Page 1 of 1

Wie is boogjagters

Posted: Wed Jul 13, 2011 10:08 pm
by Spartan
Ek het altyd gedink boogskiet en boogjag is net vir mense wat nie weet hoe werk n geweer nie maar het onlangs my siening verander rondom dit. Agv die feit dat ek op n projek is in Botswana en nie my gewere kan saam bring nie en ek my jag baie geniet moes ek iets anders beraam vir die oeffening, boogjag. Wild is ook baie goedkoper in Botswana as in SA en hier is n paar manne wat plase het wat laat jag.
So my nuutste is n Hoyt Maxxis 35 compound boog, 70 pond draw-weight en n 30" draw-length, 5 pin tru-glow sight en n Scott trigger. Die pyle is Easton Epics (Carbon) met 125gr field point en die broadheads vir die jag deel is Nap Nitron all steel mini broadheads, 125gr met 1 1/16" cutting diameter. Eerste op die lys is n vark :twisted: en dan wat verbykom maar net vir biltong en droewors, ons is jagters nie butchers nie.

Re: Wie is boogjagters

Posted: Wed Jul 13, 2011 10:24 pm
by TheoF
wat kos so boog Jaco? Het jy 'n permit nodig om so iets in jou besit te he?

Re: Wie is boogjagters

Posted: Wed Jul 13, 2011 10:39 pm
by Mud Dog
Geen permit nogig nie, maar die goed kan uiters duur wees, veral as jy premium brand goed koop. Dan moet jy nog ordentlikke camo koop om naby genoeg aan die wild te kom, want met 'n boog skiet jy gewoonlik nie verder as so om en by 35 meter nie. 'N full kit met verskillende pyle en tips kan jou tot 30k (of nog meer) uit die sak jaag. :think:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Wed Jul 13, 2011 10:54 pm
by TheoF
Ja nee, niks is vandag meer goedkoop nie , klink interessant om 35 m van 'n bok af te kom moet jy jou storie ken.

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 4:51 am
by Shamrock
:thumbup: Nog 'n boogjagter hier, alhoewel ek drie jaar laas gejag het. :thumbdown: :cry: :blackeye:
Wil juis nou al begin oefen vir volgende seisoen, ek skiet met 'n 100 lb boog so ek moet maar vroegtydig begin oefen as ek nie wil "tag en release" nie.

Sit asb fotos op van dit wat jy in Bots skiet! :beg: :beg:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:24 am
by Johannes van die See
Stel baie belang maar die uitgawes om te begin is baie hoog......

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:28 am
by george
Johannes van die See wrote:Stel baie belang maar die uitgawes om te begin is baie hoog......
Het self al 'n bietjie gaan loer.Ek het 'n ou hier in die Kaap gekry wat vir jou kan lesse gee en dan kan jy met verskillende boe skiet.Ek sien jy kan vis skiet ook met dit :thumbup:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:30 am
by Johannes van die See
Ek het klaar twee spiergunne, sal ma die vis daarmee skiet!

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:37 am
by Piesang
My seun en dogter het verlede jaar belang gestel om boogskut as sport by die skool te neem en ons het toe gedink dit kan dalk 'n goeie gesin sport wees en later oorgaan na die jag (tenminste ek). Ek en seun kon die selfde grote boog gebruik en ma en sus die selfde grote, maar nee, seun het 'n linker hand boog nodig en pa regs, ma 'n linkerhand boog en sus regs en teen die pryse soos reeds genoem :blushing: :blushing: :blushing: het ons dit toe eers gelos.

Nogal 'n jamerte want dit lyk na 'n lekker sport.

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 11:14 am
by Tjokkie
Ek het nou al seker 6 jaar my boog ('n Matthews FX nogals) en het myself belowe die eerste ding wat ek daarmee jag is daai gestreepte donkie.

Die afgelope 4 jaar le die boog egter net en stof vergader in my geweerkamer en, op die laaste trip skiet ek toe in elk geval die donkie met die dirty-ol'-six (hom naam is Buksie)

Kwalifiseer dit as boogjagter? Seker nog nie, ne?

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 11:59 am
by Neilrodeo
Ook n boog - al paar jaar in kas.
Het so 3 weke terug weer gaan skiet, en 2 pyle verloor..... :oops:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 3:24 pm
by JJBotes
Ek het `' Bowtech Tomcat,geniet hom baie.Ek skiet een keer `n week saam met die manne van witbank boog club, maar het nog nie geleentheid gehad om iets te gaan jag nie. :( :(

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 4:34 pm
by Piesang
Lyk my hier kom 'n HILUXBOOGJAG-DAG :laugh2: :laugh2:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 5:17 pm
by TheoF
sal hou van daai appel op die kop move . Ek skiet .Wie gan staan?

