Page 2 of 2
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 16, 2010 6:58 am
by Bloues
KAN JULLE OPHOU OM ONS WAT MOET BLY JALOERS TE MAAK !!!!
Vrek, die berge roep.....!!!
Marius, jy gaan deur 'n groot toets gaan die naweek........as jy terug kom gaan jy moet sien of jou land jou wil terug vat by die grenspos....... Hoor Mark worrie self....... :x
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 16, 2010 7:11 am
by OOOOMS
Hoor Mark worrie self.......
Die SA weermag is al op bystand
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 16, 2010 6:10 pm
by kukuza
Ja, nice one guys.....good to see the forum is going strong.
I am off to Mozam that weekend so will have to join on another date guys.
Enjoy the drive
Pat
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Wed Mar 17, 2010 12:32 am
by OOOOMS
Patric, sent you a pm!
You must njoy Moz!
Looks like the weather is going to hold out
http://www.timeanddate.com/weather/lesotho/maseru
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Thu Mar 18, 2010 8:02 am
by ToyX4
Ek moet nog net n paar biere gaan koop, ons panties pak, yskassie pak en laai, dan is ek reg om pad te vat. Wens net dit was nou al Vrydag....
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Thu Mar 18, 2010 8:05 am
by OOOOMS
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Thu Mar 18, 2010 8:20 am
by CasKru
Jip... hy doen online shopping....
www.manties.com
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Thu Mar 18, 2010 5:50 pm
by JohanM
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 8:21 am
by ToyX4
Ek gaan nou net die vleis in die yskas pak, dan val ek in die pad.
Sien julle mense later. Mooi ry.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 8:24 am
by OOOOMS
Ry veilig, sien jou daar
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 10:02 am
by Pype
Julle moet dit geniet en drink maar 'n koue een
en dink aan ons arume mense wat net by die huis sit die naweek
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 10:03 am
by 0000DS
Pype wrote:Julle moet dit geniet en drink maar 'n koue een
en dink aan ons arume mense wat net by die huis sit die naweek
Ons sal dankie
, maar daar is nog plek as jy wil saam kom
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 10:11 am
by Pype
Ek sou eenage tyd ek is mal oor Lesotho maar ek het ander goed by die huis wat ek moet doen die naweek
Maar volgende keer gaan ek saam :D
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 10:28 am
by CasKru
Mark... onthou om my radio saam te vat vir Johan
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 11:49 am
by 0000DS
CasKru wrote:Mark... onthou om my radio saam te vat vir Johan
Is klaar gepak
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 7:51 pm
by Thabogrobler
Nou net met Marius gepraat. Almal is veilig in Ladybrand en dit klink heel jolig daar
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 10:36 pm
by Mud Dog
Goed om te hoor. Daar's g'n twyfel dat hulle dit sal geniet.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 19, 2010 11:05 pm
by warthog
Honde.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Sat Mar 20, 2010 8:29 am
by Thabogrobler
warthog wrote:Honde.
Hey Varkie, klink of jy net so groen is soos ek?
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Mon Mar 22, 2010 8:49 pm
by ToyX4
Manne en mannine, dit was erg lekker gewees.
Nou wag ons net vir iemand om n trip report te skryf en foto of 2 te laai.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Mon Mar 22, 2010 8:57 pm
by Mud Dog
En toe!?? .... wat's fout Riaan .... het jy dan nie fotos geneem nie??
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Mon Mar 22, 2010 9:07 pm
by ToyX4
Ha ha, net so oor die 200 foto's geneem, maar ek reken soos ek is die ander ouens ook nou nie regtig lus om foto's te resize en te post nie. Sal more aand paar foto's opsit
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Mon Mar 22, 2010 9:26 pm
by Mud Dog
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Mon Mar 22, 2010 9:58 pm
by OOOOMS
JahanM gaan vir ons die keer die trip report doen / skryf
Dankie Johan.
