Page 1 of 1

Kom ons beplan n Botswana trip.

Posted: Sun Nov 22, 2015 9:59 am
by Taljaag
Ons wil in Julie maand 3 weke gaan toer in Botswana.As daar tyd is kan ons Caprivi ook doen.Ons wil camping doen.Wil doen: Victoria falls / Tiger Fishing / Boat cruise / Safari drive.Toer begin by Palapye.Ons gaan niks sleep nie.Kan julle help beplan.

Re: Kom ons beplan n Botswana trip.

Posted: Sun Nov 22, 2015 11:30 am
by coetzer94
Die moremi is n MOET vir wild kyk, chobe en savuti is ook mooi. Julle kan ook die hunters road van kansane af nata toe ry. En kubu eiland is ook mooi. Oppad caprivi toe via shakawe kan julle ook by drotskys cabins kamp, dis op die rivier met ongelooflike kamp plekke en as ek reg kan onthou is daar goeie visvang plek ook.

Ek het maar net n klomp plekke genoem waarna julle kan kyk, die hele botswana is mooi en jy kan nie eintelik verkeerd gaan met enige plek nie.

Sterkte ek hoop julle geniet dit baie

Re: Kom ons beplan n Botswana trip.

Posted: Sun Nov 22, 2015 1:12 pm
by Taljaag
Dankie Vian.Ek weet nie waar om te begin nie.Soos ek gelees het is dit n baie mooi plek.Ons gaan ry Palapye / Serowe / Orapa na Maun.Slaap oor by Maun rest camp en dan wil ons bos toe.Dit is tot sover ek gekom het.

Re: Kom ons beplan n Botswana trip.

Posted: Sun Nov 22, 2015 7:01 pm
by ChrisF
In die Kasane omgewing kan ek beslis SENYATI aanbeveel. Hulle het kamp en chellet geriewe. PUIK geleentheid om olifante van NABY te besigtig.


In Kasane is tientalle toer operateurs wat vir jou n dagtrip na Vic-valle kan doen.

Doen jouself n guns en koop daai R20 ponchos by Outdoorwarehouse en vat saam na Vic-valle .... jy GAAN goed NAT word !! :)


GENIET !!


Doen jouself n groot guns en doen n boot trip by Kasane op die rivier !!!!!!!!!!!!!! En as jy ernstig is oor fotografie stop by PANGOLIN en praat met GUTS, kyk of hulle n sessie kan doen vir jou. Jy sien BAIE meer van die boot af as wat jy met n game drive in die park sien.

Re: Kom ons beplan n Botswana trip.

Posted: Sun Nov 22, 2015 11:06 pm
by Niel
Dit kink my ons mag mekaar net iewers raakloop.

Re: Kom ons beplan n Botswana trip.

Posted: Mon Nov 23, 2015 7:16 am
by coetzer94
Van maun af sou ek voorstel om deur die moremi en savuti te toer tot in die chobe, die wild en natuur lewe is volop. In die droe seisoen sal al die wild ook by die water vergader so jou kanse om baie wild te sien is goed.

Vic falls is mooi, maar dis nie nodig om met n operateur te gaan nie. Vanf die zim kant van die valle is dit beslis makliker om te sien. Oppad terug grens toe van die valle is daar n natuur resevaat tussen die pad en die rivier, daars geen ingangs hekke oplf sulke dinge nie, ons het bietjie rond gesoek op T4A en n paar padjies gekry om daar binne te ry, baie mooi landskappe maar nie veel wild nie. Ek weet nie of dit toegelaat word nie, maar ons het in september laasjaar dit gedoen en daar was geen probleme nie.

As jy by kansane is kan jy in enige rigting inslaan, die caprivi strip het n hele paar mooi kamp plekke, net buote katima het ons by n plek met groen gras en n swem bad gekamp, maar ek kan nie die plek se naam onthou nie.


Ek sou ook daai booze cruise op die chobe doen, dit is die geld werd!

Jy kan ook oppad terug by Elephant sands net voor nata oorstop, as jy die hunders roud vat is dit net die regte afstand van kasane af. By Elephant sands kan jy as jy gelukkig is tot 30 olifante van NABY af bekyk by die water gat.

Hoop ek kon jou idees gee, dis n trip wat ons al gedoen het. Botswana is betowerend, en ons sal altyd terug gaan.


Sterkte en ons soek fotos as jy terug is!

Re: Kom ons beplan n Botswana trip.

Posted: Mon Nov 23, 2015 8:05 am
by ChrisF
Vic Valle .... operateur of nie .... :)


BAIE opinies oor die een !!


PERSOONLIK is ek net nie lus vir die Zim polisie en hul afpers taktiek nie. En ek weet van te veel voertuie waar ingebreek is by die Vic Valle se parkeer area .... En dan die kostes om met jou eie voertuig deur die grens te gaan.


Vir ons was dit net n paar rand meer om met n toer te gaan, en elke sent werd.


Die toer operateur wat ons papiere vinnig deur die grens poste gekry het was absoluut n wenner !!



Moet ook bysê, ons het vriende wat die rit self gedoen het en geen inbrake of afpersing gehad het nie.


Voorspoed met die besluit. :)

Re: Kom ons beplan n Botswana trip.

Posted: Mon Nov 23, 2015 11:07 am
by coetzer94
Skuus chris, jammer as dit geklink het asof ek jou idee van die hand wys, verskillende opsies werk vir verskillende mense. Ek wou net daarop wys dat daar n paar dinge rondom die valle ook is om te doen wat die operateurs jou nie gaan wys nie, die operateurs gaan jou weer baie beter info oor die valle en omliggende area kan gee wat toeriste nie weet nie.

Ek verstaan jou stand punt oor die polisie, my pa is 10 USD beboet omdat hy nie n liggie op sy agter nommerplaat gehad het nie (by gese dit was ons fout omdat ons nie die nuwe bumper wat hy laat op sit het se gewone plek vir die nmmer plaat gebruik het nie). Dis toe dat ons die bos paadjies terug ry om verby die polieste te kom wat ons diè mooi deel van zim gesien het.

Ons het zim om gery, oor die brug geloop en in die Devils pools aan die Zambiese kant gaan swem, juis omdat dit so duur is om voertuie in Zambie in te vat.