So, ekt besluit dis dalk beter om hierdie maar om die kampvuur te bespreek... Hier kom die storie.
Ek gebruik vir die afgelope 6 jaar my 1997 DC 4x4 Ltd Hilux om so +-10 keer 'n jaar onderhoud te gaan doen op radio torings van +-700km per trip, wat als op 1 dag geskied. Lang storie kort, in die areas waar ek ry is daar nie regtig paaie nie, is daar baie klippe, baie steiltes, op en af, en as dinge modderig raak begin jy bid.
My bakkie het kortliks die volgende wat handig te pas kom:
- * 3.4 Prado V6 motor + auto box (Standaard Management)
* TJM suspension
* 31" Big Horn Mud Terrains
* ARB air locker voor
* Beskermende plate onder engine
Nou ja, ek besef daars basies niks wat bogenoemde Hilux gaan beat met toughness + offroad capabilities nie, maar, ek het probeer dink hoe naby ek aan dit kan kom. Onthou, as ek 10% offroad capability moet opgee maar ek kry 200% se voordele by, mag dit dalk 'n opsie wees.
Van watter voordele praat ons?
- * Rygerief
* Ligter op brandstof. Ek kry op die oomblik so 6.5km/l met my hilux
* Veiliger + hanteer beter op die pad.
* Nuwe bakkie het diensplan en waarborg, gee gemoedsrus.
* Kry voordeel om 'n nuwe bakkie elke dag te bestuur.
1. Nuwe Hilux 2.4 DC SR 4x4 (Manual) met volgende toebehore:
- * Lift kit
* Onca Rock sliders
* Beskerming voor onder neus / engine.
* Mags + Mud terrain bande
* Extended Service Plan
+-R470k
- * Behoort betroubaar te wees.
* Behoort tough te wees.
* Goeie 2de handse waarde
* Baie nice ratkas, seepglad en plesier om te ry.
* Goeie brandstof verbruik.
* 6 lugsakke
Nadele:
- * Traction control deaktiveer voor as agterste locker engage word. Dws, jy ry of met traction control op alle wiele, of, jy ry met difflock agter aan. Groot issue!
* Ry effens stamperig, agter.
* Geen radio. Kan natuurlik 1 teen 'n koste aanskaf.
2. Nuwe Ford Ranger DC 2.2 XL 4x4 (Manual) met volgende toebehore:
- * Lift kit
* Rock sliders
* Beskerming voor onder neus / engine.
* Mags + Mud terrain bande
* Extended Service Plan
+-R440k
- * Lyk nogal nice!
* Behou traction control voor as diff lock agter engage! Hierdie is baie, baie nice... en wat ek nodig het.
* Dink ry gemakliker as Hilux, minder stamperig.
* Het radio.
* Bietjie goedkoper as Hilux.
Nadele:
- * Hoe betroubaar is 'n Ranger? Engine (Turbo) probleme, ratkas probleme?
* Baie clunky manual ratkas. Kom nie naby die smooth ratkas van die Hilux nie. Kan dalk vir auto box gaan, maar ek wil graag manual he. Spring langtermyn onderhoud vry en beter brandstof verbruik.
* Net 2 lugsakke.