Botswana Toer

Tell us about your recent trip. Please add some photographs.
Post Reply
User avatar
Jurgen
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 122
Joined: Tue Aug 14, 2007 7:30 am
Town: Pretoria
Vehicle: 1998 LR D1 V8i
Real Name: Jurgen
Location: Menlo Park
Contact:

Botswana Toer

Post by Jurgen »

Hi Almal,

Hier is ons toer program vir Botswana:

BOTSWANA TOER 2009: Skoolvakansie: 26/06/09 – 20/07/09
Vertrek 2 dae voor skole sluit

DAG VERTREK VANAF OPMERKINGS NA ARRIVEER AFSTAND REISTYD
Junie 24 Woensdag 04:00 P.E. Pretoria – Krag Groenkloof hut 18:00 1120 14:00
25 Donderdagggg 06:00 Pretoria Gaan deur grenspos by Stockpoort. Dit maak 08:00 oop. Koop vleis by Serowe Khama Rhino Sanctuary 16:00 626 10:00
26 Vrydag 08:00 Khama Rhino
Sanctuary Ry draai in R Sanctuary oggend voor vertrek. Maak shower bags vol. Lekhubu eiland 14:00 284 06:00
27 Saterdag 10:00 Lekhubu eiland Roete gaan verby Chapman’s Baobab & Greens Baobab. Planet Baobab 16:00 210 06:00
28 Sondag 06:00 Planet Baobab Hek maak 06:00 oop. Nxai Pan 08:00 85 02:00
29 Maandag Nxai Pan WASGOED WAS Nxaipan
30
Dinsdag 06:00 Nxai Pan Via Baines Baobabs. Maak Shower bags vol op pad na Central Kalahari N.P. Letiahau (C.K.) 17:00 377 11:00
Julie
1 Woensdag Letiahau (C.K.) Via Noordelike Loop Sundays Pan (C.K.) 170 07:00
2 Donderdag 06:00 Sundays Pan (C.K.) Koop groceries by dorpe op pad. Kasane – Krag
Toro Lodge Camping 18:30 827 12:30
3 Vrydag 06:00 Toro Lodge
(Kasane) Besoek stalletjies in Livingstone, asook Vic Falls aan Zambië kant. Taita Falcon camping 80 02:00
4 Saterdag Taita Besoek Vic Falls aan Zimbabwe kant en stalletjies Taita
5 Sondag 10:00 Taita Boot trip & Koop groceries (Toro) Kasane - Krag 12:00 80 02:00
6 Maandag 09:00 Kasane (Toro) Via Chobe se noordgrens oor Ihaha en in by Linyanti Gate Linyanti 16:00 190 07:00
7 Dinsdag Linyanti Volmaan
WASGOED WAS Linyanti

8 Woensdag 06:00 Linyanti Via Savuti Marsh Maun - Krag
(Croc Camp) 250 08:00
9 Donderdag 14:00 Maun Doen inkopies en besoek plekke in Maun. Maak shower bags vol. Kaziikini
Community
Camp 16:30 76 02:30
10 Vrydag 08:00 Kaziikini Community Camp Daguitstappies na Third Bridge (50km), Xaxanaka (43km) & North Gate (Kwai River) (30km) die volgende 3 dae. South Gate Camp
(Moremi) 09:00 28 01:00
11 Saterdag South Gate South Gate Camp
12 Sondag South Gate WASGOED WAS South Gate Camp
13 Maandag South Gate South Gate Camp
14 Dinsdag 11:00 South Gate
Camp Inkopies in Maun Maun
(Audi Camp) – Krag.
Slaap vroeg. 14:30 104 03:30
15 Woensdag 04:00 Maun Via Savuti Marsh Linyanti 250 08:00
16 Donderdag 07:00 Linyanti Savuti 09:00 40 02:00
17 Vrydag Savuti Savuti
18 Saterdag 06:00 Savuti Via Savuti Marsh Palapye 814 14:00
19 Sondag 04:00 Palapye Via Gaborone P.E. 00:00 1529
Jurgen = 628 20:00

Weet enige iemand waar ek GPS koordinate kan kry vir die plekke? Gee ook asb raad ens oor enige iets wat jul hier bo lees as julle al daar was!

Ek sal na die trip ook 'n lekker report skryf! Met pics!

Dankie
Jurgen
1998 LR D1 V8i
1989 Toyota Hilux 2200 DC 4x4 - sold with fond memories
User avatar
Joshua
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 180
Joined: Tue Aug 12, 2008 9:43 am
Town: Brakpan
Vehicle: Toyota Hilux 3.0 KZ-TE 4x4
Real Name: Christo
Location: Brakpan
Contact:

Re: Botswana Toer

Post by Joshua »

Hi Jurgen,

Goed om te hoor jy is aan die gang en die Botswana trip is nog voor die deur.
Hoe gaan dit met die bakkie, is hy al uit die ICU ?

T4A se sagteware is 'n aanwins as jy Botswana aanpak, en maak seker jy vat 'n yskas saam sodat jy die nodige kan koud hou.
En 'n sateliet foon is handig om die ouens op die forum te laat weet as jy dalk in die Botswana vassit, ons sal nie omgee om te kom help nie.... :lol: :lol: :lol:
User avatar
Jurgen
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 122
Joined: Tue Aug 14, 2007 7:30 am
Town: Pretoria
Vehicle: 1998 LR D1 V8i
Real Name: Jurgen
Location: Menlo Park
Contact:

Re: Botswana Toer

Post by Jurgen »

Hi,

Eks belowe dat Savuti more uit die hospitaal uit sal kom so ek sal hom seker vroeg volgende week eers kry... volgende week Dinsdag is hy al 2 weke by die plek... eish...

Die Tracks 4 Africa is R650 of so iets by Outdoor Warehouse... Al die plekke waar ons gaan was ek al soortvan gewees (het al voorheen in die omgewing gekamp) en ons is darem 3 Hiluxe...

En ek draai my sente om sodat ek dalk nog my Engel kan koop met die bakkie se regmaak wat ek nie op gebargain het nie...

Het ook sommer vinnig 'n snatch strap gaan koop by Louis (4x4 Megaworld menlyn) want ek het gesien hoe baie dit werd is... en ons gaan Makgadigadi toe... en moremi... eish again!

Ons is 7 mense in 3 voertuie en het maar vir die wis en onswis en vir die teespoed en koffiespoed 'n satellite phone gehuur... persoonlik dink ek dis onnodig as mens so baie voertuie is maar anyways is ek bly da gaan ene saam...

Julle ander manne moet ook asb comment en vir my vertel van jul experiences in Botswana... ek was 9 jaar laas daar...

Cheers for Eers...
1998 LR D1 V8i
1989 Toyota Hilux 2200 DC 4x4 - sold with fond memories
Arno
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 66
Joined: Tue May 12, 2009 11:05 am
Town: Durbanville CT
Vehicle: 1997 Hilux DC
Real Name: Arno

Re: Botswana Toer

Post by Arno »

Veronica Roodt se boeke en kaarte is baie goed en het baie inligting en GPS koordinate.
Geniet ek is jaloers ! Het 2 jaar gelede daai roete byna 100% net so gery.
User avatar
Boertjie
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 65
Joined: Fri Nov 23, 2007 12:44 pm
Town: Midrand
Vehicle: Hilux D-4D DC
Real Name: Gideon
Club VHF Licence: W61
Location: Midrand
Contact:

Re: Botswana Toer

Post by Boertjie »

Dagse . Dit is dalk bold om te vra maar wat kos so trippe mens?
Wat sal die sentraal kalahari kos as jy net soentoe gaan ?
User avatar
cprinsloo
LR 4WD Full Lockers
LR 4WD Full Lockers
Posts: 859
Joined: Sun Jul 15, 2007 6:00 pm
Town: Nelspruit
Vehicle: 1998 D/C 4x4
Real Name: Chris
Club VHF Licence: X52
Location: Mpumalanga

Re: Botswana Toer

Post by cprinsloo »

Hi Jurgen,

By wie huur julle die SAT foon? En wat kos dit?

