Bande druk

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
wim
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 668
Joined: Mon Jul 14, 2008 10:54 pm
Town: Vryheid
Vehicle: 95 hilux d/c Hilex
Real Name: Wimpie Van Der Vyver

Bande druk

Post by wim »

Wat is die ideale druk wat ek my 33" bande moet pomp as ek n bietjie gaan speel. Ek ry gewoonlik met hulle op so 1.8 en blaas hulle dan af na 1 en dit voel nie na veel van n verskil nie
ImageImageImage
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Bande druk

Post by ThysdJ »

Die regte banddruk vir die regte kondisies is baie belangrik. Mens moet maar kyk na die terrein en op/afblaas soos dit nodig is. Verskillende soorte bande gaan ook beter loop oor dieselfde terrein met meer/minder lug in as ander. :? :?

As 'n gemiddelde is jy nie ver van verkeerd verkeerd met 1 bar van die pad af nie, maar speel bietjie heen en weer om agter te kom watter banddruk werk beste vir jou. :twisted: :twisted:

Op teer ry ek met bande op 2.2 gepomp. Dit verminder die rolling resistance van die band en dan ook sommer die brandstofverbruik... :shock: :twisted: :shock:

Op skerp klippe moet jy nie die bande te veel afblaas sodat die sidewalls onnodig exposed is nie, en op sand kan jy tot so min as 0.5 gaan op jou agterwiele en 0.6 op die voorwiele.. Kaspaas klim serious sandduine met sy wiele so afgeblaas.. :twisted: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
legend35
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 2075
Joined: Sat Jan 19, 2008 4:23 pm
Town: Springs
Vehicle: Hilux 2700i
Real Name: Johan
Club VHF Licence: HC262
Location: Selection Park

Re: Bande druk

Post by legend35 »

Ek het nog nooit my bande afgeblaas nie,en nie te sleg gevaar nie.miskien moet ek dit bietjie doen dan gaan ek nog beter doen.
2004 Hilux 2700i 4x4 Legend 35
ImageImageImageImage
Cowley branch and freeflow,long range tank,dual battery system,home made front and rear bumpers.
wim
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 668
Joined: Mon Jul 14, 2008 10:54 pm
Town: Vryheid
Vehicle: 95 hilux d/c Hilex
Real Name: Wimpie Van Der Vyver

Re: Bande druk

Post by wim »

Danlie Thys . Ek het so n ruk terug n 4x4 kursus bygewoon en die ou het klem daarop gele dat banddruk baie belangrik is.Hy het ook verduidelik van die grooter spoor wat n pap of sagte band los.Ek verstaan ook die gevaar van n sagte band as dit kom by klippe. Maar ek sal maar so n bietjie met die drukking speel.
ImageImageImage
User avatar
CasKru
Moderator
Moderator
Posts: 23956
Joined: Tue Dec 04, 2007 11:52 am
Town: Benoni
Vehicle: '94 Hilux Raider 2.4i (22RE) DC 4x4
Real Name: Cassie
Club VHF Licence: B15
Location: Rynfield

Re: Bande druk

Post by CasKru »

Hier is min of meer 'n indikasie van goeie practice:

Teerpad - Normale druk (2 to 2.1 bar)
Grondpad - Normale druk minus 15% (1.7 bar)
Rotse - Normale druk minus 20% (1.6 bar)
Modder - Normale druk minus 25 - 30% (1.4 bar)
Sand - Normale druk minus 50 - 60% (0.8 bar)

Hoe kleiner die band hoe meer druk is nodig vir dieselfde drae vermoë as 'n groter band.
m2cw
To God be the glory
BenHur
Monster Truck
Monster Truck
Posts: 5906
Joined: Fri May 18, 2007 7:12 pm
Town: Pretoria
Vehicle: '96 D/C Raider
Real Name: Bennie
Location: Doornpoort

Re: Bande druk

Post by BenHur »

wim wrote:Danlie Thys . Ek het so n ruk terug n 4x4 kursus bygewoon en die ou het klem daarop gele dat banddruk baie belangrik is.Hy het ook verduidelik van die grooter spoor wat n pap of sagte band los.Ek verstaan ook die gevaar van n sagte band as dit kom by klippe. Maar ek sal maar so n bietjie met die drukking speel.

Onthou et een ding met klippe is daar twee kante van 'n saak om na te let. Soos Thys gesê het word jou sidewall 'n risiko as dit by knyp kom maar hier is die maak/tipe band wat jy gebruik vs jou voertuig s gewig die bepalende faktor. Ek het onlangs weer gesien hoe hard Khumo se wande is, jy kan hulle lekker pap maak sonder dat hulle meegee.

Loer altyd na die boep pensie wat jou band maaak. As hy vinnig boep pens dan kan jy nie te sag gaan nie maar as hy teen se 1.5 of 1 bar nog nie 'n baie groot boep stoot nie is hy nog veilig dat hy nie sal knyp nie.

Die ander kant van die coin is so. Hoie harder jou bande hoe makliker beskadig klippe die loopvlak. Dink aan dit so: Watter ballon gaan jy die maklikste stukkend druk, die een wat kliphard geblaas is of die een wat half papperig is. Ek het gesien waar my bakkie se bande op 'n spesifieke klipperige trail niks oorgekom het nie op 1 bar en later toe ek weer aar ry en nie 'n pomp byderhand gehad het nie het ek stukkies rubber van die punte van die nobbies afgebreek waar ek oor dieselfde skerp klippe gespin het.
wim
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 668
Joined: Mon Jul 14, 2008 10:54 pm
Town: Vryheid
Vehicle: 95 hilux d/c Hilex
Real Name: Wimpie Van Der Vyver

Re: Bande druk

Post by wim »

Dis vir my belangrik om mooi na die bande te kyk ,die goed is duur.Ek het n stel 33" Goodjear wranglers wat die lux se dans skoene is vir die res van die tyd ry ek met 31"cooper radial ast bande ,hulle is van die teer af regte superslip no grip bande
ImageImageImage
User avatar
ThysdJ
Moderator
Moderator
Posts: 16587
Joined: Wed Oct 24, 2007 7:31 am
Town: Brackenfell
Vehicle: 2010 Hilux D4D 3.0 D/C 4x4
Real Name: Thys
Club VHF Licence: HC102
Location: Brackenfell
Contact:

Re: Bande druk

Post by ThysdJ »

Met die 33" MTR dansskoene kan jy maar lekker afblaas ( 0.8 ) op enige terrein want hulle sidewalls boep-pens nie sommer nie. As jy mooi na hulle kyk sal hulle jou lank hou.. Kaspaas se skoene loop nou al oor die 40 000 km's en is lyk sommer nog mooi... :twisted: :twisted: :twisted:
Thys de Jager
CEO and Refreshments Manager at Team Offroad.

2010 Hilux 3.0 D4D D/C 4x4 with GOMAD "Brood" Canopy. Tripod.
1997 Jeep Wrangler TJ 4.0 Sport. The original SFA. AGA... Gooi kole
email: thys@teamoffroad.co.za

Like Team Offroad on Facebook...
Knersus
LR 4WD Rear Locker
LR 4WD Rear Locker
Posts: 322
Joined: Tue Jun 26, 2007 10:33 am
Town: Kathu
Vehicle: 2.4 Hi Lux 4x4 DC 95'
Real Name: Eben
Club VHF Licence: ZS3EP
Location: Kathu

Re: Bande druk

Post by Knersus »

Hier in die Kalahari is daar sommige boere wat reken jy blaas die band heeltemal af en dan pomp jy hom net 'n bietjie. Dan loop hy enige plek en duin. :shock: Wel my opinie is soos wat Cassie verduidelik het en as die sand moeilik is gaan ek soms tot 0.5 bar op die bande. Die moeilikheid is egter dat die band kan afdruk van die rim af maar in sand is ek nie bang om af te blaas nie.
Eben Pienaar
2.4 Hi Lux 22R 95'
Codan HF radio; Kenwood VHF Hi band; Tait VHF midband; Snorkel; OME suspension; Diff lock on next shortlist. Dis lekker om 'n mens te wees....Jy moet net 'n lekker mens wees
User avatar
Bfreesani
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 176
Joined: Thu Jan 10, 2008 7:31 am
Town: Roodepoort
Vehicle: Nissan Sani 2.7TD
Real Name: David

Re: Bande druk

Post by Bfreesani »

My Firestone ATX's het sidewall skade gekry en na 10000km moes ek hulle weg gooi. Laaste nootlottige skade was die klip bank by De Wildt. Toe ek die sny sien, toe haal ek die volgende dag sommer die band af want hy het my bang gemaak. KL71's op gesit en al het hulle nou al 'n sny of twee opgetel, is hulle sterk. EK ry hulle 220Kpa op teer en algemeen offroad op so 130. Self my trip af Kaap toe op die grond pad, het ek op 150 gery, en selfs die keer wat vroulief vergeet het om 4WD te gaan, het die Sani lekker hanteer teen 100-130 op die grond. EK het probeer teen 200 in 4wd, maar 150 in 2wd voel beter. Ook sagter op die DVD speeler teen 150 :roll:
Later....
David
Hillbilly
Image
Post Reply

Return to “The Workshop”