Aan al die ouens, vrouens en kinners (toetaal 26) dink ek dit was 'n baie lekker lang naweek in Lesotho gewees
Die groepie wat saam getoer het, het lekker oor die weg gekom! Weereens 'n
great klomp Hilux ouens saam.
Dankie aan
JohanM vir die reëlings by Malealea Lodge en vir die roete beplanning
Vir die pryse / borge:
Honeydew Toyota vir die Hilux Club vlaggie's (Andre Steenkanp 0118016538)
Torro Adventures (JohanM 0828535three00)
Hilux Club, vir die Hilux bekers
Mark Schubert Lights
Jenco Safety Products (Chris Nel 082330497seven)
Ons gaan weer die jaar 'n Snow Run doen so hou maar die Forum fyn dop. Dit gaan op kort kennisgewing gebeur
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Mon Mar 22, 2010 10:17 pm
by JohanM
Die Lesotho naweek was 'n baie lekker naweek....Koud in die nag en baie warm in die dag, slegte paaie, baie grappies & sports onder mekaar op die Radio's, groot kampvure en puik braaiers wat elke aand die kos voor berei het op die vuur.
Ons het die naweek vrydag aand afgeskop met 'n lekker braai en kuier so langs die vuur. Die kinders het selfs later voor die vuur geslaap totdat hulle bed toe gedra is.
Die lys van die volwassenes wat die naweek by gewoon het was,
Mark & Danelle
Riaan & Yolandi
Johann & Deidre
Franken & Elsa
Derik & Belinda
Marius & Carmen
Cassie & Magda
Johan
Daar was natuurlik 'n paar wat tot baie laat gekuier het en dit het sommer die volgende oggend gelei tot nuwe gesprekke en grappies.
Die groep het van Ladybrand na Wepner vertrek waarna ons almal die Van Rooyens grenspos aangedurf het. Marius was dapper genoeg om die konvooi verby te gaan (met die Landy) en verder in die pad af te wag op 'n foto geleentheid.
Yolandi was natuurlik baie op haar senuwees oor die chief en die grensposte.....
Ons het van die Grenspos vertrek na Malealea lodge waar ons ontvang is en na die kampplek gewys is. Die kamp is reg gemaak vir die aand se kuier en daarna het ons vertek op ‘n verkennings tog deur die plaaslike area, almal het darem kans gekry om ‘n paar plekke te ry en sommer net die mooi van die omgewing te geniet.
Ons plan om ‘n sekere roete te ry was egter van korte duur toe ons by ‘n pad aankom wat weggespoel het teen die kant van die berg, so erg dat selfs ‘n donkie senuweeagtig sal raak as hy daar moet loop. :roll:
Na ‘n uitputtende dag van ry en slagate misry en donkies vermy, nie te praat van hulle taxi’s nie is ons terug na die kamp waar ons gaan uitspan het.
Al die kinders het tog te lekker gespeel en die geriewe het dit selfs moontlik gemaak dat almal ‘n lekker warm bad of stort gehad het.
Die aand het heel vrolik en gesellig om die vuur verby gevlieg. Die volgende oggend het ons min wetend die roete aangepak oor die berg na Semonkong, via Roma en die Trading post.
Ons het deur van die interesantste plekke gery, en baie mooi landskaps tonele gesien. Cassie se Ford wou nie 4WD engage nie en ook nie die locker nie.
Na ‘n groot gesukkel het Marius en Derick besluit om Cassie te help. Hulle was by hom in die konvooi en die pad was van so aard dat jy nie kon omdraai nie omdat dit so smal was. Marius met die Landy het recovery gespeel en Cassie gehelp waar die nodig was terwyl Derick, Cassie se sleepwa agter sy Prado gesleep het.
Van die paaie was lekker pret om te ry, ander was bietjie vervelig en glad nie lekker nie, maar die eind bestemming by Semongkong het opgemaak vir alles.
Die waterval is spectacular!!! Ons was baie bevoorreg om ‘n naweek saam met great mense te kan kuier, en een groot trip vol pret en avontuur te kon deel.
Dankie aan almal wat dit mee gemaak het, julle mense is regtig tops!!! Ons sal nog ‘n paar naweke soos die reel.
Die wat nie kon saam kom nie, julle het regtig baie uitgemis, maar ons sien julle volgende keer as ons weer ry.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Mon Mar 22, 2010 10:21 pm
by JohanM
Ek sal more oggend die statistieke van die roete hierso sit vir die wat meer wil weet van die roete. Ek sal ook probeer om 'n T4A map te post sodat julle kan sien hoe ons gery het en hoe lank dit ons gevat het.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 7:31 am
by JohanM
Hier is so paar fotos.
- Legend35.JPG (51.59 KiB) Viewed 11212 times
Hier is die groep oppad terug na Malealea kamp toe nadat ons moes omdraai by 'n uitgespoelde pad teen die berg af...
- Group fodie.JPG (53.79 KiB) Viewed 11212 times
So mooi foto vir die album nadat almal die donga al twee kante deur gery het...
- Baie hoog.JPG (49.01 KiB) Viewed 11212 times
Die lug raak baie dun hier in die berge en die wind koel, maar dit was lekker om so hoog te kan wees.
- Cassie.JPG (55.78 KiB) Viewed 11212 times
Hier het ons uitgevind die Ford se 4WD werk nie....Marius het Cassie gou gehelp en toe is ons weer oppad na die volgende uitdagende stuk pad
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 7:33 am
by Traveler
Dit lyk omtrent of ek myself maar weer kan skop dat ek nie daar was nie.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 7:38 am
by JohanM
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 7:46 am
by JohanM
- Konvooi.JPG (49.69 KiB) Viewed 11209 times
Hier wag ons op ons ry beurt in Lesotho....Ja hulle maak hulle teer paaie wel reg.....
- Sign.JPG (47.58 KiB) Viewed 11209 times
Die bord wys ons op die regte pad
- Oppad na Malealea.JPG (50.24 KiB) Viewed 11209 times
Hier is ons naby Malealea lodge
- Sign2.JPG (46.24 KiB) Viewed 11209 times
Die bord se naam was baie waar. Dit was die begin van die paradys van 4x4 ry en lekker kuier
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 7:54 am
by JohanM
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 8:05 am
by JohanM
Die langdag het begin met 117 km wat ons die hele dag sou neem om af te le van Malealea tot by die Maletsunyane Waterval buite Semongkong.
- Nice roads.JPG (52.26 KiB) Viewed 11270 times
Die pad was lekker uitgespoel op plekke en lekker steil ook teen die berg op.
- Waterval Botsoela.JPG (59.95 KiB) Viewed 11270 times
Die eerste waterval vir die dag. Daar was baie stroompies water wat orals geloop het, en ons het gereeld die stroompies water gekruis met die voertuie. Hier het ons gestop en afgeloop tot onder om die een te aanskou.
- Marius.JPG (53.92 KiB) Viewed 11270 times
Op die pad het die locals ons afgeraai om te ry, hulle het gese daar is donga's.......Miskien het hulle die Landy gesien, maar osn het lekker gery en baie pret gehad...
- Lesotho paaie.JPG (62.03 KiB) Viewed 11270 times
Oppad oor die berg na die river crossing
- Rivercrossing.JPG (58.12 KiB) Viewed 11270 times
Die river crossing.....
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 8:15 am
by JohanM
- Convoy.JPG (66.36 KiB) Viewed 11266 times
'n Groep foto van uit die berge
- Trading post.JPG (57.44 KiB) Viewed 11266 times
Ons het verby die Trading post gery na Semonkong......wat 'n pad was dit nie gewees nie...
- Sign3.JPG (30.88 KiB) Viewed 11266 times
Hier was ons almal baie bly om te sien dit is nie meer ver nie...
- Maletsunyne Kamp.JPG (21.14 KiB) Viewed 11266 times
Hier het ons almal vinnig kamp opgeslaan want die son het begin sak.
