Page 1 of 1

Maklike resepte vir die kampvuur.

Posted: Sun Oct 25, 2015 10:01 pm
by Fanusl
Die tyd vir lekker kamp en kampvuurkosmaak is alweer om die draai. Wil hoor wat se lekker en maklike resepte het julle om met ons te deel. Iets behalwe vleisbraai en roosterkoek. Ek gaan so vir twee weke kamp sonder geriewe. Net my kampsleepwa en die stilte van die natuur in die veld. Iets wat ek op die gasstoof of verkieslik op die kampvuur kan maak. Ek hoor graag wat julle maak.

Re: Maklike resepte vir die kampvuur.

Posted: Thu Oct 29, 2015 12:02 pm
by Hilux 1
wat van Potjie maak? lam skenkels met patat of butternut, aartappels, wortels, blomkool en sampieone. jy kan eintlik enig iets maak in n pot(gas of vuur). en baie Olof bergh(nie vir die pot nie)

Re: Maklike resepte vir die kampvuur.

Posted: Thu Oct 29, 2015 1:17 pm
by WayneSchalk
"n leker vars rolletjie met bacon en avo, met so bitjie Tabasco sous.

Is seker maar vir lunch en werk die lekerste in Mozambique met hulle leker pao

Re: Maklike resepte vir die kampvuur.

Posted: Fri Oct 30, 2015 2:36 pm
by Dirka
:twisted: :twisted: :twisted:

Image[/URL]

Re: Maklike resepte vir die kampvuur.

Posted: Fri Oct 30, 2015 2:43 pm
by Hilux 1
deuce M, lieflik

Re: Maklike resepte vir die kampvuur.

Posted: Fri Oct 30, 2015 3:06 pm
by Rianc
Vir ontbyt, middag of aand! Die skorsie bly 'n wenner! Sny hom in die helfte deur, haal die pitte uit. Nou kan jy 'n lagie suikermieles ingooi, net bietjie, 1 eier bo-oor die mielies, stukkies rou rump of fillet (spek) baie dun gesny bo op dit. Nog niks is in die kole op die oomblik nie! Sout en peper en garlic (wat ook al) volgens smaak.

Maak nou die skorsie toe met die ander helfte, steek vas al om die rondte met min 4 toothpicks. Draai toe in foelie en sit in die vuur se lae hitte, as. Los hom vir so 30min tot 1uur (kan aangepas word volgens eie voorkeur) en draai gereeld, lekker kuier tyd as jy nie haastig is nie

Dis 'n volledige ete. Ek geniet dit!

Re: Maklike resepte vir die kampvuur.

Posted: Fri Oct 30, 2015 3:12 pm
by 4x4BEES
2M in 1999 in Mosambiek gedrink, kan ongelukkig nie onthou hoe dit smaak nie. :blushing: :siffler: :slap: :naah:
Ek weet net dis omtrent al wat ons gedrink het daar. Dit en rum. :D: :D:

Re: Maklike resepte vir die kampvuur.

Posted: Mon Nov 02, 2015 10:37 am
by rigardt
hier is n paar drank winkels hier in Gauteng wat nou ook 2M verkoop.