OME suspensie op 4Y

Having problems with your vehicle? Or need advice on repairing or servicing your Hilux? This is the place to ask for help
Post Reply
Spook
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 134
Joined: Wed Apr 23, 2008 5:34 pm
Town: Swakopmund
Vehicle: Hilux 4Y 4x4 s/cab, 3.0 D-4D
Real Name: Ockie

OME suspensie op 4Y

Post by Spook »

Ek het die verandering mos gemaak na ek 'n veer gebreek het op my 1991 4Y single cab 4x4 en het ook gesê dat die verandering voel baie goed. Gister het ek 'n 500km dagtrippie gemaak wat die Uis/Omaruru grondpad asook die baie bekende grondpad verby die Spitzkuppe ingesluit het. Die Uis-pad is nie te wonderlik op hierdie stadium nie. Die stuk tot by Omaruru is gemiddeld en die pad na Henties toe in 'n uitstekende toestand want dit is vars geskraap.
Wel, die OME werk uitstekend. Onthou, hierdie bakkie het Monroe gasshocks opgehad, maar ek dink die groot verskil kom met die vering. Na 17 jaar was die ou veerblaaie redelik pap en was 'travel' op die vere redelik beperk. Nou beweeg die stelsel vrylik en is die skokbrekers lank genoeg om die hele sprektrum te dek. Ek dink nie die OME vere is sommermeer beter as die Toyota se oorspronklike vere nie, maar om dit vandag met Toyota vere te vervang is veel duurder as OME.
Dit is ongelooflik, maar my ou vrugafdrywer is nou nie eers meer 'n 'bone shaker' nie! Hy vat enige knik op spoed en hy voel enige tyd net so goed op die grondpad soos my 3.0 D4-D....net nie teen daai hoë spoed nie, want die kan hy darem nie maak nie.
quickie
Low Range 4WD
Low Range 4WD
Posts: 116
Joined: Tue Jun 24, 2008 7:10 pm
Town: Durbanville
Vehicle: Hilux 85'
Real Name: Sean

Re: OME suspensie op 4Y

Post by quickie »

Ockie,
Dis baie goed om te weet, ek gaan nuwe vere op my 3y sit, en gaan vir OME. Ek hat alreeds die shock wat groot virskil maak. Nou sien ek uit na die vere ook
groete
Post Reply

Return to “The Workshop”