Page 1 of 1

Nou wat nou?

Posted: Wed Jul 30, 2014 10:16 am
by SwannieC
More More!

Alhoewel ek al 'n geruime tyd my Hilux het, het ek die laaste paar maande my bakkie begin toerus met die nodige offroad bybehore (Rhino Bumper, winch, DC Torque rims, air suspension agter, ens) en nou onlangs by die Klub aangesluit. Alhoewel daar nog BAIE op my inkopielys is, voel ek dat ek darem 'n offroad baan sal kan baas raak. Wil graag Alan se kursus bywoon in November, maar het gewonder of daar nie ander manne is wat ook bietjie wil gaan speel iewers nie.

Ek het vroeer jare op QuadTorque se website aangesluit en het goeie vriende in die proses gemaak. My lyf wil egter nie meer op 'n quad ry nie .... So wil graag die 4x4 leefstyl aanpak en in die proses dalk ook nuwe vriendskappe bou en 'n lekker buitelug ervaring vir my gesin gee. Ons woon in Pretoria.

Ek hoor graag van julle.

Re: Nou wat nou?

Posted: Wed Jul 30, 2014 10:58 am
by Mud Dog
Lekker! Wys bietjie fotos hoe lyk dit nou. :D:

Daar is gereelde uitstappies in die Gauteng gebied gereel, kyk hier en hou hierso ook dop. ;-)

Re: Nou wat nou?

Posted: Wed Jul 30, 2014 8:59 pm
by Froll
Welcome Coetzee, hoop jy geniet dit hier op die forum. :thumbup:

Re: Nou wat nou?

Posted: Wed Jul 30, 2014 9:09 pm
by Obelix and Dogmatix
HI Coetzee welcome

and Just keep an eye on the forum and you will see that invites go out for hopefully monthly trips / outings.

I am sure you will enjoy the club

Re: Nou wat nou?

Posted: Thu Jul 31, 2014 7:21 pm
by swartvark
Welcome on the forum......and please show us your truck.

Re: Nou wat nou?

Posted: Thu Jul 31, 2014 8:59 pm
by pietpetoors
Welkom, hier by ons moet jy eers sê wie jy is, dan wys hoe jou trok lyk en dan kom sulke ander goed soos waar jy woon en wie jou skoonma is. :lol:

Hoop jy geniet dit.

Re: Nou wat nou?

Posted: Fri Aug 01, 2014 11:26 am
by SwannieC
LOL! Dankie julle!

My vroutjie sê ook ek doen altyd alles agterstevoor ....

Hallo my naam is Coetzee en ek hou van perdry en boeklees ..... :lol:

Op 'n ernstiger noot is ek gelukkig getroud en pa van 'n pragtige dogtertjie en my vrou verwag ons tweede enetjie (weet nog nie of dit 'n hotdog of 'n hamburger gaan wees nie ...). Woon in Garsfontein, Pretoria.

Aangeheg is foto van my Hilux. Het nog 'n LAAANG inkopielys, maar moet nou eers weer babakamer oorden ... :boss:

Re: Nou wat nou?

Posted: Fri Aug 01, 2014 11:34 am
by Warrior
Pragtig, Welkom :thumbup:

Re: Nou wat nou?

Posted: Fri Aug 01, 2014 11:47 am
by Cleaner
Welkom op die forum! Hoop jy geniet dit hier! Gaan kyk na die event - 6 Sept 2014 - Spring Day @ de Wildt 4x4 - en kom speel saam!

Re: Nou wat nou?

Posted: Fri Aug 01, 2014 12:54 pm
by pietpetoors
Baie mooi :thumbup:

Re: Nou wat nou?

Posted: Fri Aug 01, 2014 1:28 pm
by Hilux 1
Welkom, smart man smart.

Ken nogal iemand wat nie te ver van Garsfontein af bly nie. bly in Grootfontein Country Estate. was so 2 jr terug daar.

Re: Nou wat nou?

Posted: Fri Aug 01, 2014 4:46 pm
by swartvark
Shoe.........as ek eendag "Fancy" raak, mag my wa ook maar so lyk. :twisted:

BAIE MOOI!!!!!!

Re: Nou wat nou?

Posted: Fri Aug 01, 2014 4:55 pm
by Mud Dog
Spoggerige Hilux! Baie mooi! :thumbup: :thumbup:

Re: Nou wat nou?

Posted: Sun Aug 03, 2014 8:49 pm
by 4x4BEES
Baie mooi trokkie daai :thumbup:

Welkom hier by ons. Jy sal dit seekerlik geniet hier.