- Sunset.JPG (15.7 KiB) Viewed 11266 times
Sonsondergang teen die wolke
- Maletsunayne waterval.JPG (57.93 KiB) Viewed 11266 times
Die waterval
- Maletsunyane Kuier.JPG (16.6 KiB) Viewed 11266 times
Die laaste aand se kuier
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 9:31 am
by Toerboer
Mark, JohanM en die Lesotho Hilux groep.
Baie dankie vir n GREATE
trip.Weereens was dit n reuse sukses.
Dankie aan almal wat saam was.Ons was n lekker groep mense en dit maak ook so n naweek n hootepunt.Naweke soos die is waar ware vriendskeppe gekweek word.
sien julle op die volgende trip. :D :D .
Marius,Carmen,Olinka en die Landie
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 9:51 am
by ToyX4
Dankie aan JohanM en Mark vir die reelings.
Dankie vir almal wat saam was en bygedra het tot n lekker naweerk!
Daar was darem 3 Hiluxe in die groep van 9 voertuie! Die Landie het nie eers eenkeer gebreek nie, en het tot op sy eie die Ford n keer of wat recover!
Jammer ons het julle nie gegroet gister nie. Ons het n koeldrank stop gemaak, toe jaag daai Landie vir my weg. Toe weer n nappie stop op Ventersburg, toe eet ons sommer iets by n restaurant.
Bye julle almal, van ons 3. En weereens dankie. Dit was great!
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 10:04 am
by andrevt
wow dit lyk great bly maar lekker daar buite
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 4:50 pm
by JohanM
Hier is so paar aksie fotos....
- Mariuslandy.JPG (27.76 KiB) Viewed 11217 times
- DSC02321.JPG (25.95 KiB) Viewed 11217 times
Marius en sy Landy
- Cassie ford.JPG (35.44 KiB) Viewed 11217 times
- DSC02319.JPG (24.4 KiB) Viewed 11217 times
Cassie en sy Ford
- DerickPrado.JPG (32.93 KiB) Viewed 11217 times
- DSC02315.JPG (28.72 KiB) Viewed 11217 times
Derick en sy Prado
- FrankenCruiser.JPG (33.2 KiB) Viewed 11217 times
Franken en sy Cruiser
- ooooms.JPG (26.5 KiB) Viewed 11217 times
Mark en sy D4D Hilux
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 4:59 pm
by JohanM
Nog fotos's
- Brakkenjan.JPG (30.5 KiB) Viewed 11217 times
EK met my ou SFA
- DSC02318.JPG (27.4 KiB) Viewed 11217 times
- Legend 35.JPG (36.85 KiB) Viewed 11217 times
- Legend35Hilux.JPG (35.26 KiB) Viewed 11217 times
Johan en sy Legend 35 Hilux
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 5:04 pm
by JohanM
Nog 'n paar
- Riaan Prado.JPG (31.55 KiB) Viewed 11217 times
- DSC02313.JPG (28.37 KiB) Viewed 11217 times
Riaan met sy Prado
- Geen pad meer.jpg (28.24 KiB) Viewed 11217 times
en laastens die pad wat teen die berg weg gespoel het....
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 5:57 pm
by legend35
Dankie vir die greate naweek ,Mark en Johan.Naweek wat ek en my familie nooit sal vergeet nie.Ons het weer baie nuwe friende gemaak en hoop om hulle sommer gou weer te sien.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 7:21 pm
by Toerboer
Daar was darem 3 Hiluxe in die groep van 9 voertuie! Die Landie het nie eers eenkeer gebreek nie, en het tot op sy eie die Ford n keer of wat recover!
Jammer ons het julle nie gegroet gister nie. Ons het n koeldrank stop gemaak, toe jaag daai Landie vir my weg. Toe weer n nappie stop op Ventersburg, toe eet ons sommer iets by n restaurant.
Ja laat dit vir jou n les wees die Landy breek nie en hy kan sy voete optel as dit nodig is.Maar ja dis jammer dat ons mekaar so gemis het na so n lekker naweek.