Cheers,

Chris
1998 Hilux D/C Lexus VVTi
User avatar
Jurgen
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 122
Joined: Tue Aug 14, 2007 7:30 am
Town: Pretoria
Vehicle: 1998 LR D1 V8i
Real Name: Jurgen
Location: Menlo Park
Contact:

Re: Botswana Toer

Post by Jurgen »

yes mense!

Wel die grootste koste is brandstof en aangesien ek so 8000km gaan ry gaan dit my ten minste R8000 kos, ek werk maar op R10000 want sand vreet pertol... Mens moet eet by die huis ook so die kos is nie so erg nie... werk mens bietjie duurder uit op toer though so ekt so R2000 vir myself bereken. Verblyf is ook 'n taamlike koste... kos my so R5000... All in all as mens 2 mense in 'n voertuig is en 'n maand lank Botswana toe wil gaan sou ek se mens moet ten minste R20000 opsy sit.

Om net Central Kalahari te doen sou ek se so R10000 waarvan meeste vir brandstof sal gaan.

Ek het die sat phone met 30min airtime by Sat4Rent gehuur vir 27 dae vir so R2000.

Ek sal bietjie kyk na daai kaarte dankie ArnO!

Cheers for Eers!
1998 LR D1 V8i
1989 Toyota Hilux 2200 DC 4x4 - sold with fond memories
Dadz Toy BFI

Re: Botswana Toer

Post by Dadz Toy BFI »

Looks and sounds like a great tour you've got planned there Jurgen :P

Now you got me thinking about my next :think: :think: :think:

Best of luck :thumbup:

R :wink:
User avatar
Jurgen
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 122
Joined: Tue Aug 14, 2007 7:30 am
Town: Pretoria
Vehicle: 1998 LR D1 V8i
Real Name: Jurgen
Location: Menlo Park
Contact:

Re: Botswana Toer

Post by Jurgen »

Yes mense, hier is so bietjie oor die trip... ek sal later pics bysit.

Wel op dag 1 gaan ons deur die grens pos by Lobatse en gaan koop supplies in Gabarone. Ekt sommer 'n orange sim gekoop om goedkoper te gesels met die mense by die huis. Ons het 2 kaste St. Louis gekoop net vir die wis en die onwis. Daarna is ons verder na Khama Rhino Sanctuary waar ons die eerste aand geslaap het. Een van die dinge wat mens nooit moet doen nie is om in die donker te ry in Botswana, maar ons kon nie anders, die son het gesak en ons het nog so 300km gehad om af te le. So in die donker gery sien ek toe in die verte voertuie aan altwee kante van die pad en 'n trok kom van voor. Nader gekom sien ek daar le 'n man onder die een voertuig! Ek is op genade tussen die twee deur en dit was vrek naby. My Oom wat agter my gery het is daar deur saam met die trok! Hy se nog so 10m van die voertuig waaronder die man gele het sou hy hom nog slaan, maar het toe oe toegeknyp en effe links gegaan. Dat hy nie die spieltjie afgery het nie is 'n wonderwerk! Ons het seker so 22h00 by Khama aangekom en die hekwag, wat nie engels verstaan nie, het ons na ons kamp gevat. Ons het lekker vleis gebraai en gaan slaap.

Dag 2 het begin met kamp opslaan en 'n lekker stort al was dit koue water. Gepraat daarvan ons het meestal koue water gehad. Ons het toe vir 'n kort game drive gegaan en die pad gevat Lekhubu Island toe. Oppad soontoe het ons brandstof en supplies gaan kry by Letakeng en ook sommer al ons park fooie betaal. Oppad Lekhubu toe slaan ons toe een van die slegste grond paaie wat ek nog ooit op was! Die hele bakkie skud onophoudelik soos die pad sink gery is. Die gat raak los op 40kmh! Uiteindelik op die tweespoor gekom begin die son alweer laag le maar ons moet voort. Ons gaan deur 'n paar baie diep dongas wat minder geharde bakkies baie skade sou berokken. Na 'n lang pad langs die panne begin een toe in Lekhubu se rigting vertak, maar hy loop reguit in die panne in kom ons later agter. Nadat dinge baie glad begin raak het besluit ons ons soek vir moeilikheid en draai terug op 'n pad al langs die panne. Die muskiete was verskriklik en dra mens omtrent weg. Die pad langs die panne vat ons toe na 'n modder paradys en ons moet ander pad soek. Op die stadium is ons toe so 20km van Lekhubu af en besluit om om die stuk modder te ry deur die veld. Ek en ou Savuti, die geharde vetteraan in die groep vat toe voor. Hubs gelock, tires afgeblaas, 2de rat low range met spots wat die stik donker effens breek ry ons die onbekende in. Stadig maar seker kom ons toe om die modder en vat 'n reguit lyn Lekhubu toe. Heuwel op en af en klein pannetjie deur met die wit gevaar, my Oom in 'n nuwe shape hilux met pad tires, agter my. Nie lank nie hoor ek my radio… stuck! Ek click nie dadelik nie want dinge voel nog taamlik vas onder Savuti se voete, maar toe ek die tweede keer hoor: "STUCK!" toe click ek en begin omdraai. Ons recover toe relatief maklik met 'n gewone trek band en besluit maar om om te draai. Bo op een van die droe heuwels gekom kyk ek toe vir 'n kamp plekkie vir die aand. Soos ek rondloop val ek my wind amper uit in 'n erdvark gat. My Oom se dit het gelyk asof ek trampoline spring so vinnig was ek weer daar uit. Wel ekt nie geweet wat daar in was nie en was nie van plan om uit te vind nie. Gelukkig het ek nie 'n been gebreek nie. Ons besluit toe dat daar gans te veel muskiete is en om by 'n split in die pad te gaan kamp dat my ouers, wat nog oppad was van PE af, ons daar kan kry. So nou ry ons terug en nie lank nie hoor ek weer: "Stuck!" Ek click toe die keer dadelik en draai weer om om te gaan help. Ons blaas toe sommer die wit gevaar se bande af en toe het hy nie weer vasgesit van daar af nie. Gekom by die split in die pad slaan ons toe kamp op. In die verte sien ons 'n lig wat SOS. Die lig kom toe van die middel van die panne af waar ons nie eens naby kon kom nie. Daar was geen manier wat die wit gevaar daar sou uitkom nie en ek was verseker nie van plan om die panne alleen in Savuti aan te durf nie. Nie lank nie hoor ons toe iets wat klink soos 'n leeu wat brul. Ons het maar vinnig klaar gemaak en gaan slap. Ek het nie geweet hoe my ouers ons daar sou kry nie, maar het vertrou dat die Here hul op die regte pad sal hou. Oja die leeu was toe 'n mannetjie volstruis... blykbaar maak hulle dieselfde geluid.

Ek word net na 5h00 op dag 3 wakker met die geluid van 'n gewillige diesel enjin wat gesond idle en skerp ligte wat op my rooftop tent skyn. Eks amper seker dis my ouers en dit was! Ek val amper uit die tent uit soos ek jaag om hulle te groet! Hulle het 33 ure gery vanaf PE tot by ons 20km van Lekhubu af in een skof! Almal word wakker en is bly om mekaar te sien. Emosies loop hoog want nou is ons span volledig en hulle het ons gekry! Ons ry toe panne toe om die sonsopkoms te geniet en ervarings uit te ruil. Nadat ons die sonsopkoms waardeer het ry ons terug om iets vir ete aan mekaar te slaan by die split. Die mense wat die SOS syne gestuur het kom toe uiteindelik by ons verby. 'n Nuwe shape hilux en 2 landies het almal vasgesit en moes die aand op die panne deurbring. Hulle is toer operateurs en ken die wereld. Daar is geen manier om van die suide af by lekhubu uit te kom nie. Ons ry toe terug en langpad om Planet Baobab toe waar ons die volgende nag spandeer het. Oppad terug op die tweespoor maak Savuti toe kennis met 'n landrover defender om die een blinde draai. Gelukkig was die skade net liggies en kon mens verder ry. Aangekom by PB is ons dadelik beindruk met die plek en het saam 'n paar drinks geniet by die kroeg. Daarna het ons 'n lekker aanete gehad en met die local boesmans gesels. Daar was ook 'n lekker atmosveer met afrika danse en vriendelike mense. Ons het lekker geslaap.

