Page 1 of 1

Aansoek form om my dogter uit te vra.

Posted: Sun May 11, 2014 12:24 pm
by Vlak vark
het die op Fb gesien en ek moet dit met julle deel.


AANSOEKVORM VIR TOESTEMMING OM MY DOGTER TE MAG UITVRA
Lees asseblief die volgende instruksies aandagtig deur voordat die vorm
ingevul word.

Alle aansoeke moet vergesel word van 5kg (of meer) biltong, 12 bottels KWV
Roodeberg, 12 bottels KWV 10 jaar Brandewyn, 1 kas Heineken en 'n betaalde
jagsafari van 14 dae in Kenia vir vier persone.

Hierdie aansoek sal as onvolledig beskou word (en dienooreenkomstig afgekeur
word) indien enige van die volgende NIE aangeheg is nie:
a.. Volledige finansiƫle state vir die laaste drie jaar
b.. Skool- en universiteitsgeskiedenis (nie technikon, kollege of iets anders
nie).
c.. Werksgeskiedenis
d.. Familiegeskiedenis vir die laaste 200 jaar (Anglo-Boereoorlog Hensoppers,
Joiners of Vermyders kan maar hier opgee).
e.. Bestuurderslisensiegeskiedenis
f.. Volledige mediese ondersoek onderteken deur 'n goedgekeurde dokter en
psigiater.

AANSOEKVORM

Naam: _______________________________________________________
Bynaam: ______________________________________________________
(Enige dierename by bogenoemde sal tot afkeuring lei)
Geboortedatum: ________________________________________________
Lengte: _______________________________________________________
Gewig: ________________________________________________________
IK:____________________________________________________________
Skoolgemiddeld: _______________________________________________
ID #: _________________________________________________________
Bestuurderslisensie #: ___________________________________________
Voortrekkerrang (tans) en kursusse voltooi: __________________________
______________________________________________________________
Tuisadres: _____________________________________________________
______________________________________________________________
Dorp/Stad : _____________________________Kode: _________________
Het jy EEN manlike en EEN vroulike ouer? __________________________
Indien NEE, verduidelik __________________________________________
Aantal jare wat hulle getroud is: ___________________________________
Indien korter as jou ouderdom, verduidelik: __________________________
______________________________________________________________
Besit jy:
'n Kombi: ______________________________________________________
Ford Sierra: ____________________________________________________
Enige ander kar met 'n drukvin en allooiwiele wat NIE standaard is nie?
__________________________________________________________
'n Waterbed: ____________________________________________________
'n Bakkie met 'n matras agterin: ____________________________________
Kondome: ______________________________________________________
Enige pornografie: ________________________________________________
Dra jy 'n oorbel, neusring of naeltjiering?____________________________
Het jy 'n tatoeƫrmerk? _____________________________________________
INDIEN ANTWOORDE OP ENIGE VAN DIE BOONSTE VRAE JA IS, MOENIE VOORTGAAN
NIE EN VERLAAT DIE PERSEEL ONMIDDELLIK.

In 50 woorde of minder, wat beteken LAAT vir jou? ____________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________
_______________________________________________________________

In 50 woorde of minder, wat beteken: MOENIE AAN MY DOGTER RAAK NIE?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________

In 50 woorde of minder, wat verstaan jy onder GEHEELONTHOUDING?
________________________________________________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________

In 10 woorde of minder, wat verstaan jy onder die volgende:
KASTREER: ____________________________________________________
GENADEDOOD: __________________________________________________
In nie MINDER as 5000 woorde verduidelik wat jy verstaan onder die woord
VRY?
SKRYF DIT OP JOU EIE PAPIER EN HEG AAN BY AANSOEK)
Naam en adres van die kerk wat jy bywoon: __________________________
________________________________________________________________
________________________________________________________________
Hoe gereeld woon jy kerk by? ______________________________________
Wanneer sal die beste tyd wees om die volgende persone te ondervra:
Vader: ________________________ Predikant: ____________________
Moeder: _______________________ Paroolbeampte: ________________

Sal jou ouers hulle vrywillig aan genetiese toetsing onderwerp of sal
doofpyle gebruik moet word?
____________________________________________

Enige besware teen die deursoeking van jou persoon, voertuig, hok of gat
of enige ander blyplek? _____________________________________________

Voltooi die volgende sinne. Antwoorde sal as vertroulik beskou word.
a.. Indien ek geslaan word, wil ek baie graag NIE die volgende been
gebreek wil he nie: _____________________________________________
b.. Indien ek raakgeskiet word, sou ek nie raakgeskiet wou word op my:
___________________________________________________________
c.. 'n Vrou se plek is in die: ______________________________________
d.. Die een ding wat ek hoop NIE gevra sal word in die onderhoud nie,is:
___________________________________________________________
e.. Wanneer ek 'n meisie vir die eerste keer ontmoet, sien ek heel eerste
die volgende raak:________________________________________

NOTA: Indien die antwoord met 'n P, T, D of G begin, stop dadelik.
Terwyl die perseel verlaat, hardloop in S'e en hou jou kop laag.

Wat wil jy word INDIEN jy moontlik groot word?
___________________________

Wat is die huidige tariewe van 'n hotelkamer?
_____________________________

Hoe weet jy dit? _____________________________________________________
___________________________________________________________________
HIERMEE BELOOF EK PLEGTIG DAT AL DIE BOGENOEMDE INLIGTING KORREK EN
WAAR IS.
VERKEERDELIK VERSKAFDE INLIGTING MAG LEI TOT DIE DOOD, ONTMANNING, DIE
VERLOOR VAN LEDEMATE, ROOIMIER-MARTELING, KRUISIGING, ELEKTRIESE SKOK,
CHINESE WATERMARTELING EN ROOIWARM YSTERTOEDIENING.
HANDTEKENING (dis jou naam): __________________________________________

Dankie vir jou belangstelling. Laat asseblief 4 tot 6 jaar toe vir
prosessering. Jy sal skriftelik in kennis gestel word indien jou
aansoek aanvaar word. Moet asseblief nie probeer om telefonies, elektronies,
skriftelik, per posduif, vingertaal of deur middel van rookseine in
verbinding te tree nie (aangesien dit tot ernstige beserings kan lei).
Indien jou aansoek afgekeur word, sal jy persoonlik in kennis gestel
word deur twee here in swart pakke met wit dasse, wat elkeen 'n viooltas
dra.

Re: Aansoek form om my dogter uit te vra.

Posted: Sun May 11, 2014 4:40 pm
by Froll
:lmao: :lmao: :lmao:

Re: Aansoek form om my dogter uit te vra.

Posted: Sun May 11, 2014 5:47 pm
by 4x4BEES
:lmao: :lmao: :lmao: :lmao:
Ek is so bly ek het nie n dogter nie.
Ek sou lankal al mal geword het.

Re: Aansoek form om my dogter uit te vra.

Posted: Sun May 11, 2014 6:24 pm
by Huismoeles
Dit kan werk

Re: Aansoek form om my dogter uit te vra.

Posted: Sun May 11, 2014 6:37 pm
by Mossienel
Ek gat dit sommer nou print. Dis darem nog ver voor die mannetjie by die teroris kan kom kuier.

Re: Aansoek form om my dogter uit te vra.

Posted: Mon May 12, 2014 1:04 pm
by Johan Havenga
So pas gestuur!

wonder of hy dit gaan voltooi?

Re: Aansoek form om my dogter uit te vra.

Posted: Mon May 12, 2014 5:53 pm
by ChrisF
Mossienel wrote:Ek gat dit sommer nou print. Dis darem nog ver voor die mannetjie by die teroris kan kom kuier.
net vir ingeval, gaan kuier vir Len by Wildman en bestel NOU daai dubbel loop haelgeweer !!


sal hom vra of hy patrone het met growwe sout - sommer so by voorbaat die mannetjies laat VOEL jy is ernstig ....

Re: Aansoek form om my dogter uit te vra.

Posted: Mon May 12, 2014 8:56 pm
by Mossienel
ChrisF wrote:
Mossienel wrote:Ek gat dit sommer nou print. Dis darem nog ver voor die mannetjie by die teroris kan kom kuier.
net vir ingeval, gaan kuier vir Len by Wildman en bestel NOU daai dubbel loop haelgeweer !!


sal hom vra of hy patrone het met growwe sout - sommer so by voorbaat die mannetjies laat VOEL jy is ernstig ....
Het klaar die haelgeweer, n hoe heining, armed response en 'n baie kwaai hond.