Page 1 of 1

Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Thu Feb 16, 2012 5:32 pm
by Kaspaas
Eerstens, eks n baie sentimentele persoon. Ek hou meer van die geduikte-swartgebrande -aluminium keteltjie as my duur Russel Hobs ketel. Ek hou van iets met 'n storie, 'n stukkie geskiedenis, wat hom/dit onderskei van die gewone. Ek voel ek moet hierdie storie vertel van my Telcoline. Baie het net negatiewe komentaar, maar ekt 'n ander avontuur beleef met ou Vaaljan. So here goes......

Image

Image

Na my pa se dood in Maart 2004, was ek in n bitterlike moeilike situasie. Ekt net terug gekom van 3jaar in Engeland. Ekt genoeg geld gehad om my opgeneukde eerste jaar op US terug te betaal(aan my pa), en ekstra om n verdere 3jaar te swat in die rigting wat ek wou. Maar die lewe het n ander paadjie gekies. Ekt een van my pa se lappies grond geerf net buite Laingsburg, maar met geen gereedskap of implemente nie (Daar gaan die ponde!). Dus moes ek my rooi Mazda 323 (Moemfie) verkoop, maar gelukkig het my pa se 1997 KB280DT DC 4x4 ook deel uitgemaak van my erfporsie. Al probleem met die Isuzu, is dat hy al amper 250 000km opgehad! Ek moes n skuif maak so vinnig as moontlik, want daai Isuzu het op genade aleen geloop.
Nou wat koop jy as jy n student is, en jy kort n agterwiel trek bakkie wat diesel is? R149 000 vir n 2.5D4D? Nee meneer,meer na R95 000, en moes ek settle vir ou Vaaljan! My eerste en seker laaste nuwe motor van my lewe!

Vaaljan kon die pad tussen Durbanville en Laingsburg toe, toe oë draf, gewoonlik vrek swaar gelaai met voer, of scrap yster van die plaas af vir sakgeld. Gannavlakte en Vaaljan het my 3 jaar studie op Elsenburg betaal, al wat hulle gevra het was dat ek elke naweek en vakansie my aandag aan hulle bestee. Vaaljan kon ons vrek swaar sleepwaens sleep, gemaklik teen 140km/h loop, 1.5ton dra en dan nog 11km/l gee. Ek moet sê, ekt daai tyd geniet, en mis dit iets vreesliks. :cry:

Ekt geen huis,krag of lopende water gehad op die plaas nie. Ekt wel n ou 1969 Jurgens karavaan by my broer gekry, en bitterlik mooi gerestoreer. Sonpanele, gas stofie en yskasie. Voor dit het ek vir 2jaar onder n Doring boom op 'n Elsenburg matras, saam met Dezi (my foxsie), agter op Vaaljan geslaap.
;-)
Ons Elsenburg dae saam was n hele hoofstuk op sy eie. Of dit nou vir die aand uit was Tollies toe, Wyntoere, rugby by Coetzenburg of om Netbal ;-) gaan kyk was Vaaljan altyd die vervoer van keuse. Daar was vele roadtrips gewees. Gewoonlik met 3 van ons voor in en ten minste agt manne agter op. Onder ander het ons so ge-roadtrip na Lorriesfontein, Sutherland, Mosselbaai, Williston , Tietiesbaai, man eintlik orals waar een van ons geboer of gebly het.

Een van my legend stories is toe ons Loerriesbaai toe gery het. Ons het al langs die Weskus op gery, en ai, dit was warm en so het die manne klere verloor. Toe ons weer die teerpad by Van Ryhnsdorp slat, toe doen agt kaal mans push-ups op my tralies teen 60km/h deur die dorp! Ai ai ai, waar is die dae van rooi lipstick soene op my voorruit na n skakeling met n meisieskoshuis...... :mrgreen:

Hier is n paar fodies:
Chicks dig Tata's! Vaaljan Transform in n swembad!

Image

Vaaljan het Monroe shocks gehad, so ietwat n suspension lift, met ge- galviniseerde Tralies en bulbar.
N bietjie flex:

Image

Daar is nie n voertuig wat n doghnut kon gooi soos daai Tata nie, maar n handbrake was "pushing it a bit"!

Image

Op Elsenburg se rugbyveld! Potjiekos 2006! (Ergste was dat ek net n week vroeër gekies is as Studenteraad Voorsitter!!) Almal van daai 2005 tot 2007 jaar in Stellenbosch het al gehoor van Wurm se Tata! :twisted:

Image

Hier is n paar plaas fotos:

Image

Image


Erge Ryp:

Image

B#$em$e swaar waterkar - 5000l:

Image

My ou Swift karavaan base met Eskom pale. Terloops daai wa kon n hele windpomptoring vat.
En ou Vaaljan kon hom vat!: :thumbup:

Image

Ek weet nie wie van julle sal Kersdag Desember 2007 onthou nie. Dit het erg gereën in die Moordenaars Karoo, en wyd oor die Weskaap. Gannavlak grens teen die Floriskraaldam, dis so rofweg 60km in omtrek (die dam nou) en jy kon op my grond gesien het waar lê die '81 vloedmerk. Orals was hout opdrifsels en planke, dakkappe, bottels, selfs yskaste en speelgoed.
Nou Kersdag 2007 was vir my een van die swaarste dae in my lewe. My karavaan het so 5km van die Buffelsrivier gestaan onder n Peperboom. Half 5 Kersoggend maak my ouboet my wakker, en besef ek dat ek/ons knie diep binne water staan. Buite die karavaan was die water al amper onder my kieliebakke. Dis toe dat ek sien net Vaaljan se dak steek uit, my hart het net daar gebreuk.

Fotos: (Julle kan Vaaljan se dak net net sien links van die karavaan onder die boom. Dennis staan op regter kant.)


Image

Image

Image

Daar het toe klomp goed gebeur, my broer het sy 3.0 D4D 4x4 gestart met die water wat aan sy deur knippe geraak het, en uit gery na veilighied. Kortoor, een van ons vriende was saam en hyt sy SFA ook gestart en uitgery. Toe ek by Vaaljan kom het sy immobilizer in die water gehang, met die deur se oopmaak het my beursie met my ID en R50 uitgedryf. Ekt hom daar gegroet, geswem na die karavaan, my knipmes en n bottel rooiwyn gevat, en uitgeswem na hoogte toe. :evil:

Na n tyd het ek besluit ek ry nou met Bloupiet (my broer se Fordson trekker) die water in, so het ons altwee bakkies en karavaan uitgesleep

Image

Op die hoogtetjie, het ek gesien hoe my duur krag gereedskap (ALS WAT EK HET, grinder, jigsaw, boor, skaaf, toolboks, soldeerbout), my karavaan,my bakkie, my broer se plaasbakkie, Dennis onder die water vergaan. Ekt tegnies als wat ek het/besit verloor in daai water. Daai vloed van 2007, het net 10cm onder 1981 se vloedmerk gekom, min mense weet van al daai water. Hoër op in die rivier het die water die manne se spulpunte soos koeksusters gedraai.

Image

Image

Image

Die versekering het Vaaljan afgeskryf, hulle het gesê dat hy nie reg gemaak kan word nie. Ek reken die ses ure wat die ou onder die water was, was sy dood steek. Ekt ook nie kans gesien om hom terug te koop nie, was nie my eerste voertuig wat al onder die water was nie! :blackeye: Dit is n onmoontlike taak om al daai elektronika reg temaak, nie eers te praat van sand/slik/modder in elke moontlike gaatjie en gleufie nie. Die paar weke na die vloed het ek al my krag gereedskap oopgemaak, en laat bak in die son. Al die bearingtjies geghries en het ek als weer aan die gang gekry, (behalwe my Beltsander en soldeerbout.)

Na twee jaar en 85 000km was dit die einde van my en Vaaljan se avonture.
Met die versekering se uitbetaling en die feit dat ek daai stadium werkend was, het ek n SFA gesoek.

So het my en Bastiaan se wandelinge begin..........

Hierdie is my 2cw oor die Telcoline.
R.I.P Vaaljan - ek drink n Bells op jou venaand!! "Ching-ching" ou maat! :drinks:

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Thu Feb 16, 2012 5:49 pm
by CasKru
Dankie virrie die mooi storie... so het elke voertuig wat ons ry 'n verhaaltjie om te vertel

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Thu Feb 16, 2012 5:55 pm
by GooseMan
:applaud: :drinks:

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Thu Feb 16, 2012 6:05 pm
by ChrisF
mooi storie, al is die einde so hartseer.

Ek voel so oor my 1981 1275cc Mini .... maar dis n ander storie, ook met n hartseer einde. maar al die goeie herinneringe .... :)



n ou vriend van my was n deeltydse boer. Op n dag toe is die ou Opel bakkie net nie meer groot genoeg nie, en Mike was ook nie van plan om Toyota se pryse te betaal nie. En so koop hy toe ook n Telcoline ... en vat maar al die grappe wat saam kom.

Daai bakkie het GEWERK, soos net n beesboer se bakkie kan WERK. En so deur die jare het hy maar sy merke gekry, maar nie n dag se probleme nie. en elke 10 000 km het Mike die olies gedoen en sy hand op die vortuig gehou.

n Hele paar jaar later, met amper 200 000km op die klok word die bakkie toe gesteel. JA, hulle steel tot Tata's ! Met die paar sent wat die versekering uitbetaal soek Mike toe rond. En so wrintie kry hy toe n tweedehandse Telcoline in die hande. Paar rand spandeer en die wa is REG vir die plaas. Twee maande later kry hy n oproep, sy ou een is terug gevind - net daar is Mike so sentimenteel oor die goeie tye met die wa dat hy hom terug koop.