Die oggend van dag 4 het ek myself bederf met die warm storte en goeie vasiliteite van PB. Daar is blykbaar 18 baobabs in die area maar ek kon net 8 kry op my oggend stap. Meeste mense het laat geslaap en ons het brunch gemaak en kamera's gecharge. Daarvandaan is ons toe Nxai pan toe. By Gweta kom een van die locals na my toe en vra of ek spanners het want hulle kry nie die hub van hul kar af nie. Ek en my pa help toe uit en met 'n groot gesukkel kry ons die size 34 nut los. Die pad na Nxai pan in die park self is lekker sanderig en het mens werklik laat voel jy is nou in Botswana. Ons kom met sononder by ons kamp en sien hoe olifante kom water drink by 'n dammetjie net buite die kamp. Daai aand eet ons flame grilled steaks.

Dag 5: Nxai pan se vlaktes is altyd vir my so mooi en om die wild op die vlaktes te sien is self asemrowend. Groot trope kameelperde is algemeen. Ons slaap toe nog 'n aand by Nxai pan en was wasgoed. Om die ablusie is beton blokke met staal penne sodat die olifante nie die pype kan oop breek vir water nie.

Dag 6: Oppad uit Nxai Pan het ons by Baines Baobabs omgegaan met doolhof paadjies om die panne. Dit is 'n moet vir enige iemand wat in die omgewing is. Ons is oppad central Kalahari toe en kry brandstof en supplies by Rakops. Die lang reguit pad vanaf Rakops nie die park is onlangs met 'n bulldozer bygekom en is verskriklik stamperig. Soveel so dat mens se lyf dit amper nie hou nie! Ons kom toe laat by die hek Matswere (blykbaar iets wat jy kry van te lank op 'n mat sit) aan en moes met baie oortuiging vir die wag oorreed om ons in te laat. Ons het toe van daar af bult op en bult af tot by ons kamp gery en geeet en geslaap.

Dag 7: Die gemsbokke het ons die oggend kom groet. Dis darem maar elegante bokke en is so rats dat hulle 'n klip wat na hul gegooi word met hul horings kan wegslaan. Ek het dit net gehoor en sal nooit so iets probeer nie. Ons was oppad deception pan toe. Die wyd uitgestrekte kirk droe pan is betowerend en ek kan goed glo dat die hitte golwe op die horizon mens kan deceive. Ons het ook op ons game drive 'n jagluiperd gesien. Ons volgende stop was Sunday pan en wat 'n wonderlike uitsig het ons nie daar gehad nie. Ons het ook gestort met stort sake wat by Rakops volgemaak is en in die son laat le is. Op die middag rit het ons bakoor jakkalse gesien.

Op dag 8 durf ons toe die lang pad aan Kasane toe. Dis heeldag se ry. Die eerste stuk is dik sand wat soms tweespoor is en soms 'n bree sand pad. Dis baie bedrieglik want op sommige stukke kan mens gemaklik 80kmh ry net om amper jou bakkie om te gooi as die sand skielik sonder waarskuwing verdik en dan moet jy 40kmh ry. Ons is deur oulike klein dorpies en op goeie grondpaaie wat wel vol donkies is oppad Nata toe. In Nata gekom is dit tyd vir brandstof en sweets. Min het ons geweet wat op ons wag. Die pad van Nata tot Kasane is die slegste pad wat ek in my lewe al gery het. Dis vol potholes en sommige is 5m in deursnee en so diep soos 'n skaap! Geen wonder spotprentjies met kameelperde se koppe wat skaars uit die gate steek loop die internet rond nie. Een so 'n swembad van 'n pothole het sy tol op die ou veteran bakkie geeis. Dit was donker toe ek een van die monsters op so 100kmh slaan, dis 'n 120 zone. Ek ken moeilikheid as ek dit sien en kon niks doen behalwe try uitwerk waar ek gaan land nie. Daai pothole het twee bladvere en 'n rem drom gekraak. Die aand toe aangekom by Toro lodge in Kasane het ons lekker pizza geeet.

