Page 1 of 1

Kampering Mabua hek

Posted: Sun Jun 12, 2011 8:01 am
by LOLIGO
Ons kan plek kry by die kamp by die hek. Kan iemand my met die volgende help asb.

Watter geriewe is daar by die kamp tov toilet en storte ?

Hoe ver is dit na die panne vanaf die hek ?

Hoeveel ander kapeer plekke is daar by die hek ?

Dankie,

Jan

Re: Kampering Mabua hek

Posted: Sun Jun 12, 2011 8:25 am
by OOOOMS
Hi Jan welkom :thumbup:

Hoeveel plek het julle?

Re: Kampering Mabua hek

Posted: Sun Jun 12, 2011 9:16 pm
by Mud Dog
Hallo en welkom Jan! :thumbup:

Ken die plek nie so kannie help nie, maar van die ouens hier berhoort iemand te weet. ;-)

Re: Kampering Mabua hek

Posted: Sun Jun 12, 2011 9:33 pm
by Jaco Versfeld
Was laas jaar in Mabua.

Die ander kampe, nie by die hek nie, is baie basies. Sommige het storte (so 'n oop kraal affere), en almal het toilette - meestal long drops, party het 'n dak op.

Die kamp by die hek ken ek nie so goed nie - toe ons daar verby gery het, het dit meer luuks gelyk - maar jammer, kan jou nie daarmee help nie.

Daar is omtrent twee kampe per pan. Kan nie onthou of die kamp by die hek naby 'n pan is nie, maar die naaste ander pan is seker so 15 minute se ry weg.

Mabua is 'n groot plek, en ons het omtrent 'n halwe dag van ons pan gery na een van die verste panne van ons af.

Dit is regtig 'n great plek, en die basiese komposisie van die kampe dra by tot die atmosfeer.

Dit was die meeste roofvoels wat ek nog in my lewe gesien het - en seker die bangste wat ek nog was - om net 'n stuk seil tussen jou en die koning van die diere te he...

Ek kan nie wag om weer te gaan nie


Hoop iemand met meer inligting oor die spesifieke kamp kan meer inligting gee - anders probeer die 4x4community.