Dis nou omtrent drie jaar later en albei werk nog n hond uit n bos uit, nie n dag se probleme nie.

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Thu Feb 16, 2012 7:08 pm
by Mud Dog
Lekker stories! :thumbup: En ja, soos met vrouens gaan hartseer dikwels hand in hand met voertuie. :D: ;-)

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Thu Feb 16, 2012 10:10 pm
by Gideonvanzyl
:clap: dit was nou 'n mooi storie

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Thu Feb 16, 2012 11:45 pm
by chopper
Cobus,
Jy het my weer maak besef daar meer diepte is in die eenvoudige dinge vd die lewe as die stadsrumoer, die gejaagde lewe, bling-bling (trots en arrogansie?!) en wereldsbeskouing - dankie boeta :thumbup: :D:
Jy het soveel om op trots te wees :thumbup:

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Fri Feb 17, 2012 8:39 am
by Kaspaas
Dis n plesier! :thumbup:
Eks bly julle het van my verhaaltjie gehou. Ekt lank oorweeg om n storie oor my Tata te skryf, maar nie geweet hoe die mense dit so ontvang nie. :think:

Net soos met ou Vaaljan, kan ek heelwat skryf oor Bastiaan! :silent:

Maar vir nou geniet ek vir Kaspaas verby my verwagtinge!
Ons twee sal op die ou einde n boek kan skryf! :thumbup: :D:

PS - Eks jammer dat ek dit nie in engels gedoen het nie, maar daar was situasies/beskrywings wat ek net nie so goed sou kon uitdruk in "inglish" nie! Volgende keer! :wink2:

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Fri Feb 17, 2012 8:49 am
by GI Jane
Hartseer oor die Tata se laaste dag, maar dis ongelooflike hoe ons so goeie herinneringe oor n voortuig kan he... Hoop jy bou so n goeie genootskap met jou Hilux... skuus as die spel sleg is...

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Fri Feb 17, 2012 9:29 am
by KOBUSL
Pragtige storie. Jy het aanvoeling vir masjienerie, so jy verdien nou 'n Hilux.

Jammer van Vaaljan se tragiese einde : miskien recycle Tata hom tot 'n Discovery 4 in sy nuwe lewe.........................................

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Fri Feb 17, 2012 10:47 am
by Gysie
Kobus - hy is nog te nuut vir n LR :lol: :lol:

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Fri Feb 17, 2012 11:31 am
by Traveler
Dis nou baie interessant. En nice dat jy so baie fotos het.

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Fri Feb 17, 2012 2:55 pm
by Hoppy
Baie mooi, skryf nog!

Laat my terugdink aan warm Escorts, gebuigde Alfas, stukkende Minis, Peugeot 404's, ou kombi's, beetles wat gerol het, vinnige Golfs, V8 chevy's, en n reeks Hiluxe, kan self n paar boeke skryf.

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Sat Feb 18, 2012 6:48 am
by Kaspaas
Dankie Hoppy! :thumbup:

Sjoe, lyk my jy kan ook 'n paar stories vertel, ek het mos nou die ys gebreek!
(met phodies asseblief!) :tongue:

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Sat Feb 18, 2012 11:24 pm
by Traveler
Wat my altyd interessant was van die Tata was sy lekker approach angle.

Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Sun Feb 19, 2012 6:44 am
by Theodorus
Afrikaans ---- Want jy praat nog steeds my taal


---
I am here: http://maps.google.com/maps?ll=-26.067644,27.876825" onclick="window.open(this.href);return false;
Mylux

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Mon Feb 20, 2012 8:30 am
by Kaspaas
:thumbup: - Theo

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Mon Feb 20, 2012 8:50 am
by jacques kotze
Dit was n lekker storie om te lees, en ook die einde van n era vir jou en vaaljan :)

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Mon Feb 20, 2012 8:47 pm
by Kaspaas
Dankei Jacques! soos jy daar sê, dit was goeie tye daai!
Maar ekt so gevoel "Things, can only get better!!" :dance1:

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Sun Mar 18, 2012 1:57 pm
by gert-redelinghuys
awesome storie , ek like dit , hoop dit gaan goed op die plaas

Re: Vaaljan - My geliefde Tata

Posted: Mon Mar 19, 2012 9:32 am
by Kaspaas
Dankie Gert, maar ekt ongelukkig die plaas laat gaan. :(

Gaan verseker erens in die toekoms vir my weer n stukkie grond koop!!