Hoe voel die "Chief" vrou vandag?Sy moet haat broek onthou vir die volgende trip se onderhandelinge in die berg land
Marius[/color]
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 8:21 pm
by ToyX4
Nee wat, sy voel heel gaaf. Sy het dit ook geniet, maar sy se sy sal maar uitsit tot die kleintjie gebore is. Dan sal die lyf die punch beter kan vat as nou.
Hoe voel jy na jou val, Marius?
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 9:37 pm
by Vellies
Baie dankie aan almal (spesiaal vir Mark & Brakenjan) wat die wonderlike naweek gereel het, dit was puik.
Ons en die kinders het dit baie geniet en sien uit na die volgende trip!
Het so pas my foto's afgelaai, en sal die bestes probeer plaas op die forum.
Derik, Belinda & kinders.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 9:44 pm
by ToyX4
Derik, moet net nie al jou foto's plaas nie, die server is nie groot genoeg nie
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Mar 23, 2010 9:52 pm
by Toerboer
Hoe voel jy na jou val, Marius?
100%,Dankie.Gelukkig is ek n "rol model" vir ander en so rol ek myself uit n val uit.
Groete van Nakie,soos die chief lady sou se.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 26, 2010 4:56 pm
by pietpetoors
Look what happened to a couple who also went to Lesotho:
http://www.leisurewheels.com/content/ne ... asp?id=230
When the couple arrived at their vehicle, the two youngsters were waiting, close to the Land Rover.
“The Land Rover was unscathed, and my initial thought was that they were going to demand a fee for looking after our vehicle. But the moment we were in range, one of them let loose with a big rock, which hit me in my chest. This was followed up by another rock, which hit my right hand, and then a third in the stomach. Stunned, I realised the guy who had thrown the rocks at me brandished a large screwdriver, and was advancing. I looked over in Thea’s direction. The other thug held her at kitchen-knife point. At that stage I realised resistance was futile, in lieu of our own safety, and we were ordered to lie flat on the ground, on our tummies,” tells Pieter.
The two men demanded the Land Rover’s keys, which one of them removed from Pieter’s trouser pocket. The vehicle was unlocked.
“We had, amongst other things, a Coleman Cooler box and picnic basket in the load area. While his tjommie was looking after us, one of them took out the cooler box and basket and threw them onto the rear seats. He then took twinflex wire that he had handy, and tied our hands behind our backs. We were ordered into the boot of the Land Rover, and one of the jackers joined us in the cramped space. He then chucked a sleeping bag, which we normally use to cover the cooler box, over our heads,” says Pieter.
The other jacker jumped in behind the wheel, but there was a problem: he couldn’t start the automatic Discovery.
“female dog! You come and show me how to start the car!” he shouted at Thea.
Thea was bundled out of the boot and to the driver’s seat, where she showed the “driver” that he only needed to turn the key further in the ignition to start the engine. She was then bundled back into the boot, along with a kick from behind. With the sleeping bag covering the couple’s heads, the Landy sped off from the Maletsunyane waterfall’s look-out point.
“While we were speeding along on this narrow and twisty mountain gravel road, they demanded our cash, credit cards, travellers’ cheques, cell phones and “guns”, the latter which we obviously didn’t have. They used the words “we will kill you!” quite often. I told them where my wallet was and Thea told them that her handbag was in the passenger’s foot well,” tells Pieter.
At one point, while the Land Rover was speeding along on the dangerous mountain road, Pieter asked their abductors to take the car and everything in it and leave them at the road-side.
“Don’t worry,” said the one jacker. “We will drop you off at a nice place. And then we will teach you a lesson.”
All the time Thea was praying fervently, one of them told her to “shut up! What are you talking about?” Things were indeed looking bleak for the Bosman couple. “But then her prayers were answered, the driver lost control of the vehicle and over we went,” says Pieter. “The Discovery hit the first terrace down the side of the mountain with its right front wheel and landed on the second on its roof. The two hijackers screamed at each other, confused. The driver came round and opened the rear door for his friend. Then he closed the door again, leaving us there, as they ran off with only my wallet,” says Pieter.
