MY 4x4 Familie dag : 2012-03-17 te Bosvark 4x4

Post Reply
OOOOMS
Top Web Wheeler
Top Web Wheeler
Posts: 19468
Joined: Tue Jul 16, 2013 7:09 am

MY 4x4 Familie dag : 2012-03-17 te Bosvark 4x4

Post by OOOOMS »

Received today via email and telephone call from Nico!


Aan al ons 4x4 VRIENDE

4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG 4X4 DAG

Ons hou `n lekker gesins en pret 4x4 dag op 2012-03-17 by Bosvark 4x4 te Robert Broom laan Noordheuwel.
Daar is groot pryse op die spel vir die dag.
Geen rowwe, of voertuig breek hindernisse nie, net `n paar hindernisse naby die lapa, daarna kan jul verder self die res van baan op jul eie tyd verken.

Eerste Prys : 4 x Ironman Skokbrekers ( indien beskikbaar vir die voertuig wat jy ry ) geborg deur Ironman SA
Tweede Prys : Ost Awning of 120 watt 4x4 Solar Panel ( jy kan kies ) geborg deur My 4x4
Derde prys : Snorkel ( indien beskikbaar vir die voertuig wat jy ry ) geborg deur Summit 4x4

Daar sal ook `n klomp troos pryse weggegee word, 5 x ( 15% afslag bewyse ), 5 x ( 10% afslag bewyse ), 5 x ( 5% afslag bewyse ) en nog vele meer.

Ons begin 09:00 tot vroeg middag, daarna het ons die prys uitdeling om 15:00 en daarna `n LEKKER braai by die gesogde LAPA.
Bring gerus jou eie verversings en braai pakkies, ons voorsien die vuur.
Indien jou naam getrek word om 15:00 vir `n prys en jy is nie daar nie, word die prys aan `n ander deelnemer gegee.

Die toegangs fooi is R 200-00 per voertuig indien jy voor die tyd inskryf en ten volle betaal voor die 10de Maart by ons kantore of per internet.
Daarna sal dit R 250-00 per voertuig wees op die dag.

Besoek gerus ons kantore vir `n lekker boeretroos.

Ons verkoop ook nou lekker bees en wilds biltong, droewors en nog vele meer by ons winkel.
Ons gaan ook binnekort met ons klere reeks begin vir die manne en natuurlik vir ons mooie 4x4 dames.

Almal welkom wat 4x4 Voertuie verkoop, om sy stalletjie verniet uit te stal.

4x4 GROETE van die My 4x4 span.
Trudie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Apr 20, 2010 11:46 am
Town: Krugersdorp
Vehicle: Mazda
Real Name: Trudie
Club VHF Licence: Vlarkie

Re: MY 4x4 Familie dag : 2012-03-17 te Bosvark 4x4

Post by Trudie »

Ons gaan definitief vir Nico en sy span ondersteun. Sien baie uit na Saterdag
Trudie
Trudie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Apr 20, 2010 11:46 am
Town: Krugersdorp
Vehicle: Mazda
Real Name: Trudie
Club VHF Licence: Vlarkie

Re: MY 4x4 Familie dag : 2012-03-17 te Bosvark 4x4

Post by Trudie »

Baie dankie aan Nico en sy span van My 4x4 vir Saterdag se pret. Baie dankie ook aan Ironman vir hulle sponsorship, asook die prys wat ons gewen het.
Vir die wat nie daar was nie om verskeie redes, net een boodskap - julle het "uitgeloose" op 'n baie lekker kuier dag.

Tot volgende keer

Trudie
User avatar
scout
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 199
Joined: Sat Nov 05, 2011 10:45 am
Town: White River
Vehicle: 91 Hilux dc -pro comp , arb bb , winch , 33'' muds
Real Name: Jonathan

Re: MY 4x4 Familie dag : 2012-03-17 te Bosvark 4x4

Post by scout »

enige foto's??? :beg:
" Yes I know we are lost , but we are making good time "
Trudie
Newbie
Posts: 3
Joined: Tue Apr 20, 2010 11:46 am
Town: Krugersdorp
Vehicle: Mazda
Real Name: Trudie
Club VHF Licence: Vlarkie

Re: MY 4x4 Familie dag : 2012-03-17 te Bosvark 4x4

Post by Trudie »

Die fotos sal volg sodra ek die disc van die fotograaf ontvang het. :)
Brand
High Range 4WD
High Range 4WD
Posts: 79
Joined: Thu Jan 05, 2012 11:38 am
Town: Roodepoort
Vehicle: Hilux 3.0 D4D 4x4
Real Name: Gerbrand

Re: MY 4x4 Familie dag : 2012-03-17 te Bosvark 4x4

Post by Brand »

Vryf dit in. Ek sou graag wou kom maar nou ja, ek kon nie :thumbdown:
Post Reply

Return to “Gauteng”