Die volgende dag het ons Vic valle aan die Zim kant besoek en by Taita Falcon Lodge in Zambie oorgeslaap. Dis rerig 'n wonderlike plek met asemrowende uitsigte oor die Zambesie gorge.

Op dag 10 het ons Vic valle aan die zambie kant besoek asook stalletjies in Livingstone. Toe is ons terug Toro toe.

Die volgende oggend toe ek wil ry hoor ek 'n vreeslike geluid by my agterwiel. Van nader af sien ek toe die rem drom is heeltemal oopgebreek. Ek haal toe al die parte af en ry sonder rem na die garage waar ek 'n nuwe drom en remskoene laat insit het. Dag 11 se hoogtepunt was die boot rit op die Chobe rivier. Die rivier vloei verskillende tye van die jaar in verskillende rigtings en is pot blou en breed. Di seen van die mooiste plekke op aarde om 'n sonsondergang te sien. Die rivier is so blou omdat hy niks modder los skop nie vanwee sy stadige vloei. Op die bootrit het ons baie diere gesien. Olifante, seekoeie, krokodille, buffels, visarende and baie ander voels, water likkewane en nog baie meer. Daai and het ons weer by Toro geslaap.

Dag 12 durf ons Chobe aan en ry al langs die rivier tot verby die Ngoma Gate. Die laaste stuk oppad linyanti toe is weereens 'n avontuur met lekker stukke dik sand. Die omgewing by Linyanti is soos 'n sprokies woud. Daar aangekom laat middag sien mens hoe die son se strale deur die woud van hardekool, mopanie aen kameeldoring bome val. Hoe bokke van alle soorte in die woud loop en die olifante se silhouette tussen die stamme deur beweeg. So 20m van ons kamp plek was daar 'n olifant wat vreet in die rivier. Daai aand hoor ons seekoeie mal gaan.

Dag 13 ry ons weer ver verby Savuti tot by Crocodile Camp in Maun. Die pad tussen Linyanti en Savuti is baie sanderig en mense wat iets sleep moet dit verseker nie alleen aandurf nie. Die middelmannetjie is so hoog dat die wit gevaar gereeld vasgesteek het. Ons moes haastig wees om by Mababe hek te wees voor 11h00 ander moet mens vir nog 'n dag betaal. So paar km voor die hek kry die wit gevaar toe 'n pap wiel en moes dit geruil word. Die spaar was so vas van die stof dat ons dit nie kon los kry nie. Gelukkig het ons toe sommer Savuti se spaar gebruik. Op die pad tussen Mababe en Maun gee die gekraakte bladvere toe uiteindelik heeltemal in en mens sien nie stukke yster agter jou in die pad val en die bakkie se gat sak skielik aan die regter kant. Gelukkig kon ek tot by Maun ry omdat die as maar net op die stopper gele het en daar 'n pen is wat die as aan die orige vere vashou. Die aand sien ons toe weer 'n ou vriendin van my wat in Maun bly. Sy vat ons jong mense toe bietjie rond in Maun terwyl die oumense uiteet.

Die volgende oggend, terwyl die vroumense shop, kry Savuti 'n nuwe stel Kobe vere en Monroe gas shocks in Maun en is baie gelukkig. Hiervandaan gaan ons toe Kazikini kamp toe net buite Moremi. Kazikini is 'n baie mooi kampie en ekt selfs die ou van Kyknet se 4x4 program daar ontmoet. Dit was ook die eerste aand wat daar 'n haena tussen ons tente was. Dit was dag 14.

