Page 1 of 1

amper af

Posted: Wed Jun 11, 2008 2:42 pm
by Piesang
Ons was die dag twee luxe en 'n sani
Image
Hier was pel Rudy met sy 3l diesel so amper wal af.
Dit lyk nie op die foto so erg nie, maar die grond loop nogal met 'n spoed ondertoe. Rudy was voor en ons het gewag dat hy die hindernis eers klaar maak toe die trok begin skop en grawe met diff lock en al kon hy nie uit nie en die trok werk hom toe afgrond se kant toe. Rudy vat hom toe terug, maar maak niesaak wat Rudy probeer nie hy grawe na die linkerkant toe teen die afgrond af. Omdat Rudy voor was en my toy nie diff locks het nie kon ek nie naby kom met hom nie so 50m terug (die sannie was telaag op die grond). Al wat ek kon doen was om op die runner te staan en my gewig sovêr moontlik terug gooi vir ekstragewig op die regterkant om tekeer vir rol(amper soos met 'n seilboot). Ja ek weet dit was dom van my want as die trok gerol het was ek saam, maar ek kon mos nie my pel alleen daar los nie, as hy gaan gaan ek ook. Hy het so 20m teen die bult af aanhou sukkel om terug tekom in die pad, aanhou af gly en lig tot by 'n gelykte waar hy weer kon pad vat.
Agerna hoor ons net die ouens met monsters soos 'n maar op die blad kon dit daar uit maak.
En ja, sy sit plek het daar na so bultjie in die middel gemaak.
ns Sy doger wou ook nie uitklim net gesê "ek bly by my pa"

Re: amper af

Posted: Wed Jun 11, 2008 4:55 pm
by Tristan
:o :shock: :o Scary stuff :!: Like you say pictures dont do these type of situations justice.

Re: amper af

Posted: Fri Jul 18, 2008 11:53 am
by Castos
"n difflock kan 'n bliksem wees die dag as hy wil. Ek het al gesien jy gebruik 'n difflock net met reg hoekige lyne. Moet hom nooit teen 'n skuinste of in modder met 'n skuinshoek gebruik nie. Die difflock druk altyd jou stert in die gemors in.

Bly om te hoor daar was nie skade of iets ergers nie.

Re: amper af

Posted: Sun Jul 20, 2008 11:38 am
by BenHur
Ek het laas so issue gehad met die Pajero by chloorkop waar die difflock heeltyd my neus links by 'n wal wou afdruk al was my wiel ten volle na regs gedraai. Toe ek my difflock afskakel to kon ek maklik uitkom uit die situasie