Page 1 of 1

So lyk hy nou ......

Posted: Mon May 03, 2010 10:42 pm
by pch356
Ek is al ’n paar jaar lid van die forum, maar het altyd in my stilligheid net gesit en kwyl oor die ander ouens se wiele – nou kan ek ook my fotos met julle deel.

Ou Arthur (aka Hiluxman) het amper twee jaar gelede al met min moeite my oorreed om die 7MGE conversion te doen. Die fisiese werk het ongeveer 'n jaar geduur en so ongeveer R25 000 later kon ek weer ry.

Ek besit die bakkie al 9 jaar - 'n 1989 standaard 2.2 4x4 D/C petrol met 220 000 kms afgele - maar in baie goeie toestand. Die oorspronklike enjin het skielik begin om headgaskets te blaas sonder dat hy oorverhit het en na 4 keer in 5 jaar het ek besluit dat 'n hartoorplanting die enigste opsie is.

Ek het die conversion self gedoen en het die inligting en raad wat ek op die forum raak gelees het slaafs gevolg - dit het baie gehelp (Baie dankie aan almal).

Ou Bennie (Benhur) het die elektroniese "magic" gedoen en die Diktator ECU geinstalleer - en my bygestaan met baie raad.

Ek het die petrol toevoer van die tenk af laat verander na 10mm en die terugvloei na 8mm. Ek gebruik 'n hoedruk (6bar) Bosh petrolpomp. Verkoeling is BMW 740 alluminium met twee elektriese waaiers.

Ek het nou al bietjie amper 500kms afgele en die enjin het darem nie verloor of ontplof nie, so lyk my ek het iewers iets reg gedoen.


Die Bullbar, Runningboards, Rollbar en Towbar gaan binnekort oor ge-powder coat word en dan lyk alles weer splinternuut ........

Na baie bloedsweet, vloek en trane lyk hy so ….

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Mon May 03, 2010 10:48 pm
by Mud Dog
Very nice looking bakkie Wessel, and a really neat conversion ... looks almost factory-fitted! :thumbup: :thumbup: :wink:

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Mon May 03, 2010 11:25 pm
by OOOOMS
Very neat indeed :thumbup:
Mud Dog wrote:Very nice looking bakkie Wessel, and a really neat conversion ... looks almost factory-fitted! :thumbup: :thumbup: :wink:
Andy what's a 'bakkie'???

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 5:51 am
by CasKru
Baie netjies... wel gedaan :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 7:34 am
by Family_Dog
That looks like a job very well done! Congratulations, Wessel!


-F_D

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 7:34 am
by Traveler
Besonders netjies gedoen. Ek glo hy sal sommer baie goeie kilo's gee.

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 7:39 am
by 2.8 d/cab SFA
very pretty, sho!

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 8:59 am
by ThysdJ
Jis Wessel nou gaan jy darem lekker ry... :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 9:06 am
by chopper
Dis nou 'n erg-mooi trokkie daai! :thumbup:
(Beter so OOOOMS?! :lol: )

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 11:07 am
by pietpetoors
Baie netjies Wessel, knap gedaan! :thumbup:

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 11:08 am
by AdrianZ
wow baie mooi. Geluk! :clap: :clap:

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Tue May 04, 2010 12:41 pm
by swartvark
Nice!
Ek kort van daai nannas onder my bonnet!!

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Wed May 05, 2010 9:09 am
by Hi-Hilux
WOW!

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Wed May 05, 2010 9:39 am
by Mr_B
OOOOMS wrote:Andy what's a 'bakkie'???
Mark what's an OOOOMS?? :twisted:

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Wed May 05, 2010 9:41 am
by Mr_B
I are like liking that engine stukkend!

Re: So lyk hy nou ......

Posted: Wed May 05, 2010 9:48 am
by Bosfebok
Baie baie netjies... die lorrie en die conversion :thumbup: