Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Discuss anything here as long as it is clean. Having a hard time with your Skoonma, tell us about it here, or discuss the Rugby. Whatever you feel like talking about.
Post Reply
User avatar
Masekind
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1235
Joined: Mon Feb 18, 2013 11:41 am
Town: Lichtenburg
Vehicle: 2005 Hilux 4x4 v6, LR tank, ARB Bumper. (iJzer)
Real Name: Drikus
Location: Lichtenburg

Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Masekind »

Ek wil graag hoor wat se brandblussers gebruik julle en waar sit julle dit sodat jy dit maklik kan kry as as iets gebeur
Ek het vir my 1 van die stokkies gekoop 25sec, het dit gekoop want hy vat min plek en hoef nie gediens te word nie maar weet nie waar om hom te sit nie.
Attachments
DSC04802.jpg
DSC04802.jpg (22.91 KiB) Viewed 2095 times
Last edited by Masekind on Fri Jan 09, 2015 11:11 am, edited 1 time in total.
If you don’t build your dreams someone else will hire you to build there’s
Image
User avatar
Borntofish
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 996
Joined: Fri Mar 07, 2008 7:41 am
Town: Johannesburg
Vehicle: Hilux 86
Real Name: Werner

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Borntofish »

Gewone 1kg blusser, by die agter deur langs die sitplek.
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by CasKru »

Ek het 2 x 1kg blussers elk langs die voorste sitplekke tussen die sitplek en deur.

Dan het ek 'n 5kg (as ek nou reg onthou) agter in die hoek agter die agter sitplek.

Daai een op jou fodie.... wat ek nie van hulle hou nie (na 'n demo wat ek gesien het waar die wind lekker gewaai het) is hy gebruik stikstof (gas) om die vuur te blus. So as daar sterk wind waai gaan jy baie sukkel om die vuur te blus. Die gewone brandblussers (poeier), alhoewel hulle 'n gemors van wit poeier agter los, smoor die vuur makliker oordat daai wit poeier die vuur smoor van suurstof en die wind waai dit minner maklik weg.

m2cw
To God be the glory
User avatar
Umpalumpa
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 355
Joined: Tue Feb 26, 2013 2:34 pm
Town: Jacobsbay
Vehicle: Hilux 3.0 D-4D DC, 4x4=16
Real Name: Jacques
Club VHF Licence: HC305

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Umpalumpa »

Ek het een agter in bak, by die hoek vas met velcro. 1kg DCP
Dan 1 in die cab. Ook DCP. As hulle verval of moet gediens word dan koop ek nuwes. Goedkoop genoeg
Just a guy with a passion for 4x4.....
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by pietpetoors »

Ek het eendag 'n Porche se brand geblus wat langs die N1 vlam gevat het. Dit het nog net by die enjin gebrand. EK het baie braaf uitgespring en met my 1Kg blusser na die kar gehardloop. Ag shame, daai blussertjie was so gou leeg, die vlamme het nie eers geweet van hom.
Gelukkig was daar 'n besigheid se gebou langs die pad en die wagte het begin brandblussers aangee.
Ek het nog een van daai grooooooooot blussers leeg gespuit , maar vlamme was nog nie weg nie. Toe spuit ek 'n 2de groot een halfpad leeg en die vlamme was toe eers weg.

Nou die dag het 'n Jetta voor ons Langebaan winkel vlam gevat. Dit was sommer baie in die begin fase. Ek het ons groot brandblusser in die winkel gaan haal en moes die helfte van hom uitspuit voor daai vlammetjie vrek was.

So ja, daai klein goedjies help as jy kos maak en jy sien iets vat vlam en jy blus dit dadelik, maar as my kar vrek en ek sien daar is reeds 'n brand in die enjinkompartement en ek het net die klein blussertjies, dan sal ek eerder my tyd spandeer om my ander waardevolle goedjies (en die gasbottels) uit die voertuig te haal.

'n Probleem met jou poeierblussers is ook dat die poeier onder in die blusser hard word.
Al het hy gas in moet hy maar gereeld gediens word, of skud die ding een keer per maand goed sodat die poeier los kan bly. Veral ons wat baie grondpad ry, dit maak dat die poeier kompakteer aan die onderkant. Dit is waar ek nou weer eerder daai stokkie ding verkies.
Ek het so stokkie binne in die bakke en 'n 1Kg agter in die kappie , vir wat dit werd mag wees.

Langs die agtersitplek, op die grond, tussen deur en sitplek, is lekker gaatjie vir daai stok.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
Masekind
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1235
Joined: Mon Feb 18, 2013 11:41 am
Town: Lichtenburg
Vehicle: 2005 Hilux 4x4 v6, LR tank, ARB Bumper. (iJzer)
Real Name: Drikus
Location: Lichtenburg

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Masekind »

Baie dankie vir die info het nog nie die stokkie in aksie gesien nie maar wil hom ook nie toets nie :laugh2:
If you don’t build your dreams someone else will hire you to build there’s
Image
User avatar
pietpetoors
Moderator
Moderator
Posts: 10650
Joined: Thu May 17, 2007 9:12 pm
Town: Langebaan
Vehicle: 2.7 Hilux 4x4 DC
Real Name: Pieter
Club VHF Licence: X27
Contact:

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by pietpetoors »

Soek op Youtube , daar is videos wat dit wys, ek het hom self ook nog nie gebruik nie.

Ek dink hy gaan baie goed werk vir enjinruim brande, jy kan hom aansteek, indie enjinruim indruk en die enjinkap toemaak sodat die hele area met die gas gevul kan word.
Only Dead Fish Go With The Flow!
Image
1999 Hilux 2.7i 4x4 Raider DC with 3.4 Prado V6. Rear diff-lock, Bull Bar and rock sliders, 31" Cooper ST Maxx, Snorkel, Alu-Canopy, VHF Motorolla radio, West Coast Rust, Mikem Suspension, Ball Joint Spacers in front and Mikem extended shackles at the rear, 25watt LED Spots
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by CasKru »

pietpetoors wrote:Soek op Youtube , daar is videos wat dit wys, ek het hom self ook nog nie gebruik nie.

Ek dink hy gaan baie goed werk vir enjinruim brande, jy kan hom aansteek, indie enjinruim indruk en die enjinkap toemaak sodat die hele area met die gas gevul kan word.
Dan kan jy hom ook sommer eerder van onder af spuit sonder om die enjin kap oop te maak die die vuur nog lug te gee :twisted:
To God be the glory
User avatar
Masekind
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1235
Joined: Mon Feb 18, 2013 11:41 am
Town: Lichtenburg
Vehicle: 2005 Hilux 4x4 v6, LR tank, ARB Bumper. (iJzer)
Real Name: Drikus
Location: Lichtenburg

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Masekind »

dankie nog nooit so aan dit gedink nie
If you don’t build your dreams someone else will hire you to build there’s
Image
User avatar
Borntofish
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 996
Joined: Fri Mar 07, 2008 7:41 am
Town: Johannesburg
Vehicle: Hilux 86
Real Name: Werner

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Borntofish »

of skud die ding een keer per maand goed sodat die poeier los kan bly
My ou SFA ry hard genoeg, ek dink nie dit is nodig nie :evil: :evil:
User avatar
Hilux 1
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 4125
Joined: Tue Sep 28, 2010 2:24 pm
Town: Brackenfell
Vehicle: 2011 Raider 4x4 Double cab 4.0 V6
Real Name: Tertius
Club VHF Licence: HC137

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Hilux 1 »

Ek moet se ek ry n 2,5kg rond langs my agter seat. ek het al n FORD Escourt geblus, hy het sommer lekker gebrand ook - die airfilter het gesmelt en so gedrip op die grond, maar die 2,5kg het gewerk. Hy was nie eens heeltemal leeg nie. Geheim is kry die oorsprong van die vuur en vat dit vandaar. m2cw
User avatar
ChrisF
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 8188
Joined: Thu Sep 17, 2009 2:56 pm
Town: inniedorp
Vehicle: Toy
Real Name: Chris

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by ChrisF »

JIP, minder as n 4,5kg blusser is ongelukkig NIE veel werd nie.

MAAR om 4,5kg VAS te hou wanneer jy trails ry is NIE maklik nie ...


En dan daai poeier wat vas pak, EN onthou die druk ook nie verewig nie. Het juis n 2,5kg een hier langs my wat nie meer druk op die meter wys nie, en dit was nog nooit gebruik nie.


Daar IS n groot mark vir ORDENTLIKE blusser HOUERS - amper soos daai wat jy op die petrol tenkers sien ... n lekker staal bracket - PIETER hoe lyk dit ? :)



Ek het nou een van daai stokkies net onder my sitplek, en dan ook een agter in die bakkie.


JIP, sal ook maar net aansteek en in die voertuig sit en TOEMAAK sodat daai gas kan probeer werk ....
User avatar
Jaans
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 504
Joined: Sun Nov 21, 2010 4:39 pm
Town: Benoni
Vehicle: 2005 4L V6 DC Hilux; Pajero Sport 2.5 4x4 M/T
Real Name: Johannes

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Jaans »

Ek het twee 1kg blussers een by die agtersitplek en een agter in die kappie.

Ek het op n stadium gelees in een van die tydskrifte die brandblusser moer regop staan en nie plat le nie want die poeier gaan le al aan die kan en as jy dit wil gebruik kom daan net gas uit was die vuur aanhelp. Kan een van julle dit bevestig of dit so is? Dit is baie makliker om die brandblusser plat te monteer as regop.
1 Kor 1:18 " Die boodskap van die kruis van Christus is wel onsin vir die wat verlore gaan, maar vir ons wat gered word, is dit die krag van God."
User avatar
Cleaner
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1619
Joined: Wed Jan 25, 2012 11:37 am
Town: Johannesburg
Vehicle: Toyota Hilux 4l V6 4x4 Auto
Real Name: Ernst
Club VHF Licence: X31
Location: NorthGate

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Cleaner »

Ek moes self eendag my Ford Bantam 1600 red. Steering Hydraulic pyp het gebars en fluid op die manifold gespuit. Vandag is ek maar net te dankbaar ek het 'n 1kg poeier brandblusser by my gehad. Dit het my bakkie defnitief gespaar!

Ek het 'n 1kg wat ek op 'n bracket aand die binnekant van my rollbar vasgemaak het. Geen canopy so jy kan hom maklik bykom. Eers gedink hy sal vinnig gesteel word, of even dalk net afgehaal en leeg gespuit word, maar hy is nou al 'n jaar daar en nog niemand het hom gepla nie.
ImageImageImage
Image
"Every loaf of bread is tragic story of grains that could've become beer, but didn't. - Walter Thornburgh"
"The best cure for Sea Sickness, is to sit under a tree. - Spike Milligan"
User avatar
Masekind
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1235
Joined: Mon Feb 18, 2013 11:41 am
Town: Lichtenburg
Vehicle: 2005 Hilux 4x4 v6, LR tank, ARB Bumper. (iJzer)
Real Name: Drikus
Location: Lichtenburg

Re: Brandblussers wie gebruik wat en waar sit jy dit?

Post by Masekind »

Dankie vir die info
If you don’t build your dreams someone else will hire you to build there’s
Image
Post Reply

Return to “Open Discussion”