Page 1 of 1

7M met carb??

Posted: Fri Apr 30, 2010 7:29 am
by swartvark
My mechanic hier innie Strand het aangebied om vir my 'n 7Mge in te bou. Ek moet net die mouter en parte koop... Free Labour!
Hy is 'n redelikke ou toppie wat op sy dag (30 jaar gelede) heelwat stock cars en dinge help bou het.
Hy wil vir die mouter 'n carb op sit, want lyk my hy is bietjie bang vir electronics. Hy's 'n goeie oom, maar beslis nog "old school".

Wat dink die slimmes onder julle van die carburator gedagte?
Wat sal 'n ervare ou my charge vir 'n volledige en ordentlikke (drive in and drive out) 7Mge conversion?
Hoppy...stel jy belang om so iets aan te pak?

Re: 7M met carb??

Posted: Fri Apr 30, 2010 7:59 am
by ThysdJ
Ek weet Hoppy het al sulke carb-jobs op 7MGE's gesien/aan gewerk. Weet nie hoe hulle loop nie, jy moet by hom hoor. :twisted: :twisted:

Re: 7M met carb??

Posted: Fri Apr 30, 2010 11:03 am
by Spartan
swartvark wrote:Wat dink die slimmes onder julle van die carburator gedagte?
Nee, ek sal nooit carb gaan nie, om die waarheid te sĂȘ ek weet nie hoe gaan hy dit doen nie en waar gaan julle die regte manifold kry vir dit nie. Daai goed is so maklik om te doen met die ECU dat ek dink jy gaan net jou tyd mors met n carb en baie krag verloor :thumbdown: :thumbdown: . Jy sal nooit die selfde krag maak met die carb as met die OEM fuel injection nie, as die carb beter was so Toyota nie injection gegaan het nie. Daar is manne wat die drive in and out doen maar hulle is in Transvaal.

Re: 7M met carb??

Posted: Fri Apr 30, 2010 11:17 am
by ThysdJ
Ek stem saam met Jaco, jy gaan nooit die engine tot sy volle potensiaal kan benut met 'n carbie nie. Die ECU stuffs is nie so moeilik om te doen nie en daar is 'n paar ouens hier in die Kaap ook wat dit vir jou kan doen. :thumbup: :thumbup:

Re: 7M met carb??

Posted: Fri Apr 30, 2010 11:20 am
by Spartan
ThysdJ wrote:'n paar ouens hier in die Kaap ook wat dit vir jou kan doen.
Jy sien, praat met Hoppy ek verstaan hy verstaan ook die goed lekker en baie van die manne maak van sy dienste gebruik dis wat hy doen. :thumbup: :thumbup:

Re: 7M met carb??

Posted: Fri Apr 30, 2010 11:46 am
by swartvark
Thanks julle.
Die oubaas wat die voorstel gemaak het seker maar net meer selfvertroue om aan carbs te werk as om die electronics aan te pak.

Ek stem saam, ek betaal dan liewer iemand met meer onlangse ondervinding om die job reg te doen.
Ek sal vir Hoppy 'n PM stuur.

Re: 7M met carb??

Posted: Fri Apr 30, 2010 12:31 pm
by ThysdJ
bel hom sommer, dan gaan jy gouer 'n response kry.. sy nommer is op sy profile.. :thumbup: