3 Provinsies 25,26 April

Need some information for an upcoming trip or have questions about a camping site, etc, ask it here.
Post Reply
User avatar
Oupa Stig
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1204
Joined: Fri Oct 12, 2012 1:15 pm
Town: Johannesbug
Vehicle: Hilux KZTE 4X2 "Stagger Lee", Hilux IFS 2.7 4x4 "Loretta"
Real Name: Mickey

3 Provinsies 25,26 April

Post by Oupa Stig »

Ek wil nie 'n spanner in die werke gooi van die ouens wat so hard werk om vir ons GTG's te reël nie, maar ek, die vrou en 2 ander gaan op Saterdag April 25e so 5am wegspring uit Jo'burg met die 2.7 en 3 provinsies toe gaan om ons tent daar vir die aand op te slaan en die roete te ry.

Ek wil nie 'n formele ding reël nie aangesien ek self nie eens tyd het om ordentlik toilet toe te gaan nie, maar dit sal lekker wees as daar dalk 'n paar clublede ook kom.

Ek besef dis net na 'n GTG wat gereël word, maar ons naweke is dol, en dit is die eerste oop naweek wat ons het. Dit is ook 'n langnaweek, en alhoewel ons op die Sondag moet terugkom kan dié wat ons wil join dalk bly tot die Maandag.

Kostes is baie billik, met die kamp vir 4 mense wat R220,00 kos vir die nag en die roete 'n verdere R200,00. Dit is vir die lang 3 Provinsies roete. Daar is blykbaar ook 'n paar ander roetes.

Hoop om so een of twee ander Hilux gesigte daar te sien!
I feel a lot less wise at 45 than I did at 15.
User avatar
grobbepj
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
LR4WD, Lockers, Crawler Gears
Posts: 1049
Joined: Tue May 14, 2013 10:39 am
Town: Alberton
Vehicle: Hilux legend 35 4x4 3.0kzte D/C
Real Name: Pieter

Re: 3 Provinsies 25,26 April

Post by grobbepj »

As jul kans kry probeer die Tierkloof roete ok doen...
Vir die wat nie wil kamp die kliphuise is baie nice alternatief en nie te duur. Pasop net as dit nat word is daai paadjie af na ontvangs die gevaarlikste deel vd roete... Ons vriend se kar het bloot net van die oad afgegly id bosse en bome in. Geen grip. Maar ja dit het woes gereen toe ons laas daar was.

Geniet dit. Mooiste toete waar ek nog was...
Post Reply

Return to “Route Planning questions/discussions”