In the chaos Pieter had managed to unravel himself from his twinflex bonds, but couldn’t open the rear door. Almost immediately, though, a local passerby was on the scene.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 26, 2010 5:17 pm
by ToyX4
Hel, Pieter, dis waar ons die laaste aand gekamp het. Hulle was "easy targets" dws alleen. Ons was darem n groep, maar ja, hulle is baie en kan n groep soos ons was ook oorrompel.
Die hele naweek het ek nie een gesien wat lyk of hy mik om te gooi met n klip nie. Sommige van hulle was nie baie vriendelik nie.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 26, 2010 5:41 pm
by JohanM
ToyX4 wrote:Hel, Pieter, dis waar ons die laaste aand gekamp het. Hulle was "easy targets" dws alleen. Ons was darem n groep, maar ja, hulle is baie en kan n groep soos ons was ook oorrompel.
Die hele naweek het ek nie een gesien wat lyk of hy mik om te gooi met n klip nie. Sommige van hulle was nie baie vriendelik nie.
Riaan, in my tyd wat ek al baie daarso was het ek nog nooit onveilig gevoel nie. Desembermaand het ek by Sani top Chalets gebly in die backpackers lodge wat reg in die middel van die village is.
Niemand het gepla nie en vir 3 dae was my Hilux nooit gesluit nie. Die moeilikheid kom van die jongeres wat begin vra vir geld en dan maar geweld gebruik om dit te kry.
Die beste is altyd om groepe te wees en om in 'n laer beginsel kamp te maak in die veld. Dit werk altyd en dan as jy op iemand se grond wil kamp, vra jy die hoof toestemming en vergoed hom. Gewoonlik stel hy dan van die jong manne aan om jou kamp te bewaar en hulle is baie oplettend en sal ander verdryf.
Ek dink net daardie mense was ongelukkig op die regte plek op die verkeerde tyd. As jy die hele artikel lees is die twee bekend gewees as moeilikheid makers en hulle is nou met die gereg gestraf...... Ja Lesotho se gereg is baie strenger en meer effektief as ons eie land s'n...
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 26, 2010 5:46 pm
by OOOOMS
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 26, 2010 6:00 pm
by JohanM
OOOOMS wrote: Maar ek kan ou eending vertel as hulle daai ouens vang indien hulle nie al reeds gevang is nie sal hulle nie met hulle speel nie. Hulle vatti nonsens nie!
Hulle was binne 3 dae gevang, verhoor en gevonnis in Maseru. Dit is nou justice wat werk.
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Fri Mar 26, 2010 6:23 pm
by OOOOMS
Hulle was binne 3 dae gevang, verhoor en gevonnis in Maseru. Dit is nou justice wat werk
Het ook so iets gehoor, maar was nie 100% seker nie!
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Sat Mar 27, 2010 4:40 pm
by 2.8 d/cab SFA
great report thanks for all the photos
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Apr 06, 2010 12:36 am
by AM Racing
Hi guys. Thx for an informative thread. I was planning such a trip for the wife and I but after seeing the repercusions of a solo trip I think I'll give it a skip. It would be great to hook up on another planned trip (possibly May) if someone is planning something in the future. PM me or drop a mail. Thx
Re: Lesotho GTG: 20 - 22 March 2010
Posted: Tue Apr 06, 2010 8:09 am
by OOOOMS
AM Racing wrote:Hi guys. Thx for an informative thread. I was planning such a trip for the wife and I but after seeing the repercusions of a solo trip I think I'll give it a skip. It would be great to hook up on another planned trip (possibly May) if someone is planning something in the future. PM me or drop a mail. Thx
Dylan Welcome!!!
Hi, yes we are planning another trip prob. for July when there is snow
and another up Sani Pass via Sehlebathebe National park later this year