Page 1 of 1

PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Mon May 07, 2012 2:06 pm
by BenRich
Middag Kerels,

Kyk bietjie hierso, was die naweek op n plaas naby Dwaalboom.

Ons het hierdie rooibok ram lank gesoek en toe ons hom kry gee hy toe net n nekskoot.

Na die skoot het die ram weg gehardloop. Op die plek waar hy gestaan het was bietjie bloed en hare maar geen spoor verder nie! Met blinde geluk het my neef hom die middag tussen die trop gesien met n bebloede nek en toe in die kop doodgeskiet!

Ek skiet met n 308 Win en het 168g PMP (Bruin Boksie) ammo gebruik. Dit was n goeie skoot maar kyk hoe het die patroon ontplof! Sal verseker my ammo verander. Hierdie in my opinie is onaanvaarbaar van n verskaffer met die naam PMP :thumbdown:

Ek wil graag by 168g bly, ander opsies?

Ben

Re: PMP Amunisie?

Posted: Mon May 07, 2012 2:10 pm
by Borntofish
Laai Impala's, die vleis skade is so te se niks en ek moet nog een terug kry.

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Mon May 07, 2012 3:14 pm
by pietdevs
Ek laai self my patrone omdat ek dieselfde ondervind het met PMP ammo. Die toleransies van die PMP ammo het geweldig verswak in my opinie en ek motiveer dit soos volg: Trek die punte uit en weeg die punte, kruit en doppe en jy sal jou doodskrik! Alles verskil noemenswaardig en veroorsaak dus die swak eindproduk. My aanbeveling is laai self jou ammo - dis goedkoper en baie meer akkuraat.

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Mon May 07, 2012 5:22 pm
by Mud Dog
Koop Norma as jy huille nog êrens kan kry. ;-)

Re: PMP Amunisie?

Posted: Mon May 07, 2012 10:27 pm
by Aquanaut
Borntofish wrote:Laai Impala's, die vleis skade is so te se niks en ek moet nog een terug kry.
Impala's is goed, ek gebruik ook die "Sierra Game King 180gr" hulle is ook goeie punte, maar dan moet jy self laai. Die 180gr is goed vir 308 en 30.06.
Verlede naweek het ek n springbok met my 30.06 met n 180gr punt geskiet, net daar geval en nie baie vleis skarde nie.

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 08, 2012 6:20 am
by Agteros
Ek jag met 'n 375 HH Mag sedert 1989. Het begin met PMP punte 300gr. self gelaai. Die goed kon nie deur 'n rooibok skiet nie - totaal ontplof binne in die bok - teen nie eers 'n hoe snelheid nie. Sedertdien oorgeskakel na Barnes X, Nosler Partition en Hornady. Baie beter kwaliteit.

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 08, 2012 9:05 am
by BenRich
Dankie vir die inset...

Ek laai nie self nie en het ook geen herlaai toerusting nie, so ek wil net graag n goeie maak oor die toonbank koop wat nie te duur is nie maar wat nie dieselfde skade gaan doen as hierdie PMP rontes nie...

Waarna kan ek kyk......(Pro Am/Winchester)

Enige hulp of advies baie welkom!

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 08, 2012 11:42 am
by Tjokkie
Ek is gelukkkig genoeg gewees dat my skoonouers 'n wel bekende wapenwinkel besit het....totdat hulle afgetree en dit verkoop het!! (eishhh)

Lang storie kort: hulle ken PMP se manne op hulle name van die winkel-dae asook die feit dat die hele familie (en van die skoon familie) almal BAIE bekwame skuts en jagters is. Ons kan verskeie staaltjies vertel van 180g SPBT wat nie deur 'n rooibok ram se ribbekas kon gaan op 40m, en 'n koedoe-nekskoot op 70m wat soos haelkorrels in die nek ge-disintegreer het!

Tussen die lot van ons is daar feitlik nie 'n kaliber wat nie herlaai word en, ALLES, maar ALLES is oorgeskakel na ander fabrikaat punte toe. Ons herlaai van .222 tot 308 en 30-06, 375 en 458 ens., 'n klomp gerestoureerde voorlaaiers, tot ons hael patrone en maak selfs ons eie hael korrels.

Die laaste punte wat ons nog PMP gebruik het was die 155g Match, maar tot die het ons oorgeskakel na Nossler toe a.g.v. PRYS (tot R800 goedkoper per 1000)....100g 6mm (.243) Hornady SPBT is gemiddeld R70-R100 goedkoper as PMP

Sorry PMP, maar eg Suid Afrikaans beteken ons moet steeds die kwaliteit en prys voordeel kry, nie die uitvoer markte nie, al is hulle soveel groter...

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Mon May 14, 2012 9:30 pm
by SUKIBOS
Ek is 'n beroepsjagter en het dieselfde ondervind met PMP - die "softnose" punte split sodra dit been slaan.

Beste patrone wat ek kan aanbeveel is Highland of Remington.

As jy self herlaai, kan jy nog steeds PMP doppe gebruik, maar kry net ander punte.

Onthou net om weer jou geweer te gaan inskiet met die nuwe patrone aangesien PMP rondtes se grein defnitief wissel van rondte tot rondte.

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 7:33 am
by BenRich
Dankie Nico,

Sal so maak...

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 7:42 am
by Traveler
Hi Bennie, geluk met die impala. :thumbup:

Ek moet maar direk wees. Jong, ek wil die skuld voor jou deur plaas in hierdie geval; jy het die verkeerde ammunisie gebruik. Jy het 'n non bonded soft nose patroon gebruik. Wat het jy verwag??
Mens kan mos nie 'n verskaffer verkla as jy die verkeerde toerusting gebruik nie.

Winchester is baie goed, asook Federal, PMP se ProAmm, en PMP se Africa Elite. Ammunisie vir jag, moet jy vanuit 'n beginsel standpunt die beste koop wat jy kan bekostig. Jy gaan immers om iets dood te skiet; dis jou plig om dit so vinnig en effektief moontlik te doen, en dis die patroon wat dit vir jou doen.

Gebruik volgende keer 'n bonded lood patroon, of 'n mono metaal patroon.

PS. Highland sal ek nie aan raak met 'n tang nie behalwe as ek gate in dun papier wil skiet. Het gesien hoe 'n Highland patroon se kopper agterbly in die vel van 'n blesbok, as dit nie was dat dit 'n 9.3 patroon was nie, sou daar nie genoeg lood gewees het om die werk te voltooi nie.

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 9:25 am
by Aquanaut
Kyk hierna, ek het nou net 50 van hulle 150gr 308 punte bestel.
http://www.impalabullets.co.za" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 10:36 am
by Kaspaas
Stem saam met Hugo en Nico hier.

Al van PMP wat ek vertrou is hul doppe.
Gebruik huidiglik Hornady Bowtails.

:thumbup:

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 11:05 am
by BenRich
Ek moet maar direk wees. Jong, ek wil die skuld voor jou deur plaas in hierdie geval; jy het die verkeerde ammunisie gebruik. Jy het 'n non bonded soft nose patroon gebruik. Wat het jy verwag??
Mens kan mos nie 'n verskaffer verkla as jy die verkeerde toerusting gebruik nie.


Heinrich,

Het gewonder hoekom jy so stil is hier....

Stem saam met jou maar ter my verdediging...Ek is nog n groen jagter en is dus baie oop vir advies en raad. As ek by n winkel (Safari&Outdoor) instap en vra vir ammunisie by die man agter die toonbank met al die koels neem ek aan hy weet waarvan hy praat.... Wie is ek om te stry as hierdie my eerste geweer is?

Ek wil graag eties jag en sal nie weer die fout maak nie...Ek moet net eerlik wees as ek se is teleurgesteld in die maak PMP (BRUIN BOKSIE) Hoe kan hulle dit dan deur winkels verkoop as n jagpatroon as dit dan skynbaar nie is nie volgens almal se kommentaar hier?

Ek het twee ander impala's geskiet met dieselfde ammunisie geskiet voor hierdie rammetjie.

Hopenlik kan iemand anders deur hierdie te lees nie dieselfde fout maak as ek nie!

Groete

Bennie

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 11:51 am
by Traveler
Ek herlaai Hornady se Interbond (nie Interlock nie), Hornady GMX, Impala's, Rhino's, Barnes Tripple Shock, Nosler Custom Competition & PMP se gewone (bruinboksie punte).

Vir jag, hou ek by Barnes X, Rhino's, GMX.

Ek neem maar die manne in die geweerwinkels se raad met 'n vrag vol sout; ek het ook al gehoop hulle weet waarvan hulle praat, en tot my finansiele skade agtergekom dit is nie so nie.

Jy is in Boksburg, spaar jou tyd en geld en koop jou ammunisie plaaslik by Limpopo Arms, Shop 5, Towers Building, 137 North Rand Rd. Alternatief as jy in Pretoria is gaan eerder Zimbi toe. By altwee winkels gaan jy beter diens asook pryse kry.

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 1:05 pm
by BenRich
Dankie Heinrich vir jou inset, waardeer dit, soos ek se ek luister graag na ander ouens se advies :thumbup:

Ek het n boksie vol pmp doppies as jy belangstel. Le in my garage, ek hou al my doppies met die gedagte om dit vir iemand te gee wat herlaai...

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 1:11 pm
by Traveler
BenRich wrote:Dankie Heinrich vir jou inset, waardeer dit, soos ek se ek luister graag na ander ouens se advies :thumbup:

Ek het n boksie vol pmp doppies as jy belangstel. Le in my garage, ek hou al my doppies met die gedagte om dit vir iemand te gee wat herlaai...
Ons kan altyd gesels, sien hoe ons jou aan die gang kan kry om self te herlaai. :thumbup:

Re: PMP Amunisie? (not for the squeamish)

Posted: Tue May 15, 2012 1:23 pm
by BenRich
Moet eers verby "softness" kom aangesien ek die laaste tyd bietjie baie geld spandeer het......Huntex ens :mrgreen: