Page 1 of 1

My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Fri Mar 06, 2015 2:06 pm
by Borntofish
So ek is besig om n 8 duim dobsonian aanmekaar te sit vir die diep donker areas waar my bakkie hom so nou en dan in bevind.

Die spider ...

Image

Die Tube en die res van die parte. In goeie ATM Fashion is meeste van die parte uit tweedehandse material wat verniet verkry is.

Image

Sal hopelik bietjie die naweek tyd kry om verder te karring....

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Fri Mar 06, 2015 2:38 pm
by Masekind
Sal nice wees om hom te sien as hy klaar is

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Fri Mar 06, 2015 4:47 pm
by Mud Dog
Watse optics gebruik jy vir so 'n ding? Nogal 'n interesante projek! ;-)

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Fri Mar 06, 2015 7:47 pm
by Oupa Stig
I'm dumb.
Are you building a telescope?

If so, will you be grinding the lenses yourself?

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Mar 09, 2015 6:46 am
by Hangover
Janee ek is ook lost... Wat doen mens met so ding?

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Mar 09, 2015 9:15 am
by Mud Dog
Hangover wrote:Janee ek is ook lost... Wat doen mens met so ding?
Sterre en maan kyk ....... glo nie dit sal werk om die buur vrouens uit te check nie, Stef! :twisted: :twisted:

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Mar 09, 2015 9:16 am
by Hangover
Hahaha ok cool dankie...

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Mar 09, 2015 9:25 am
by Borntofish
Jong ek kan na die buurvrou kyk aan die ander kant van die koppie so 2km weg... :twisted: :twisted:

Sy is net onderste bo...

So ek het die naweek bietjie die rocker box gebou en die optics begin vasplak.

8 Duim spieël op die mirror cell

Image

Sekondere spieël op die spider vasgeplak

Image

En gou n rou fitting gedoen

Image

Die altitude bearings moet nog aan die pyp vas kom, en dan is dit strip en painting....

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Mar 09, 2015 9:29 am
by Borntofish
I'm dumb.
Are you building a telescope?

If so, will you be grinding the lenses yourself?
Dit is n astronomiese teleskoop. Ek het die 8 duim spieel self uitgegrind. My suster het vir my twee pyrex blanks van die states af gestuur. Dit was min of meer so twee hondered ure se werk. Geduld moet baie wees om so stukk glas in vorm te skuur.

Die Astronomiese klub het my gehelp met die finale vorming van die spieel. Ek kon hom nie parabolies gekry het nie. Gelukkig is daar n paar ouens met dik brille en wit jasse.... :laugh2: :laugh2:

Ek het die spieel al so 6 jaar in my kas en het net nooit by die bou gedeelte uitgekom nie.

Die fokuser is ook home made uit klomp stukkies aluminium uit en n paar bearings.

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Mar 09, 2015 12:52 pm
by Oupa Stig
Ja, my pa het ook sy eie lense ge"grind", ook hulp gekry by die astro club. Hy was feitlik klaar toe wen hy 'n fancy teleskoop by een van die klub se goed wat baie beter is as sy eie.... Maar hy't aanhou bou.
dis nogals freaky as jy vir Saturnus kyk en die ringe kan sien en tussen die ring en die planeet deur kan sien...
Ek haal my hoed af vir die ouens wat die tyd en geduld het om daai lense te grind.

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Mar 16, 2015 10:21 am
by Borntofish
Image

Hy staan op sy eie. Die projekkie begin nou baie meer tyd vat as wat ek beplan het.....

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Sep 21, 2015 11:44 am
by Borntofish
En uiteindelik is die projek ook klaar....

Nou moet ek net n cradle maak om die tube agter op die bakkie te sit.

Image

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Mon Sep 21, 2015 11:49 pm
by Mud Dog
Baie mooi afgewerk Werner!! :thumbup:

Hoe goed werk hy?

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Tue Sep 22, 2015 9:01 am
by Borntofish
Eish, ek weet nie. Dit is bewolk hier in JHB...

Re: My nuwe projek - 8 Duim Dobsonian

Posted: Tue Sep 22, 2015 9:28 pm
by Mud Dog
Jy't hom nog nie ge-try nie ??!! :shock2: :shock2: Dit kon seker nie elke aand in die laaste twee maande bewolk gewees het nie! :mocking:

Laat weet, ons wag in spanning! :D: ;-)