Die volgende oggend vat ons die pad Moremi toe. Ons was vir 4 aande by South gate ingebook, maar wou dieper in die park bly en het sommer regdeur gery tot by Xakanaka. Op ons pad verby 3rd bridge en net na 4th Bridge het ons 'n pragtige luiperd in 'n boom gesien. Daar is ook volop seekoeie en olifante. Die aand by Xakanaka het ons ook die seekoeie gehoor en haenas het deur die kamp beweeg.

Die paadjies om Xakanaka is pragtig met groot bome oral soos 'n sprokies woud en hier en daar marshes waar mens versigtig moet ry. Gelukkig was die diepste water crossing net net nog onder die deure… verseker sou daar water ingekom het by ander voertuie. Ons het ook pragtige wilde honde gesien in die sprokies woud en hulle vir lank gevolg deur die swamps. Die 2de aand by Xakanaka het ek 'n groot stomp van seker by 1 ton in gewig op die braai plek gesleep met Savuti en die highlift jack.

Op dag 17 is ons toe 3rd Bridge toe en het onder 2 massiewe bome kampeer. 'n Seekoei het van so naby as 10m kom kennis maak en later die aand toe ons terug kom van die skottelgoed wassery moes ons selfs vir 'n rukkie binne in die badkamers wag vir die seekoei om verby te gaan. Dis nogal vreesaanjaend om om 'n draai te kom en amper in 'n seekoei vas te loop.

Van hier af maak ons weer aanstaltes Maun se kant toe, maar die keer bly ons in Audi Camp. Nee dit het niks met die kar tedoen nie, maar dis rerig 'n mooi kamp en die geriewe is fantasties. Die kampeer plekke is net so bietjie klein. Ons het vreeslik lekker geeet die aand in die restaurant en Sara-Lee het weer by ons 'n vinnige draai gemaak.

Op dag 19 vat ek die pad na die plek waarna my bakkie vernoem is, Savuti. Daar word gewerk aan die pad voor Mababe hek so mens moet 'n ompad ry en op een plek 'n klein riviertjie oorsteek met so 'n hout bruggie. Vanaf Mababe kan mens of met die Sandridge pad of met die marsh pad Savuti toe ry. Omdat ons met die Sandridge pad gekom het besluit ons toe om die marsh pad te ry. Dit was 'n baie slegte pad. Gras groei hoog en versteek olifant spore in die modder, maar intussen het die modder hard geword so nou sit mens met derduisende olifant poot groote potholes wat deur lang gras versteek is. Dit was stamperig om die minste te se, so stamperig dat ek bande afgeblaas het om net 'n bietjie sagter te kan ry!

Die Savuti marsh is 'n pragtige plek met wyd uitgestrekte gras vlaktes en droe bome wat getuig van die meer wat eens hier was. Plek plek is daar ook klein bergies of rots koppies waar leeus meestal gaan om hul kleintjies te kry. Daar was 'n paadjie teen een van die koppies op waarvoor 4x4 verseker nodig is. Die uitsig van bo is ongelooflik en dis verseker die moeite werd gewees.

Ongelukkig is die ablusie by Savuti verwaarloos en weens die reen is daar genoeg water in die veld vir die diere, dus het ons nie veel gesien nie, maar om net daar te wees is al klaar wonderlik. Ons het een middag 'n olifant binne 10m van ons tente gehad en in die aande het ratels en haenas ons besoek.

Na 'n wonderlike tyd by Savuti vat ons toe die lang pad na Palapye toe wat 'n halfpad stop is Pretoria toe. Ons het heeldag gery aan so 600km want mens kan net so 40kmh deur daai dik sand ry as mens rerig try. Dan moet mens lekker wees om nie jou bakkie om te gooi nie.

Kamp Etumela by Palapye is baie oulik met goeie geriewe en 'n pragtige kroeg/restaurant area en is verseker 'n goeie halfpad stop. Die volgende oggend was die huis toe vir my en vir my ouers en oom 'n ver pad PE toe.
1998 LR D1 V8i
1989 Toyota Hilux 2200 DC 4x4 - sold with fond memories
Post Reply

Return to “Trip Reports”