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 7:05 pm
by Spartan
TheoF wrote:wat kos so boog Jaco? Het jy 'n permit nodig om so iets in jou besit te he?
Jong die troue het my so 10K uit die sak gejaag maar jy kan n twedehandse kit kry vir so 6 tot 8K, n pal hier het so gekoop en n goeie boog set gekry vir 6K, nogal n Hoyt Alpha burner. En jy het geen permit nodig nie, om die waarheid tese het ek nie eers nodig gehad om hom teverklaar op die grens nie.
JJBotes wrote:Ek skiet een keer `n week saam met die manne van witbank boog club
Lekker man :thumbup:
Neilrodeo wrote:Ook n boog - al paar jaar in kas.
Skaam jou :boss:
Tjokkie wrote:Kwalifiseer dit as boogjagter?
NEEEEEEE :lol:
Piesang wrote:Ek en seun kon die selfde grote boog gebruik en ma en sus die selfde grote, maar nee, seun het 'n linker hand boog nodig en pa regs
Ek het dieselfde probleem :lol: :lol:
Shamrock wrote:ek skiet met 'n 100 lb boog
So jy is n sterk ou :training: :twisted: :twisted:
TheoF wrote:Ek skiet .Wie gan staan?
NIE EK NIE :scared2:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 7:21 pm
by OOOOMS
Jaco, jy sukkel nou al jare om 'n target raak te skiet, met 'n geweer, nou het jy oorgeskakel boog toe.... :mocking: :mocking: :mocking:

As en wanneer jy iets skiet laat my asb dadelik weet.... :thumbup:

Geweer na boog wat's volgende slingervel en dan 'n LR.... :roll: :roll: :roll:

:laugh2: :laugh2: :laugh2:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:24 pm
by Spartan
OOOOMS wrote:Jaco, jy sukkel nou al jare om 'n target raak te skiet, met 'n geweer, nou het jy oorgeskakel boog toe....

As en wanneer jy iets skiet laat my asb dadelik weet....

Geweer na boog wat's volgende slingervel en dan 'n LR....
Hey, bly in jou baan sakkie

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:26 pm
by OOOOMS
Spartan wrote:
OOOOMS wrote:Jaco, jy sukkel nou al jare om 'n target raak te skiet, met 'n geweer, nou het jy oorgeskakel boog toe....

As en wanneer jy iets skiet laat my asb dadelik weet....

Geweer na boog wat's volgende slingervel en dan 'n LR....
Hey, bly in jou baan sakkie
Hey....eks nie bang nie.... :lol: :lol: :lol:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 8:29 pm
by OOOOMS
Spartan wrote:
OOOOMS wrote:Jaco, jy sukkel nou al jare om 'n target raak te skiet, met 'n geweer, nou het jy oorgeskakel boog toe....

As en wanneer jy iets skiet laat my asb dadelik weet....

Geweer na boog wat's volgende slingervel en dan 'n LR....
Hey, bly in jou baan liefling
Liefling......?????

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 9:20 pm
by Mud Dog
OOOOMS wrote:
Spartan wrote:
OOOOMS wrote:Jaco, jy sukkel nou al jare om 'n target raak te skiet, met 'n geweer, nou het jy oorgeskakel boog toe....

As en wanneer jy iets skiet laat my asb dadelik weet....

Geweer na boog wat's volgende slingervel en dan 'n LR....
Hey, bly in jou baan liefling
Liefling......?????
Something we should know about here? :laugh2:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Jul 14, 2011 9:22 pm
by OOOOMS
I think since Jaco has been in Bots, he seems to be losing it..?

Shame :lol: :lol: :lol:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Fri Jul 15, 2011 6:36 am
by Bosfebok
Ek luv boogskiet, maar het proleme met senuwees wat in my nek vasknyp :thumbdown: So nou wil ek een van hierdie outjies kry... 375fps :thumbup: :twisted: :twisted:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Fri Jul 15, 2011 7:46 am
by Traveler
Jy KAN 'n volle brand name kit koop (nuut) vir vanaf R4,500-00.

Jy moet net weet waar om te begin. As julle belangstel kontak vir Christo Els van Galagos Archery O83 6O2 O45nege. Hy sal jou vinnig aan die skiet kry vir BAIE minder as wat die groot winkels aan jou probeer afsmeer.

Ek het begin boog skiet in 1990; het eers met 'n PSE Tsunami geskiet, later oorgeskakel na 'n Hoyt Pro Vantage I, en nog later na 'n Hoyt Pro Vantage II.

Het baie kompetisies deelgeneem; hier en anderkant die groot blou water. Toe beeindig 'n wit mercedes E met DIP ***D plate my boogskiet.

Re: Wie is boogjagters

Posted: Fri Jul 15, 2011 3:37 pm
by Spartan
OOOOMS wrote:
Spartan wrote:
OOOOMS wrote:Jaco, jy sukkel nou al jare om 'n target raak te skiet, met 'n geweer, nou het jy oorgeskakel boog toe....

As en wanneer jy iets skiet laat my asb dadelik weet....

Geweer na boog wat's volgende slingervel en dan 'n LR....
Hey, bly in jou baan liefling
Hey....eks nie bang nie.... :lol: :lol: :lol:
Ek dink iemand het teveel tools waarmee hulle kan spel. :boss:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Fri Jul 15, 2011 3:59 pm
by OOOOMS
Jy het dan meer speelgoed as ekke.... :twisted: :twisted: :twisted:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Sun Jul 17, 2011 4:50 pm
by Modder
Ek skiet ook boog.

Ek jag en skiet kompetisie daarmee.

Het tans 'n Hoyt Maxxis 35, 80 pond...

Re: Wie is boogjagters

Posted: Sat Jul 23, 2011 7:05 pm
by rood
:thumbup:
viewtopic.php?f=14&t=13554" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Wie is boogjagters

Posted: Mon Jul 25, 2011 4:19 pm
by hermanvm
Neilrodeo wrote:Ook n boog - al paar jaar in kas.
Het so 3 weke terug weer gaan skiet, en 2 pyle verloor..... :oops:
Is jy seker dis nie voor jou nie? :roll:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Sun Jul 31, 2011 9:12 pm
by Spartan
Was die naweek so 220 Km noord van Jwaneng na n wildsplaas (Kalahari Rest) waar ek my eerste bok met die boog geskiet het. Ek het n 125 gr Niton broad-head gebruik en ek was verbaas om tesien dat daar geen vleisskade was nie. Die broad-head het wel een lemmetjie gebreek maar dis waar hy deur die rib gesny het maar die pyl is dwarsdeur. Daar loop nog n paar goed wat my naam op het maar n naweek is net so lank en die boogjag is redelik tydsaam. Ek het nooit kon dink dat dit so lekker kan wees om met n boog te gaan jag nie, ek was nog altyd maar n geweerman maar ek het my siening van n boog totaal verander. :thumbup:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Sun Jul 31, 2011 10:22 pm
by Mud Dog
Lekker Impala wyfetjie, Jaco! :thumbup: :lol: :lol:

Janee 'walk and stalk' was al die jare vir my die enigste manier om te jag .... met 'm boog moet jy ook baie nader kom. Dis 'n challenge! ;-)

Like die blou camo! :D: (Ek jag nie saam met ouens wat bos kleurige camo of klere dra nie ... moet wit, blou of rooi wees. My swaer jag met wit overalls .... ek dra blue-jeans en 'n blou of wit hemp. Bokke kan mos nie kleur sien nie.)

Re: Wie is boogjagters

Posted: Sun Jul 31, 2011 10:28 pm
by OOOOMS
Is daai blou oorpak, 'n appie orrpak? Pas nogals by jou.....'appie boogjagter' :mocking: :mocking: :mocking:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Mon Aug 01, 2011 11:57 am
by witmamba
Wie't daai bok vir jou geskiet?

Re: Wie is boogjagters

Posted: Mon Aug 01, 2011 12:51 pm
by Animul
As iemand belangstel ... een van my kickboxing studente bou boë

Re: Wie is boogjagters

Posted: Mon Aug 01, 2011 1:12 pm
by OOOOMS
Animul wrote:As iemand belangstel ... een van my kickboxing studente bou boë
Henry dankie :thumbup:

Jy moet jou studente leer ver sonder 'n boog...hoe dan nou :mocking: :mocking: :mocking:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Mon Aug 01, 2011 2:23 pm
by Animul
Dit hang af waar ons n toernooi het .... was hierdie Saterdag in Brakpan en daar was ons ge-issue met wapens ... he he he ...

Nee, wat hierdie ou so uniek maak is dat hy 'n tandtegnoloog is van beroep en die boogbou is sy hobbie. Ek verstaan sy werk is baie goed en baie mense gebruik sy boë ...

