Page 1 of 1

Botswana, Zimbabwe Vic Valle, Zambie, Namibie en terug deur Kgalagadi

Posted: Thu Jan 21, 2016 6:49 pm
by van1949
Ons vertrek 29 April op n uitreik deur 4 plekke in Namibie :thumbup: - Wil graag uitvind wat die oorgrens beperkings in met voedsel en drank by die grens poste

Re: Botswana, Zimbabwe Vic Valle, Zambie, Namibie en terug deur Kgalagadi

Posted: Fri Jan 22, 2016 10:06 am
by ChrisF
Hello Oeloff

Beide Namibia en Botswana het sones om bek-en-klou-seer te beperk. Vertaling - soos jy Wes ry in die Kaprivi strook gaan jou voertuig deursoek word en vars vleis gekonfiskeer word.

So ook as jy Suid ry in Botswana gaan jy deur n hele paar van die kontrole punte beweeg. Hulle soek altyd vir vleis.

Maar dan het Botswana ook n ekstra beleid oor sitrus vrugte ... so die word ook gekonfiskeer by die kontrole punte.

but wait there is more ....

Botswana het ook adisionele seisonale beperkinge. As dit hul oes-seisoen is vir n produk, dan mag jy nie daai produk inbring in die land nie .... hulle is erg daaroor om hul eie industrie te ondersteun.


Wes van Maun het ons nog deur een laaste kontrole punt gegaan. En toe word ons lang-lewe melk ook gekonfiskeer .. en dit is beslis nie op hul lys nie ..... maar wat gaan jy maak as daai manne wil koffie maak .....



die praktiese probleem met al die kontrole punte - tussen Kasane en Nata Nata is n kontrole punt. So nou kom jy aan by Nata Nata met geen vars vleis nie ..... vergeet daai groot kol op die kaart !! Nata Nata is n KLEIN dorpie met n plaaswinkel. paar geboue verder is die "slaghuis" - jy kan kies watter stuk vleis hulle met n mes van die karkas vir jou sny .... niks gesien wat lyk soos koelkamers nie ... So nou kom jy aan by Nxai panne met GEEN vars vleis nie ... en hier is ook geen winkel nie ...... gelukkig darem blikkies kos gehad.



Ons is BAIE verlekker met al die geriewe wat by al ons parke is !!!!!


Maun en Kasane is groot dorpe en jy kan ALS daar koop - wat jy nodig het tot by die volgende kontrole punt. Dit kos net mooi beplanning.

Re: Botswana, Zimbabwe Vic Valle, Zambie, Namibie en terug deur Kgalagadi

Posted: Fri Jan 22, 2016 10:18 am
by ChrisF
kan dalk ook byvoeg -

Namibie - hier kan jy met SA rande betaal (net nie die R200 note nie). Jy kan oor kaarte gebruik. Die kaart-stelsels is maar gereeld buite werking, so hou maar kontant naby ....


Botswana - meestal betaal jy maar met n kaart (VISA en MasterCard werk). Part plekke aanvaar SA Rande, maar dan HOES jy vir n wilde uitruilkoers !!



nog iets om aan te dink - teen April behoort Namibia weer op "day-light-savings" te wees .... so als is n uur uit. Maar in die Kaprivi strook is dit steeds normale SA tyd.

Re: Botswana, Zimbabwe Vic Valle, Zambie, Namibie en terug deur Kgalagadi

Posted: Sat Jan 23, 2016 8:22 am
by van1949
Dankie Chris inligting sal baie help :thumbup: