Page 1 of 1

Star trails

Posted: Tue Dec 11, 2012 8:24 pm
by ChrisF
Ek is so gelukkig met die luck shot ek wil dit graag met julle deel -

Re: Star trails

Posted: Tue Dec 11, 2012 8:48 pm
by Danman
Sjoe chris, dis besonders!
Ek moes die jaar besluit canon of canopy, en jy weet wat ek toe besluit het nou laat jy my wonder......miskien in die kaap vir my 'n lekker staalborsel koop en daai jeuk uitsorteer.

Re: Star trails

Posted: Tue Dec 11, 2012 8:51 pm
by Froll
Baie mooi Chris, ek wens ek kon sukke mooi photos vat. Eks nie baie goed in daai afdeeling. :thumbup: :crazy:

Re: Star trails

Posted: Tue Dec 11, 2012 9:00 pm
by ChrisF
Danie ek het so paar maande terug in ORMS gestaan, en die besluit was die nuwe 5DMk3 of weg gaan vir die vakansie .....

Sal maar die jaar n bietjie opknap om die huis. :)


Roger twee jaar terug het ek NIKS geweet van DSLR kameras nie - en as ek kyk na VAL en n paar ander mense se fotos besef ek net hoe baie ek nog moet leer !! Tog kan ek darem sê dat ek wel n paar goedjies geleer het die laaste 18 maande.

Juis n paar boeke en videos wat ek nog wil deurwerk terwyl ek die vakansie by die huis is. :)

Re: Star trails

Posted: Tue Dec 11, 2012 9:02 pm
by ChrisF
Die foto is geneem op die beginsel van n aantal 30 sekonde fotos, wat dan met sagteware "gestack" word.

die ander manier is n enkel "long exposure".

Re: Star trails

Posted: Tue Dec 11, 2012 9:13 pm
by CasKru
Briljante shot daai Chris

Re: Star trails

Posted: Tue Dec 11, 2012 9:30 pm
by STAMPIE
Was dit Saterdagaand gewees?

Re: Star trails

Posted: Tue Dec 11, 2012 9:33 pm
by ChrisF
Jip, 8 Desember.


die wind was WILD !! en ons was so bietjie bekommerd dat die wolke kon toe trek.


Dit was eers teen 20 voor 9 donker genoeg om te begin star trails afneem, EN ons moes teen 10:00 uit wees. Nie genoeg tyd vir lekker LANG trails nie. Tog was dit LEKKER gewees.

Re: Star trails

Posted: Wed Dec 12, 2012 6:17 am
by pietpetoors
Dis 'n baie besonderse foto Chris. Knap gedaan :thumbup:

Re: Star trails

Posted: Wed Dec 12, 2012 7:44 am
by ThysdJ
Baie nice Chris!!! :thumbup: :thumbup: :thumbup:

Re: Star trails

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:00 am
by roeland.vlok
Regtig besonder!
Chris, waar is dit geneem? Dit wil amper vir my bekend lyk maar ek wonder nou... :blink:

Re: Star trails

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:50 am
by HennieO
ChrisF wrote:Ek is so gelukkig met die luck shot ek wil dit graag met julle deel -

Daar's 'n bietjie meer as "luck" betrokke gewees. :thumbup: :thumbup:

SKITTEREND!! :thumbup:

Re: Star trails

Posted: Wed Dec 12, 2012 8:53 am
by JohanM
Baie mooi Chris!!!
roeland.vlok wrote:Regtig besonder!
Chris, waar is dit geneem? Dit wil amper vir my bekend lyk maar ek wonder nou... :blink:
Roeland daai is geneem by die Taalmonument in Paarl. :thumbup:

Re: Star trails

Posted: Wed Dec 12, 2012 9:19 am
by roeland.vlok
Dankie! Was 'n slag daar, maar dit was ligjare gelede!
Regtig 'n besonderse foto! :thumbup:

Re: Star trails

Posted: Wed Dec 12, 2012 4:15 pm
by GI Jane
Wow Chris, baie mooi foto.... Het die laaste drie dae by berg river gekamp en gedink daaraan om photo's by die taal monument te gaan neem... ongelukkig het die tyd my ingehaal.. en goeie keuse tussen die vakansie en kamera koop... :thumbup: :thumbup: :thumbup: seker n mens kan nie n fout maak met die 5Dmkiii.... net om die manual klaar deur te lees...sjoe :laugh2: :laugh2: :laugh2:

Re: Star trails

Posted: Wed Dec 12, 2012 9:04 pm
by ChrisF
Dankie vir die komplimente.


Val daai is nogal n lywige manual. :)

Ek is baie gelukkig om n goeie vriend te hê wat n professionele fotograaf is. Maak darem net meer sin as iemand die settings WYS en VERDUIDELIK. As dit nie vir Grant was nie, was my fotografie nog maar baie basies gewees op die stadium. Met my 50 tot 60 uur werk weke kry ek net te min tyd om te speel met die kameras ....

Re: Star trails

Posted: Thu Dec 13, 2012 6:33 am
by JEEPIE
baie mooi daai hoor

Re: Star trails

Posted: Thu Dec 13, 2012 7:55 am
by badprop
Dis awesome!