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Aug 04, 2011 6:06 am
by Spartan
OOOOMS wrote:Is daai blou oorpak, 'n appie orrpak? Pas nogals by jou.....'appie boogjagter' :mocking: :mocking: :mocking:
witmamba wrote:Wie't daai bok vir jou geskiet?
Ek gaan julle twee op die zip skop as ek julle weer sien. :acute:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Thu Aug 04, 2011 7:10 am
by OOOOMS
Spartan wrote:
OOOOMS wrote:Is daai blou oorpak, 'n appie orrpak? Pas nogals by jou.....'appie boogjagter' :mocking: :mocking: :mocking:
witmamba wrote:Wie't daai bok vir jou geskiet?
Ek gaan julle twee op die zip skop as ek julle weer sien. :acute:
Ek speel maar net, belowe.... :mocking: :mocking: :mocking:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Fri Aug 05, 2011 2:54 pm
by SideKick
Jinne ouens, my vrou skiet my met daai einste boog as ek met nog n hobbie wat geld kos by die huis kom!!! Wens al van klein tyd of om te kan boog skiet!!!

Paar vraagies terwyl ons op daai topic is . . . hoe lank vat dit om te leer skiet? My mik is darim nie te bad nie dink ek :think: (Met my broer se windbuks kan ek maklik n 2-3cm teiken op 20-25m skiet (Hy't n klein scope op :angel: ))

En watse opsies is daar vir so iets huur as jy wil gaan jag byvoorbeeld?

Re: Wie is boogjagters

Posted: Fri Aug 05, 2011 3:27 pm
by witmamba
Wanneer my skippie inkom sal ek jou join met die boogjagtery. Ek is al jare lank lus daarvoor.

Re: Wie is boogjagters

Posted: Fri Aug 05, 2011 6:47 pm
by TheoF
Sien verlede week hierdie boog by ons kooperasie . 'n Matthews ,blykbaar 'n volledige pakket met pyle kort net 'n sneller vir R9000-00
Die regte prys is blykbaar R14 000-00 of is dit sales talk? Jaco kan jy my se?

Re: Wie is boogjagters

Posted: Mon Aug 08, 2011 12:19 pm
by Spartan
TheoF wrote:Sien verlede week hierdie boog by ons kooperasie . 'n Matthews ,blykbaar 'n volledige pakket met pyle kort net 'n sneller vir R9000-00
Die regte prys is blykbaar R14 000-00 of is dit sales talk? Jaco kan jy my se?
Dit hang af van watter Matthews dit is maar 9K is n goeie prys, Bel bietjie die manne by Magnum Archery in Sasol hulle het ook goeie pakette wat hulle aanbied, praat met Leon. :thumbup:

Re: Wie is boogjagters

Posted: Mon Aug 08, 2011 10:17 pm
by Modder
Daai is 'n mathews monster.

Dit hang af van die accesories daarop, maar R9k is nie sleg nie.

Wat is die accesories?

Re: Wie is boogjagters

Posted: Mon Aug 08, 2011 10:28 pm
by TheoF
Ek weet nie watse accesories bykom nie maar sal uitvind. Ek neem aan dit is net die pyle.

Re: Wie is boogjagters

Posted: Tue Aug 09, 2011 11:57 am
by Spartan
Ek het in die bowhunter gelees van beter offers op nuwe boe, miskien moet jy net bietjie meer shop voor jy koop.

Re: Wie is boogjagters

Posted: Tue Aug 09, 2011 7:49 pm
by Modder
Vir R9k moet die sight, stabilizer, release, sak, pyle als saamkom.

Ek stem ook saam spartan, kyk eers wat is nuut beskikbaar. Jy moet ook jou treklengte eers laat meet. Jy kan nie enige boog koop nie, dit moet reg wees vir jou lengte.

Soms is dit wys om eerder te begin met 'n goedkoper boog, maar koop die beste accesories wat jy kan bekostig.
Jy kan dit altyd oordra na die nuwe (beter) boog.

Ek weet nie watter boogwinkels daar by julle is nie, maar koop die bowhunter tydskrif en kyk vir Magnum archery se specials.

Re: Wie is boogjagters

Posted: Wed Aug 10, 2011 1:11 pm
by Spartan
Biae belangrik wat modder se, maak seker van jou draw length, as dit tekort is is jy nie gemaklik nie en as dit teveel is dan is dit n seer storie. Die manne by die boog shop sal alles vir jou uitwys. As jy kyk na pylle dan is n goeie keuse Easton Epic. Op die broadheads het ek uit ondervinding gesien dat die Nitrons baie goed werk. Voor jy ook n boog kies dink ek jy moet dalk eers almal bymekaar sien, dit gaan ook maar oor persoonlikke keuse soos met alles, vir my werk Hoyt die beste. Ek het n Maxxis 35 wat maar op 65pond is. Moet nie probeer om ander te impress met n 100 pond boog en dan sukkel jy jou dood om die ding te trek nie, kry iets wat vir jou lekker werk, jy kan altyd later die boog op stel. :thumbup: