Post by jacques kotze »

Rebel 4x4 wrote:Ek wil so graag 'n hilux koop, maar sal kyk of die nuwe model dalk beter "affirmative repossessed" friendly is.
Die Vigo was ook nie groot op die kriminele se lys nie tot die taxi's begin klaar raak en hulle enjins begin kort. Die nuwe een sal seker maar die selfde wees.

As Toyota net uit hulle foute wil leer sal dit help, die tyd toe die SFA modelle so erg gesteel was, was omdat die HI-ACE bussies op dieselfde onderstelle geloop het, nou loop die Quantum met dieselfde enjins as die Vigo in die 2,7 vvti en in n mindere mate die 2,5 d4d.

As Toyota net die Quantum en die Vigo maak dat hulle op geen manier ooreenstem nie sal dit ons help. Al wat ek weet is dat hoe ouer die Quantums raak en meer onderdele beign kort hoe meer gaan hulle ons bakkies steel, so die "crunch" time kom nog.

Dis nou al hoeveel jaar en daar is nog steeds HI-ACE taxi's in die platteland op die pad, daai goed kort spares.

Die 3,0 d4d's is weer op aanvraag in Mosambiek en Namibie, so daai is weer n ander rede vir die probleem. :frustrated:
User avatar
Kimifan
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 26
Joined: Wed Oct 03, 2012 3:48 pm
Town: Vaalpark
Vehicle: Hilux Legend 40 4x4 S/C
Real Name: Lucian

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Kimifan »

Dit is hoekom die nuwe hilux se flikkerligte in die spieeltjies sit. Toyota verkoop die hilux security kit vir R650 (sonder installation) wat basies net die staal boksie om die drade is sodat hulle dit nie kan knip nie plus die penetjie wat jou alarm laat afgan as die bonnet bietjie gelig word as hulle hom met n gwala sou wou oop maak aan die kant om by die drade te kom.
Legend 40 S/C 4x4, 40mm lift kit, KC hilites spots, Safari snorkel, BFG Mud terrains, Escape gear seat covers, Chip box
isakpretorius
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 11
Joined: Wed Jun 26, 2013 10:45 am
Town: Johannesburg
Vehicle: Hilux
Real Name: Isak

Re: Hilux Diefstal ?

Post by isakpretorius »

Eish!
Bacchus
High Range 2WD
High Range 2WD
Posts: 14
Joined: Tue Nov 11, 2008 10:41 am
Town: Stellenbosch
Vehicle: Hilux D/C, 3.0 D-4D, 4x4
Real Name: Peet

Re: Hilux Diefstal ?

Post by Bacchus »

As jy 'n na-2005 model het is dit die beste om met jou handelaar te gesels. Daar was al verskeie promosies uit - hulle het in my 2008 model die ECU-cage gratis geïnstalleer. Op van die nuwer modelle het hulle ook onlangs die staalboksie met die alarmknop gratis geïnstalleer. Hulle kyk na jou VIN nr op die stelsel waarvoor jy kwalifiseer.
Post Reply

Return to “General Hilux Discussions”