Page 1 of 1

Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Thu Apr 07, 2016 12:13 am
by Stefan9006
Watter vervaardiger se freeflow klink die mooiste op n 3L Hilux d4d? Soos ek verstaan kan freeflow tot 18kw ekstra vir jou gee.

Ek het al n JBC freeflow gehoor in werklikheid. Sien video minute 4:36.

http://youtu.be/uqw5y_fh9ms" onclick="window.open(this.href);return false;


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Thu Apr 07, 2016 11:13 am
by andrevt
steves auto clinic vanderbijlpark

Re: Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Wed Apr 13, 2016 9:45 am
by gerritmocke
Lees ook hier : viewtopic.php?f=94&t=30642" onclick="window.open(this.href);return false;

Re: Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Sun Apr 23, 2017 4:04 pm
by Jacques1965
Om nou eerlik te wees, n freeflow maak geen verskil op n diesel engin nie. n diesel se kraglewering kom van die turbo en die injector timing af. Jy kan die standaard ecu re- program vir meer krag. kyk op google vir exhaust size calculator. dit dui die grootte aan vir die kraglewering. jy het nie n chip nodig vir meer krag nie. herproggrammeer standaard ecu. n D4D kan 170 kw lewer sonder n '''piggyback''.

Re: Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Tue Apr 25, 2017 9:14 am
by gerritmocke
Jacques1965 wrote: Sun Apr 23, 2017 4:04 pm Om nou eerlik te wees, n freeflow maak geen verskil op n diesel engin nie. n diesel se kraglewering kom van die turbo en die injector timing af. Jy kan die standaard ecu re- program vir meer krag. kyk op google vir exhaust size calculator. dit dui die grootte aan vir die kraglewering. jy het nie n chip nodig vir meer krag nie. herproggrammeer standaard ecu. n D4D kan 170 kw lewer sonder n '''piggyback''.
Hi Jacques

Jy is 100% reg soos ek op die duur manier uitgevind het. Sal graag met jou in aanraking wil kom.

Re: Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Tue Apr 25, 2017 2:43 pm
by Jacques1965
my e- mail adres: jleroux380@gmail.com

Re: Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Tue Apr 25, 2017 9:05 pm
by Thabogrobler
Jacques1965 wrote: Sun Apr 23, 2017 4:04 pm Om nou eerlik te wees, n freeflow maak geen verskil op n diesel engin nie. n diesel se kraglewering kom van die turbo en die injector timing af. Jy kan die standaard ecu re- program vir meer krag. kyk op google vir exhaust size calculator. dit dui die grootte aan vir die kraglewering. jy het nie n chip nodig vir meer krag nie. herproggrammeer standaard ecu. n D4D kan 170 kw lewer sonder n '''piggyback''.
Ek gaan ongelukkig van jou moet verskil - en baie drasties.

'n Diesel enjin(pertol ook) se werk verrigting hang baie af van die lug deur die enjin vloei. Al wat 'n turbo doen is om lug onder druk te sit en vinniger deur die enjin te laat vloei.

Doen die volgende toets: Sit 'n strooitjie in jou mond en knyp jou neus met 'n wasgoed penntjie toe. Gaan draf om die blok.......dit was nie lekker of maklik nie? Was jou lugvloei bietjie belemmer?

Op presies dieselfde beginsel werk 'n enjin - meer lug in, meer lug uit. Doen nou dieselfde oefening hierbo maar met met 'n 50mm pyp in jou mond. Beter?

Om die enjin se optimale verriging te kry moet jy die lugvloei van waar dit in die voertuig ingesuig word tot waar dit uitgeblaas word glad en sonder belemmering laat vloei.

Sou jy die exhaust doen en eers later bv. 'n snorkel opsit sal jy dink die snorkel is 'n wonder ding want na dit het jou kar soveel beter getrek en vertel jou pel hy moet net 'n snorkel opsit, die exhaust is 'n mors, maar dis nie heeltemal waar nie.

Die laaste verandering gaan altyd voel of dit die grootste verskil maak.

Dan nog ietsie: 'n Groter uitlaat laat die warm gasse vinniger wegkom van die enjin af en laat die EGT's laer(kort weergawe) wat beter is vir 'n enjin.

Persoonlik sal ek nie 'n ECU flash nie. AL chip wat ek vertrou is die Unichip wat vir jou voertuig, op 'n dyno ingestel word waar 'n klomp parameters gemonitor word om seker te maak jy kry betroubare krag. Wat help 'n ekstra 10kw maar dit verkort die enjin se lewe met 40 of 60%?

Dwayne Voogt in Delmas bou die beste freeflows op D4D's wat ek nog gesien het.

Re: Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Wed Apr 26, 2017 12:16 pm
by gerritmocke
Hi Thabo , groter pyp met Unichip op my 3.0D4D. Deur net die pyp te vervang het geen verskil op my voertuig gehad nie. My gevoel was R7500 in die water. Ek stem saam dat inlet mods dalk sou gehelp het soos jy noem in jou voorbeeld met die snorkel. Ek dink net dit help nie as jy goeie uitvloei het, maar jou invloei bly standaard nie . Ek het beter resultate met Unichip en "cat" verwyder gekry as met vervangde pyp.

Re: Freeflow op 3L Hilux d4d

Posted: Wed Apr 26, 2017 2:31 pm
by JohanW
Net om my 2c ook te gee. Waar 'n vet exhaust op 'n d4d wel werk is met turbo lag en EGTs. Die vet exhaust gaan nie vir jou meer "boost" gee nie aangesien die stepper motor en turbo driver vanaf 200kPa (lees 1 bar bo atmosfeer) die VNT vanes se pitch verander om die boost te verminder (soos 'n tipe blow off valve op turbos van oud). Gaan lees my draad viewtopic.php?f=3&t=42524 oor die gevare van 'n te groot exhaust op 'n auto D4d sit. Met die vet exhaust gaan jy daardie stepper motor op die turbo heelwat harder laat werk.

Oor die EGTs, die hoogste wat ek nog gekry het was 706 grade C. Platvoet, gelaai fris bult. Oor die algemeen steek hy nie 670 oor nie en sit gemiddeld hier by 450 rond. Dit skryf ek toe aan my kort 63mm freeflow.