Page 1 of 1

Opsoek na 308 te koop

Posted: Mon Jun 17, 2013 7:24 pm
by Boetman
Goeie dag,

Ek is opsoek na n goeie tweedehandse 308, enige bekende maak. Indien enige iemand van iets weet sal ek dit waardeer as julle my kan laat weet asb.

Baie dankie :bye:

Re: Opsoek na 308 te koop

Posted: Wed Jun 19, 2013 9:13 pm
by Boetman
:dance1: Het reg gekom, dankie!

Re: Opsoek na 308 te koop

Posted: Thu Jun 20, 2013 7:35 pm
by Mud Dog
Mooi so! Wat het jy gekry? Fotos? ;-)

Re: Opsoek na 308 te koop

Posted: Fri Jun 21, 2013 1:08 pm
by BosveldBul
Wat sal ñ goeie prys vir ñ 308 2de hands in goeie kondisie wees?

Re: Opsoek na 308 te koop

Posted: Fri Jun 21, 2013 1:16 pm
by vanthev8man
baie geluk boetman!!!

beste kaliber.

Re: Opsoek na 308 te koop

Posted: Fri Jun 21, 2013 2:18 pm
by Boetman
Baie dankie! By Safari Outdoor, Remington 700 (nuut) vir n goeie prys-9500. Ek sal fotos opsit as ek hom het.
BosveldBul wrote:Wat sal ñ goeie prys vir ñ 308 2de hands in goeie kondisie wees?
Ek het nou die afgelope tyd baie rondgesoek, moet se dit is nie maklik om n goeie 2de handse 308 te kry nie. Prys gaan baie afhang van die maak. Sako baie gesog en sal nie sommer onder 15 000 kry nie, tensy die ou se vrou kwaad is vir hom en dit vir hom verkoop... en dan speel goed soos,snellers,lope, ouderdom,sluitstukke en enige ander verbeterings ook n rol. As jy het om te verkoop moenie skaam wees om jou prys te vra nie. Anders vergelyk dit met die nuwe pryse en wat jy saam met dit kry, hoopenlik kyk die meeste ouens goed na hulle gewere.