Page 1 of 1

klein letaba rivier naweek. Cancelled

Posted: Fri May 10, 2013 8:41 am
by Vlak vark
Dit is weer tyd om te gaan speel in die rivier. Ek was n ruk terug daar maar nie baie ver gekom nie. So ek dink dit sal nou beter gaan. Voorloopig is dit vir die naweek van 7de junie.

Vrydag sal die wat van ver af kom kamp by my in die agterplaas met die olifants rivier in die agtergrond. Saterdag oggend sal ons vroeg vertrek en stop by masorrini garage om voltemaak en die laaste goed by spar te koop. Daarna vertrek ons na die klein letaba rivier waar die pret sal begin. Ons sal rivierlangs ry tot laatmiddag waar ons sal kamp. Sondag oggend na n lekker brekkie sal ons terug ry rivier langs huis se kant toe.

Die hele naweek is selfversorgend. Die wat vrydag aand oorslaap,is daar stort en toilet geriewe maar vir saterdag en sondag is daar niks.

Dit is darm redelik warmer hier. Die grade wissel tussen 13 en 17 grade in die aand.

Goed om saamtevat:
Eet en drink goed.
Herwinings gereedskap
Tent en slaapgoed
Water om te drink
N rooster vir braai
Sakkie hout of charcoal as hout nie beskikbaar is nie
Muskiet repellent
N goeie sin vir humor.

Die toegang is gratis.

Die wat hou van sand en water: die een is vir jou.

Ek sal later fotos oplaai. Want as ek copy en past van photobucket af se hy hy kan nie die foto size sien nie. :frustrated:

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 10, 2013 9:07 am
by Stef
Jis dit klink lekker, ons sou juis saam met Charles Francis hulle, ook daar van jou wereld gegaan het die lang naweek in Junie...en eers die Maandag terug gekom het. Ongelukkig het die plan nie uitgewerk nie.

Het intussen 'n ander outing gereel vir Junie (dammit).

Het ook van hulle vorige trippies se videos gesien en dit lyk na vet pret :thumbup: Julle moet geniet.

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 10, 2013 9:18 am
by Vlak vark
Ek ken vir Chalres. Was ook al saam met hom.
Ek wil dit nie te lank rek nie omdat daar nie badgeriewe is nie.

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 10, 2013 9:26 am
by Stef
Ek en Charles se broer werk saam...klein wereld.
Grootste oorweging vir 4 dae was maar omdat meeste van ons nog kinders op skool het, kan vroegste 2pm uit Pta ry op 'n Vrydag.

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 10, 2013 9:33 am
by Vlak vark
Die selfde hier. Een en n halwe dag is oor asgenoeg om lekker te speel en vas te sit. :thumbup:

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 10, 2013 11:10 am
by sakkie4x4
Klink vir my reg. Die Tzaneeners sal ook gaan saam speel :yahoo: :celebrate:

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 10, 2013 11:14 am
by sakkie4x4
Mag ek n mede hilux eienaar nooi saam. hy is nog nie op die forum nie.

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 10, 2013 11:33 am
by Vlak vark
sakkie4x4 wrote:Klink vir my reg. Die Tzaneeners sal ook gaan saam speel :yahoo: :celebrate:
:thumbup:

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 10, 2013 11:35 am
by Vlak vark
sakkie4x4 wrote:Mag ek n mede hilux eienaar nooi saam. hy is nog nie op die forum nie.
Sakkie enige iemand is welkom. :thumbup:

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Sat May 11, 2013 5:51 pm
by Vlak vark
hier is so paar lusmakers :cooldude: :dance1: :dance1:

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Image

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Sat May 11, 2013 7:23 pm
by Jaans
Dit klink baie lekker sal kyk hoe werk my dink hier uit.

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Sat May 11, 2013 11:19 pm
by sakkie4x4
Ja nee ek is omgepraaat. Gelukkig gaan daar gesiloute hande wees om my touwys te maak. Ek ken nog nie die lorrie se nukke en grinne van die pad af nie

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Sun May 12, 2013 11:37 am
by pietpetoors
Dit lyk lekker, jammer ek is bietjie vêr

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Mon May 13, 2013 1:02 pm
by Vlak vark
Jaans wrote:Dit klink baie lekker sal kyk hoe werk my dink hier uit.

Johannes, dit sal lekker wees as jy kan saamkom. :thumbup:

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Mon May 13, 2013 7:29 pm
by Jaans
Ek sien uit, dinge lyk heel goed dat ek en my seun daar gaan wees.

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Tue May 14, 2013 12:21 pm
by sakkie4x4
Vlak vark stuur vir my jou nommer asb

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Tue May 14, 2013 1:28 pm
by Vlak vark
Sakkie, dit is 0834439035.

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Tue May 14, 2013 3:10 pm
by Andre du preez
:clap: :clap: :clap: :clap: :clap: :clap:

Re: klein letaba rivier naweek.

Posted: Fri May 17, 2013 9:41 pm
by Vlak vark
ek kan begin met n lys:
1. Nico en Kristy en 2 kopbene
2. Jaans en seun
3. Sakkie en vrou
4. Sakkie se vriend
5. Patrick en vrou (saam met Nico)
6. ?
7. ?


kan nie meer wag nie. :dance1:

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Fri May 24, 2013 8:26 pm
by Jaans
Ek is reg die kappie en daktent is op. Sien baie uit. :dance1:

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Fri May 24, 2013 8:41 pm
by Thabogrobler
Nee man, hoekom sulke kort kennisgewing???

Dis my tipe trip die - BAIE speel, min bad!!

Is dit dieselfde roete wat die anderkant se manne hul berugte River Trip hou?

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Sat May 25, 2013 8:23 am
by Vlak vark
Jaans wrote:Ek is reg die kappie en daktent is op. Sien baie uit. :dance1:
X2 kan nie meer wag nie. Is vandag bietjie by klaserie dam. Maak bietjie lyne nat.

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Sat May 25, 2013 8:28 am
by Vlak vark
Thabogrobler wrote:Nee man, hoekom sulke kort kennisgewing???

Dis my tipe trip die - BAIE speel, min bad!!

Is dit dieselfde roete wat die anderkant se manne hul berugte River Trip hou?
Ek het die thread begin al die 10 May. Daar is n paar plekke waar daar gery word
Die een wat jy van praat is op die community forum. Hulle gaan ry in die olifants.

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Mon May 27, 2013 3:33 pm
by sakkie4x4
Kom naweek kom,dit tyd vir speel

:yahoo: :yahoo: :yahoo:

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Wed May 29, 2013 4:41 pm
by Vlak vark
Ek kan nie meer wag nie. :yahoo: :celebrate: :yahoo: :celebrate:

1. Nico en Kristy
2. Jaans en seun
3. Sakkie en vrou
4. Sakkie se vriend
5. Patrick en vrou
6. ?
7. ?

Nog iemand wat will saamkom?

Dit gaan Royal Jelly wees

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Wed May 29, 2013 5:16 pm
by War-Medic
Waar presies is dit.


Sent from my iPad using Tapatalk HD

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Wed May 29, 2013 8:00 pm
by Vlak vark
Dit is so 70km buite phalaborwa.

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Fri May 31, 2013 3:08 am
by Vlak vark
Jaans, gaan jy vrydag oorslaap. daar is n flat beskikbaar teen geen eksta betaaling nie :lol: :lol:
Almal het sover bevestig. alwat nou moet gebeur is die naweek moet kom. ek kan nie meer wag nie. :dance1: :dance1:

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Fri May 31, 2013 6:06 pm
by Jaans
Hi Nico ek het slegte nuus. My werk het besluit ek moet oorsee gaan vir werk. :frustrated: :frustrated: Ek kom eers Saterdag aand terug. Dit se hulle vir my twee uur voor ek die laaste voorbereiding vir die naweek so doen. Ek is baie jammer ek gaan dit mis ek het so uitgesien na ie trip. Ek hoop nie dit verander julle planne nie. :surrender: Nou moet ek weer die daktent afhaal sonder om dit te gebruik.

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Sat Jun 01, 2013 4:11 am
by Vlak vark
Jaans wrote:Hi Nico ek het slegte nuus. My werk het besluit ek moet oorsee gaan vir werk. :frustrated: :frustrated: Ek kom eers Saterdag aand terug. Dit se hulle vir my twee uur voor ek die laaste voorbereiding vir die naweek so doen. Ek is baie jammer ek gaan dit mis ek het so uitgesien na ie trip. Ek hoop nie dit verander julle planne nie. :surrender: Nou moet ek weer die daktent afhaal sonder om dit te gebruik.
ek is jammer om dit te hoor. ek ken daai gevoel. :thumbup:

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Tue Jun 04, 2013 8:13 am
by sakkie4x4
Weens dringende familie veranrwoordelike gaan ek nie die naweek kan saam gaan nie. Miskien sal die probleme uitgesort wees voor Vrydag middag,dan sal ek nog kan gaan.

Re: klein letaba rivier naweek. 08 junie 2013

Posted: Tue Jun 04, 2013 7:47 pm
by Vlak vark
Ek het besluit om die rivier trip n week aan te skuif.
So as daar nog belangstelling is, is julle welkom om saam te gaan.

Re: klein letaba rivier naweek. Cancelled

Posted: Fri Jun 07, 2013 9:26 am
by Vlak vark
As gevolg van ander verpligtinge het ek die rivier trip gekanseller.
Ek sal weer in die nabye toekoms weer een probeer reel. :thumbdown: