Page 1 of 1

Prado 120 V6 petrol tank/ gauge

Posted: Tue Jan 26, 2016 12:50 pm
by Stefan Swarts
Hey Manne

Ek het vir my n 2008 Prado VX V6 gekoop. Ek wil net by die manne wat reeds sulke voertuie het weet presies hoe werk die petroltank en gauge.



Ek weet dit vat 180L in totaal in twee tanks. As ek hom vol maak dan sak die naald tot half en dan kom die 90L liggie aan , en naald styg weer tot vol.

Is die tweede tank gavity feed na main tank ? En hoeveel Km ry mens voor hy leeg is en voor 90L liggie aankom. Weet dit sal verskil van elke voertuig, maar net vir intersantheid.

stefan

image.jpeg

Re: Prado 120 V6 petrol tank/ gauge

Posted: Tue Jan 26, 2016 3:13 pm
by jacques kotze
Weet nie of hy gravity feed is nie, ek kry so ongeveer 900-950km per tank in die dorp, en so 1000-1100 op die oop pad.

Re: Prado 120 V6 petrol tank/ gauge

Posted: Tue Jan 26, 2016 5:13 pm
by MCHILUX
Die twee tenks werk saam . Die voorste een het die petrolpomp in soos die pomp die petrol uit die tenk uitpomp suig hy ook petrol.uit die agterste tenk so sak die twee tenks se vlakke saam. Die liggie sĂȘ maar net vir as hy half is. As hy gaan staan sonder petrol maar die gauge wys daar is nog petrol oor is die pomp foutief en suig hy nie meer uit die agterste tenk nie

Re: Prado 120 V6 petrol tank/ gauge

Posted: Wed Feb 10, 2016 7:38 am
by Stefan Swarts
Hey Manne

My vrou ry die prado en het nou die eerste tank leeg gery. Dis maar alles in stad, kleuterskool en winkels toe.

Die petrol liggie het nog nie aangegaan nie, hoeveel L gooi mens as die liggie aangaan, wil bepaal of my liggie werk.

Het 1100.5 km gery en toe gooi ek 165L. Dit gee 6.7 km/l.

Ek dink nie dis te sleg vir die dorp nie.

Hoor graag

Stefan